WH Gresse Voorsitter
Johan Kruger Onder Voorsitter
Op Woensdag 17 Maart het Augrabies Voorsitter Wh Gresse die manne van Prieska 161 ondersteun tydens rolbal in Prieska
Augrabies 273 in samewerking met CRC deel klere uit aan Izibunelo skoolliere en Ouers , Die skool bestaan uit 46 lede ,tans agv COVID regulasies kan hulle net 40 leerders akkomodeer en is opsoek na nog hulp van buite om klaskamers uit te brei.
What a Great Kalahari Hunting trip this was!!!
Augrabies 273 and Villiersdorp 227 have had a twinning agreement between the two clubs for ample amount of years now. Villiersdorp invites Augrabies in the summer months for a Fishing trip, it rarely happens that any fishing takes place due to “Weather” constraints.
Augrabies on the other hand invites Villiersdorp for a Hunting trip in the winter, this always ends up as being one of the highlights of both tables. Hunting does take place as the “Weather” never plays a roll on a Hunting trip.
This year we were fortunate enough to have fellow tablers from Prieska 161 join us. This was only a pleasure having them on our twinning agreement. Prieska however did show up that day as most of the biltong Hunting was done by them, every shot perfectly executed. I could say the same from our table but we were driving the vehicles that got them so close to the animals.
Overall is has been an experience that all three Tables enjoyed and next year we will make it even bigger.
Wat n groot suksesvolle dag dit nie was nie. Ons Aurabies 273 span het hard gewerk aan ons winter knight projek en harde werk het ons beloon. Baie dankie aan Hoërskool Martin Oosthuizen vir hulle hulp met die insameling van klere en kosse vir die minderbevoorregtes. Dankie ook aan Upington Toyota wat ons gehelp het met die projek.
Augrabies 273 se manne is op die pad Villiersdorp 227 toe vir ons jaarlikse Twinning Visvang trip.
Hier sit Paul Dippenaar met n vars Lemoensap vroeg die oggend.
What a night!!
On Saturday 16th of February Augrabies 273 had their AGM. It was an evening held in our Clubhouse in Augrabies, who knew that a well-known place like our clubhouse could look that good.
The day started with a meeting at our clubhouse with all our Current Portfolio holders and our Augrabies team. After the meeting had finished all members had a few drinks before heading home to get dressed for the evenings event.
Everyone started arriving at 18:30 and what a sight it was seeing everyone well dressed in their suits and the girls in their dresses. It was a night full of fun and games and everyone enjoyed themselves.
Our new team for 2019/2020 was chosen:
Chairman – Jurgens Coetzee
Vice – Abraham Coetzee
Treasurer – AD Malan
Secretary – Hansie Hanekom
IRO/PRO – WH Gresse
Clubhouse – Niel Rossouw
Hartswater Area
As the Northern Cape & Free State Tables gathered together in agricultural Vaalharts area, on the weekend of the 14th of September we received a hearty welcome from the Hartswater Round Table and they’re families. Upon arrival it became clear that the weekend was well planned and greatly anticipated by all.
Friday night our togetherness was celebrated with a steak braai and mieliepap in the stretch tent outside their clubhouse. The fun started a bit early with Jaco van Zyl, Tjop de Vries and Attie Naude from Prieska Round Table arriving in full theme party attire, fishnets-the works!
The Saturday started with a big breakfast and bottles of Crème Soda and Castle Lite. Sean Trautmann proudly announced how the organization has grown in the last six months and how the aim of upper management is to keep Tafelaars happy and see them out until the age of 40 years. A big emphasis was placed on family and family values and of course doing our best to make a tangible difference within our country. 9 new members were inducted from Augrabies, Upington and Bloemfontein.
The Ladies Tour was a well-planned and brilliantly executed with a focus on getting to know the town and community of Hartswater as well as each other. The wives visited the pecan nut and olive factory and was taken on tour to the cotton factory, the other major commodity of the area.
