Augrabies 273 het hul Inhuldigingsdinee die jaar by die pragtige Lake Grappa gehou. Daar is lekker gelag en gekuier en Jan Doof en sy pragtige wederhelf het al die pad van Hartz gekom om die geleentheid mee te maak. Dankie Jan en Jolene! Dit was regtig ‘n spoggerige geleentheid met die mooiste vroue in die hele Noord Kaap aan die sy van die manne van Augrabies 273 en een Hartz 186 man! Paul Dippenaar is ingehuldig as Voorsitter van Augrabies 273 en dan het ons Hannes Kruger afgestaan aan die ” OU BALLE KLUB “. Hannes is nou ‘n 41er, maar weet Tafel is so dik in sy bloed ons sal hom meer as gereeld sien. Dankie aan almal wat die aand spesiaal gemaak het!

 

Augrabies 273 se bestuur vir 2015:

Voorsitter: Paul Dippenaar

Onder Voorsitter: AD Malan

Tesourier: Pieter Dippenaar

IRO/PRO: De Wet Strauss

Klubhuis: Niel Rossouw

Sekretaris: De Wet Strauss

De Wet oorhandig Hannes sy kierie en sy lidmaatskap sertifikaat tot die "OU BALLE KLUB"!

De Wet oorhandig Hannes sy kierie en sy lidmaatskap sertifikaat tot die “OU BALLE KLUB”!

En die Oscar gaan aan:" Lizmarie Kruger vir TAFELAAR VROU VAN DIE JAAR"!

En die Oscar gaan aan:” Lizmarie Kruger vir TAFELAAR VROU VAN DIE JAAR”!

De Wet spreek 'n paar gevleuelde woorde en paul dink: " Hou op k@k praat, die manne wil drink!"

De Wet spreek ‘n paar gevleuelde woorde en paul dink: ” Hou op k@k praat, die manne wil drink!”

Augrabies 273 Trofees vir 2014:

Tafelaar van die Jaar: AD Malan

Tafelaar Vrou van die Jaar: Lizmarie Kruger

Wieletrofee: AD Malan