Dis met trots dat ons kan weergee dat ons sopas ons tweede suksesvolle twinning jag voltooi het saam met Villiersdorp 227.
Lucas en die Villiersmanne is Woensdag oggend 5 Augustus weg met groot gejuig uit Villiersdorp. Ek vertrou hulle het alles onthou aangegesien hulle soos ons heelwat beplannings vergaderings gehou het.
Na ’n heel paar stoppe by besienswaardighede soos outydse kroeë het hulle die aand by ons in Augrabies opgedaag. Ons het hulle verras met ’n baie lekker braai en saam kuier by die klubhuis.
Hulle het ons verras met ’n “Piet se gat” (Brandewyn en coke funnel). Ons het Donderdag oggend na breakfast vertrek na Heirechabus in Namibië. Die jag was uit die boeke uit. Skote was ver en die wind het erg gewaai.
MAAR DIT WAS LEKKER. Die manne van Augrabies 273 het regtig hulle kant gebring sodat die Villiers manne ’n onvergeetlike jag gehad het.
Terloops het ons ook die laaste lewende YETTI opgespoor.