Saturday night we were entertained by a brilliant performance by Jan Raap and of course the theme party: “Boer en sy Hoer” and from there the night continued with an abundance of hospitality and good will.
Sunday morning the good byes were said at the local Wimpy. All of us leaving with renewed enthusiasm and strengthened relationships.
Thank you Hartz 😊 for the great weekend
Regards
Augrabies 273
It is a privileged to have been part of the Hartswater Tri-Area. so many memories were made for quite a few people, including two of our own.
Hansie Hanekom and Abraham Coetzee was officially inducted into Augrabies 273 Round Table and we are proud of them being part of such an amazing organisation.
Die groot dag het gekom!!!! Augrabies 273 staan reg om al ons “Gaste” te verwelkom vanaand by ons Wynveiling. Baie dankie ook aan al ons borge wat die aand saam met ons gaan geniet
Vanjaar was weer n wenner. Die klomp manne van Kaap Fontein af het weer geen teleurstellings saam gebring nie. Met die aankom slag van Villiers die Donderdag aand nadat hulle aan
+- R 850km meer as 14ure gery het, het ons Augrabies span gedink die manne gaan dalk moeg wees…. tot ons verassing het dit gelyk of die manne vris en vars uit die bed opgestaan het. Daar was Donderdag aand by Paul Dippenaar in Blouputs gebraai waar almal lekker saam gekuier het.
Net so voor ons die pad “Jag”plaas toe geneem het, het ons by Augrabies Hotel n draai gemaak vir n moerse lekker ontbyt.
Ons Augrabies 273 span kuier gou hier net buite Kakamas saam met Hartz 186 se manne. Hulle maak n groot verskil aan ons Mede boere deur voer te skenk aan die boere wat dit nodig het. Baie dankie vir almal wat saam net ons is….
Maandag aand was nog nooit so lekker om n vergardering by ons “Famous” Augrabies 273 Klub-Huis te hou nie.
Ons manne en n paar vrouens het ons reelings klaar getref vir ons Wynveiling wat die 13 Sept 2018 plaas vind.
Baie dankie vir almal wat dit kon gemaak het!!! 🙂
Waar begin n mens om dankie te sê aan elkeen wat hulle aand opgeoffer het om hierdie projek te ondersteun vrydag aand 27 Julie 2018. Hulle sê koue hande warm liefde so het ons dit ervaar bydie Winter Knights projek. baie dankie ook vir die gemeentskap vir hulle bydra tot ons projek.
Augrabies 273 wil net vir “Dole – Fruit Care Services” baie dankie se dat ons vandag weer ons mede ou mense se harte bly kan maak. Hulle het vir ons meer as 900 lemoene gegee om te help.
Upington ouetehuis se gemeente is baie bly om dit te kon ontvang. Hulle gaan die Lemoene gebruik vir “Jams” wat hulle weer gaan verkoop.
Jurgens Coetzee
Hansie Hanekom
WH Gresse
Twee van Augrabies 273 se tafelaars “Abraham Coetzee en WH Gresse” was Sondag betrokke by die Trans Augrabies MTB resies, nie as deelnemers nie maar wel as helpers.
Dit was n ongelooflik pret dag in die Nasionale Park en die fietsryers het dit uiters baie geniet.
Augrabies 273 het die naweek van die 8ste en 9de Junie met hul RV na Prieska vertrek op n so genoemde “Boys Trip”.
Ons het Prieska 161 se Area gaan bywoon. Ons het Upington so rondom 12 uur vertrek en met n groot gees die pad aan gedurf.
20km voor Groblershoop het ons die RV afgetrek en n vuurtjie aangesteek om die bekende “Vleis haas ” te braai. Kort na ons gestop het Upington 79 se manne en vrouens ons ge join.
Na die braai het die pad na Prieska redelik lang geraak maar ons Augrabies manne het vasgebyt en veilig tot daar gereis.
