Augrabies Villiersdorp Twinning Visvang het afgeskop op 21 April 2016. Die jaar was Augrabies 5 man sterk om die Wes Kapers te gaan aanvat. Paul was reeds in Kaapstad en De Wet en Andre het die bus geklim en Paul het ons daar ingewag. Robin en Koot het by ons aangesluit by Klapmuts Hotel(Stellenbosch), dit is waar ons jaarliks ons “Die Afskopdop” drink. Van daar draai ons by hele paar informele kroegies af en besoek ‘n wynplaas of twee om uiteindelik by Villiersdorp aan te kom. Daar word ons ingewag en hartlik ontvang deur die manne van Villiersdorp 227. Vrydag 21 April vertrek ons na Langebaan waar die visvang venue is. Maar, soos ouder gewoonte moes ons eers ‘n paar pitstoppies maak. Spice Route in Paarl was natuurlik ‘n moet gewees. Die pitstoppies was so lekker gewees dat ons uiteindelik donker by Langebaan aangekom het. Ongelukkig kan ek nie presies alles vertel nie, want ” what happens on tour, stays on tour” en dis hoekom die pitstoppies so lank geraak het. Wel, Saterdag het die visvang in alle erns begin en gelukkig het die weer saamgespeel en was dit ‘n perfekte dag vir visvang. Wel, ons nou nie die groottes uitgetrek nie, maar die kameraadskap en fun was genoeg gewees. Om af te sluit was die weer en vir die boeke gewees en kan ons nie wag vir volgende jaar se trippie nie, dis voorwaar iets om na uit te sien.( Kyk die fotos dan sal julle sien waarvan ek praat!)

Die Aasaansitters!

Die Aasaansitters!

Ons skuit vir die dag!

Ons skuit vir die dag!

De Wet, Koot en Dewald deel 'n Kodak moment!

De Wet, Koot en Dewald deel ‘n Kodak moment!

Alle die vissies wat ons uitgetrek het!

Alle die vissies wat ons uitgetrek het!

" Waar is julle vissies, byt nou?"

” Waar is julle vissies, byt nou?”

Die "Sauvignon Blanc Broers"!

Die “Sauvignon Blanc Broers”!

Die wenspan!

Die wenspan!

Ons moet darem seker eet ook!

Ons moet darem seker eet ook!

Darling Cellars, sjoe was daai nou 'n lang pitstop?

Darling Cellars, sjoe was daai nou ‘n lang pitstop?

Spice Route, die De Villiers Choclatiers !

Spice Route, die De Villiers Choclatiers !

Spice Route, ons proe bietjie Craft Beer!

Spice Route, ons proe bietjie Craft Beer!

Tokara, wynproe!

Tokara, wynproe!

Andre met sy " Die Afskopdop"!

Andre met sy ” Die Afskopdop”!