Die naweek van 26 Februarie was ‘n groot gebeurtenis vir Round Table Prieska 161. Prieska 161 het die 50ste Noord-Kaap algemene jaar vergadering aangebied tesame met die inhuldiging van Prieska 161 se nuwe voorsitter , Ferdinand Krapohl, asook ons nuwe Noord-Kaap area voorsitter, Pieter Paul de Vries, hier in Prieska. Tafelaars van wyd en suid het die naweek bygewoon en ook ons 4F’s vriende van Noord Natal ‘n 1400km afgelê om die naweek saam met Noord-Kaap se tafels te kom kuier. Die naweek het Vrydag middag omstreek 16:30 begin toe ons gaste van Noord Natal by ons nuwe klubhuis opgedaag het. Daarna is die manne vergesel na Prieska Golfclub waar registrasie begin het en die Noord-Kaap tafels begin opdaag het. Prieska 161 het vir die manne lekker steak gebraai en daar is gekuier tot vroegoggend.
Saterdag oggend het die “EFF” lede van Augrabies 273 vroeg oggend begin toi toi by Prieska se nuwe klubhuis en die kop geëis van ons huidige Area Voorsitter Jan van Heerden aka Jan Doof met hulle plakkate #janmustfall. Daarna is almal verwelkom met ‘n lekker ontbyt wat voorberei is deur die tafelaars van Prieska se vrouens. Die vergaderings het om 08:30 begin en daarna het Bles en ons eie Jim Carry die ladies op ‘n dryf geneem om die Oranje rivier. Die 4F’s manne van Natal is na ‘n uitkyk punt op die rivier waar hulle kleie geskiet het en sommer net lekker gekuier het.
Die aand se verigtinge het om 18:30 begin en die was ‘n formele dinee met baie formaliteite. Die vrouens van Prieska 161 het hulle self weer oortref en hulle het Tjop se gifstoor in ‘n 5ster onthaal area omskep. Die hoogte punt van die aand was die inhuldinging van die 51ste Noord-Kaap area voorsitter, Pieter Paul de Vries, 1 van ons eie Prieska 161 tafelaars. Pieter Paul se incoming speech het baie mense naby trane gehad veral toe hy sy vrou Ronelle en sy 2 kinders bedank het vir al die bystand oor die jare en veral die jaar wat voorle. Pieter Paul het ek oud tafelaars en 41’ers soos Schalk Theron bedank vir alles wat hulle vir tafel gedoen het. Tjop ek het ook baie planne vir Noord-Kaap tafel naamlik om Kimberley 5 en De Aar 223 recharter. Hy het ook sy bestuurspan aangekondig wat hom gaan bystaan die komende jaar en hulle is die volgende;
Onder-Voorsitter – Paul Dippenaar (Augrabies273)
Sekretaris – Attie Naude (Prieska161)
Tesourier – Jan van Heerden (Hartz186)
IRO/PRO – Willie Gresse (Upignton79)
Cronicle editor – Louis vd Walt (Upington79)
Constitutional adviser – AD Malan (Augrabies273)
Ek haal vir Pieter Paul aan, “ Menere, baie Dankie vir julle bereidwilligheid om ons organisasie te dien op so besonderse manier. Ek sien baie uit na hierdie jaar saammet julle. Ons het groot dinge om na uit te sien.
They say in life you have two dates and a dash. Ek is dankbaar tafelronde speel `n groot rol in my dash.
Belangriker nog is my pragtige vrou en kinders. Ek gaan julle so bietjie minder sien hierdie jaar, maar dis darem net `n jaar. Dankie vir jou ondersteuning en onvoorwaardelike liefde my skat. Ek hoop ek kan eendag ook daar wees vir jou, soos jy vir my is. Ek is lief vir jou.”
Namens al die tafelaars van Prieska 161 wil ons vir Tjop se baie sterkte met die jaar wat voorlê, ons weet jy gaan ‘n groot sukses van dit maak soos jy met alles maak wat jy aanpak. Ook baie voorspoed aan ons eie voorsitter Ferdinand Krapohl en sy vrou Christine, mag dit vir julle net so mooi jaar wees vol sukses en voorspoed as voorsitters paar by Prieska 161.
Ons het ook die jaarlikse trofee oorhandiging gedoen op die AGM en die volgende Tafels/persone het as wenners met die volgende trofees weg gestap;
Uitbreidings Trofee – Prieska 161
Kameraadskap Trofee – Prieska 161
Projek van die jaar – Prieska 161
Tafelaar van die jaar Noord-Kaap – Attie Naude (Prieska 161)
Bywonings Trofee – Augrabies 273
Vroue Bywonings – Hartz186 en Douglas 224
Stirrers Spoon – Paul Dippenaar (Augrabies 273)
Bloedskenk Trofee – Augrabies 273
Die verigtingtinge van die aand was dus afgehandel en almal het die 3 gang maaltyd geniet en daar is tot laat gekuier by ons klubhuis. Sondag oggend het almal vir oulaas by Riverview Lodge bymekaar gekom vir ‘n ontbyt waarna al die tafels terug gekeer het na hul bestemmings. Prieska 161 wil net elke persoon bedank wat die naweek bygewoon het en almal wat deel was van die reëling. Die naweek was ‘n reuse sukses. Junie maand kuier ons weer by Augrabies 273.