Sjoe! Hierdie kan eintlik sy eie draaiboek he en verfilm word. Mense, so julle weet het Augrabies en Villiersdorp Twinning ooreenkomste en dit was Augrabies se beurt om bietjie daar te gaan uithang. Die trip het afgeskop met Andre en De Wet wat die Interkaap bus gevat het die Woensdagaand, waar hulle dan Donderdag by Paul aangesluit het in die Diep Kaap! Daar is so paar informele kroegies besoek, ‘n wynproe en ‘n kuier in Stellies ingewerk oppad Villiersdorp toe, waar ons saam met die manne gekuier het, tot laat. Vrydag is ons bederf met ‘n heerlike ontbyt en toe vergesel met ‘n besoek aan ‘n appel pakhuis. Vandaar het die Augrabies span al kuier kuier weer langs die pad ‘n paar kroegies besoek, paar wyntjies geproe asook by Klipdrift kelder ‘n draai gemaak oppad Infanta toe vir visvang. Uiteindelik het ons by die viswaters aangekom en ons reggemaak vir die groot vangs die Saterdagoggend. Met so paar naar pilletjies en genoeg wyn het ons Saterdagogggend die groot Bloudam aangedurf. Andre en De Wet moes ongelukkig van Paul skei, wat in ander boot gehengel het, ook maar goed so anders het daai boot niks gevang nie. Daar is ‘n pragtige klompie visgevang die Saterdag, wat ‘n belewenis vir ons wat net strandhengel ken. Saterdagaand het weer oop geloop net soos Tafelaars kan voordat die langpad Sondagoggend aangedurf is terug huistoe. Die manne wat nie daar was nie, het groot uitgemis! Dit was regtig een vir die boeke!

 

Die Drie Musketiers by Kanonkop!

Die Drie Musketiers by Kanonkop!

 

Andre in een van die CA kamers by Arbeidsvreugd Pakhuis. Daar word appels tot 12 maande gebere.

Andre in een van die CA kamers by Arbeidsvreugd Pakhuis. Daar word appels tot 12 maande gebere.

 

 

Appel pakhuis.

Appel pakhuis.

 

 

Andre en De Wet wys die mense by Klipdrift hoe dit gedoen moet word.

Andre en De Wet wys die mense by Klipdrift hoe dit gedoen moet word.

 

 

Kyk net al die kabeljoue! En dit net in 'n voormiddag. Net die Augrabies manne wat dit kan reg kry!

Kyk net al die kabeljoue! En dit net in ‘n voormiddag. Net die Augrabies manne wat dit kan reg kry!