04:00AM, 24 Julie 2014 is ‘n uitsoekgeselskap van Villiersdorp 227 weg van hul tuisdorp op pad na die onbekende. In ‘n ware avontuurlustige bui is Jaco, Pieter Bags, Hansie en Dewald op pad met ‘n “Kingley Holgate limited edition” Land Rover. Hulle het stop-stop, sing-sing die pad aangedurf. Met ‘n topsnelheid van 80km/h sou die tog net langer as 13 uur neem.
09:00AM, die selfede dag is ek (Paul) en Dewet van ons onderskeie skuilplekke af. Stop-stop, en sing-sing het ons by die klubhuis opgedaag. Alle versterk-water is gelaai. Toe ‘n vinnige stop by die manswinkel voor die hotel en toe is ons soekgeselskap uit om die 227 manne teen die pad te verras met goeie braaivleis en koue bier.
Nadat hulle ‘n uur na verwagte tyd daar aangekom het is hulle onmiddellik deur die verwelkomings komitee verwelkom. Ons het vinnig iets geëet en net toe ons wou ry sak die langste en grootste van die 227 afvaardiging inmekaar. Die opwinding was seker te groot. Ons het hom toe baie suiker ingejaag. (Red Heart en Coke werk goed!!!) Uiteindelik is ons toe op pad na die jaghuis. Driekop was die aangewese plaas vir die geleentheid. Ons het ook dadelik mekaar beter leer ken en die vreugdes vure het hoog gebrand.
Die Vrydag oggend vroeg het ons gou gewere ingeskiet en toe vat ons jag. Daar is 14 Gemsbokke en ‘n horde springbokke geskiet so deur die loop van die volgende twee dae. Dewald van Villiersdorp het ‘n Roland Award geskiet. Daar is onder andere ook ‘n 6kg springbok geskiet(Kroonwild).
Deur die loop van die naweek is feitlik alle Augrabies 273 Tafelaars en 41’ers daar gewees en dit was ‘n groot fees. Die Saterdagaand was ook dan die amptelike seremonie waar ons voorsitter, De Wet, en hulle verteenwoordiger, Jaco, die verklaring van voorneme onderteken het. Die 27 twinning geleentheid is by beide tafels ingestem as ‘n amptelike strooptog. Die formaat mag verander mits jag en visvang voorkeur geniet. Ons sien baie uit daarna om volgende jaar vir hulle te gaan kuier.
Nogmaals dankie aan almal wat die naweek bygewoon het en moontlik gemaak het.
Paul Dippenaar
27 Twinning Convenor