Ons Augrabies 273 span het die ou mensies by Oranje Rus ouetehuis se dag bitjie beter gemaak deur 4x verskilinde potjies gemaak
Augrabies 273 het vanjaar sommer regtig die bul by die horings gepak met ons Winterknights projek! Reeds op Vrydag 23 Junie het ons by ons plaaslike skole op Kakamas en Augrabies ons fondse gaan insamel! Saterdagoggend het afgeskop met ‘n lekker straatbraai in Kakamas en die aand het ons afgesluit met steak ete en dans by ons klubhuis! Augrabies 273 wil graag almal bedank vir hul oop harte en goeie gesindheid teenoor ons Winterknights projek!
SONDAG 25 SEPTEMBER 2016
Om ‘n lekker naweek af te sluit van “FUN RUN” het Augrabies 273 die Sondag vir die ou mensies by Kokerboom Oord gaan kuier en sommer vir hulle potjiekos gemaak.
Die komplimente was baie vir die heerlike kos, maar die geselskap was vir die senior burgers die heel lekkerste!
SATERDAG 24 SEPTEMBER 2016
Op Saterdag 24 September het Augrabies ‘n “FUN RUN” gehou. Die Fun Run is aangebied te same met Braaidag, so dink net hoe lekker was dit nou nie. Die Run is gehou vir enige motorfiets en die roete was deur die Riemvasmaak gebied. So die naam se, was dit net fun en is daar geen pryse gewees nie. Vrouens en kinders was ook teenwoordig om die dag so lekker as moontlik te maak.
TOPE DAG
Ons grootste ondersteuner gedurende Tope Dag is Augrabies Akedemie Privaatskool. Die kinders het omtrent pratig gelyk!
AUGRABIES VILLIERSDORP 27 TWINNING JAG
Sjoe waar begin mens. Dit is een van Augrabies 273 se hoogtepunte op sy sosiale kalender. Soos almal in Tafel weet is daar altyd daai een geleentheid wat jy nie voor kan wag nie en die Twinning Jag is nou daai geleentheid vir die Villiersdorp 227 manne.
Die jagplek was weer in ons buurland, Namibie Ariamsvlei op die plaas Heirichabis. In volkstaal praat ons sommer van “Heilige Bees”. Die plaas is groot en die skote is ver, maar ons vriende van Villiersdorp 227 het versoek om dit ons “amptelik ‘ jag venue te maak.
Soos die meeste van ons weet werk dit, maar een mal so dat wat in die jagveld gebeur bly in die jagveld. Wel die koue goedjies vir kele was genoeg en die vleis wat huistoe gebring is was weereens hopeloos te veel na mamma se sin! Nie te min het almal dit geniet.
Graag wil Augrabies 273 vir Tjop de Vries, Noord Kaap Area Voorsitter, Jaco en Christo van Prieska 161 wat ons kom raid het baie dankie se. Dit is waaroor Tafel gaan!
Die terrein en afstande was ‘n uitdaging, maar ons het meer geskiet as wat ons wou. Dit dui altyd op dat die naweek suksesvol was.
Die 27 Twinning Lepel gaan na afloop van die naweek na die convener van die volgende Twinning geleentheid.
So kom alle goeie dinge ook tot ‘n einde!
AUGRABIES HOU WINTER KONFERENSIE
Die Winter Area konferensie van die Noord Kaap is die jaar deur Augrabies 273 aangebied. Aangesien Winter Areas redelike lae bywoning toon het Augrabies dit goed gedink om ‘n jag ook aan te bied. Die tyd was min en die bokke wild, maar dit was lekker. Ons het so paar belangrike gaste ook gehad en daar was ook heel paar nuwe Tafelaars ingehuldig. Baie dankie vir almal wat die naweek mee gemaak het, weet dis altyd ver om te kom ry!
Augrabies 273 het ‘n Tafelaar rykergeraak in Jorrie du Plessis. Jorrie het van Prieska 161 oorgeskyf na Augrabies 273. Augrabies 273 heet jou hartlik welkom en dis vir ons ‘n aanwins om jou hier te he.
Augrabies Villiersdorp Twinning Visvang het afgeskop op 21 April 2016. Die jaar was Augrabies 5 man sterk om die Wes Kapers te gaan aanvat. Paul was reeds in Kaapstad en De Wet en Andre het die bus geklim en Paul het ons daar ingewag. Robin en Koot het by ons aangesluit by Klapmuts Hotel(Stellenbosch), dit is waar ons jaarliks ons “Die Afskopdop” drink. Van daar draai ons by hele paar informele kroegies af en besoek ‘n wynplaas of twee om uiteindelik by Villiersdorp aan te kom. Daar word ons ingewag en hartlik ontvang deur die manne van Villiersdorp 227. Vrydag 21 April vertrek ons na Langebaan waar die visvang venue is. Maar, soos ouder gewoonte moes ons eers ‘n paar pitstoppies maak. Spice Route in Paarl was natuurlik ‘n moet gewees. Die pitstoppies was so lekker gewees dat ons uiteindelik donker by Langebaan aangekom het. Ongelukkig kan ek nie presies alles vertel nie, want ” what happens on tour, stays on tour” en dis hoekom die pitstoppies so lank geraak het. Wel, Saterdag het die visvang in alle erns begin en gelukkig het die weer saamgespeel en was dit ‘n perfekte dag vir visvang. Wel, ons nou nie die groottes uitgetrek nie, maar die kameraadskap en fun was genoeg gewees. Om af te sluit was die weer en vir die boeke gewees en kan ons nie wag vir volgende jaar se trippie nie, dis voorwaar iets om na uit te sien.( Kyk die fotos dan sal julle sien waarvan ek praat!)
Augrabies het in November 2015 hulle Ski naweek en sommer hul jaarafsluiting ook gehou. Almal van jonk en oud het die naweek gate uit geniet.
Augrabies 273 het op 19 Februarie hulle Inhuldigins dinee gehou van AD Malan as nuwe Voorsitter. Pieter Dippenaar is ook op die geleentheid ingehuldig in die “Plooibal Brigade”. Dankie Pieter vir jou bydrae tot Augrabies 273, ons weet jy is darem nie heeltemal verlore vir ons nie. Ons het ook lekker gaste gehad wat kom kuier het, Jan en Jolene, Tjop en Ronel, Mr Megaw en Werner.
Straatbraaie was nog altyd iets wat ons met min moeite, lekker ontspanne ’n paar rand kon insamel.
Gideon, een van ons nuutste toevoegings het besluit om een te reel. Dit was weereens ’n baie lekker dag.
Ons het baie blootstelling gekry en toe sommer nog n paar rand ingesamel.
Ongelukkig was dit so lekker dat ons skoon vergeet het om foto’s te neem, maar soos oudergewoonte sluit ’n straatbraai af by die hotel se swembad.
Dankie Gideon
Augrabies 273 pak elke jaar Winter Knights met groot entosiasme aan.
Dit word ook gewoonlik goed deur van die plaaslike gemeenskap ondersteun en ontaard gewoonlik in ’n kuier.
Sonder om teleur te stel was die jaar sin geen uitsondering. Van ons gaste en nuutverkose tafelaars het die reelings getref.
Ons het ook van plek verander en alles het goed afgeloop. Ons het teen 21:00 alles verkoop gehad en baie klere ingesamel gehad.
Die terugvoering uit die gemeenskap was ook goed. Die klere gaan aan Riemvasmaak informele nedersetting
Dankie vir almal se bydrae!
’n Verdere behoefte van MISPA kinderhuis is kos en mediese hulp.
Huidiglik rek hulle maar die vleis en kom hulle met +-1Kg vleis/mince per dag oor die weg.
Ons het dit goed gedink om die behoefte ook aan te spreek.
Augrabies 273 het ook vir hulle toe R5000 se koopbewys gereel by Keimoes Apteek,
’n R7500 se koopbewys by Upington Cash & Carry en TOE???
Toe het ons 250Kg mince en 70Kg bene daar afgelaai.
Hulle was behoorlik sprakeloos aangesien die in bykans ’n jaar se behoefte sal voorsien.
Augrabies 273 is die laaste 4 jaar intensief besig by MISPA kinderhuis op Keimoes.
In die 4 jaar het daar verskeie opgraderings plaasgevind. Ons het hulle huis geverf, vertrekke aangebou en ook die huis uitgeteel. Elke jaar pak ons ’n nuwe projek aan. Die jaar het ons “Home Schooling” aangepak.
Hester (Huis Moeder) het die behoefte van ’n rekenaar en printer met internet toegang geïdentifiseer.
Augrabies 273 in samewerking met Oranjerivier tenkers het dit maak gebeur. Na ’n onlangse besoek kon ons sien dat die rekenaar ten goede gebruik word en volgens Hester toon kinders baie goeie vordering.
Dis met trots dat ons kan weergee dat ons sopas ons tweede suksesvolle twinning jag voltooi het saam met Villiersdorp 227.
Lucas en die Villiersmanne is Woensdag oggend 5 Augustus weg met groot gejuig uit Villiersdorp. Ek vertrou hulle het alles onthou aangegesien hulle soos ons heelwat beplannings vergaderings gehou het.
Na ’n heel paar stoppe by besienswaardighede soos outydse kroeë het hulle die aand by ons in Augrabies opgedaag. Ons het hulle verras met ’n baie lekker braai en saam kuier by die klubhuis.
Hulle het ons verras met ’n “Piet se gat” (Brandewyn en coke funnel). Ons het Donderdag oggend na breakfast vertrek na Heirechabus in Namibië. Die jag was uit die boeke uit. Skote was ver en die wind het erg gewaai.
MAAR DIT WAS LEKKER. Die manne van Augrabies 273 het regtig hulle kant gebring sodat die Villiers manne ’n onvergeetlike jag gehad het.
Terloops het ons ook die laaste lewende YETTI opgespoor.
Augrabies 273 en Augrabies Akademie Privaat skool het nog altyd ’n goeie en gesonde samewerkings ooreenkoms gehad.
Tydens Akademie se 10jaar reunie Vrydagaand die 11de September het niemand anders as Jay ons vermaak nie. Augrabies Tafelronde het die kroeg gedoen.
Dankie Okkert en Ad vir al julle reelings. Die inkomste hiervan word per latere geleentheid terug geskenk aan die skool.
Dit was regtig ’n besonderse voorbeeld van hoe Augrabies 273 kan saamstaan. Van die gaste, pipeliners, tafelaars en 41ers het almal ingespring.
Daar was omtrent 600 mense die aand en die bar het gekook.
Augrabies 273 en Agrabies Akademie Privaat skool het nog altyd ’n goeie en gesonde samewerkings ooreenkoms gehad.
Tydens Akademie se 10jaar reunie die Vrydag aand die 11de September het niemand anders as Jay ons vermaak nie. Augrabies Round Table het die kroeg gedoen.
Dankie Okkert en Ad vir al julle reelings. Die inkomste hiervan word per laterre geleentheid terug geskenk aan die skool.
Dit was regtig ’n besonderse voorbeeld van hoe Augrabies 273 kan saamstaan. Van die gaste, pipeliners, tafelaars en 41ers het almal ingespring.
Daar was omtrent 600 mense die aand en die bar het gekook.
Sjoe! Hierdie kan eintlik sy eie draaiboek he en verfilm word. Mense, so julle weet het Augrabies en Villiersdorp Twinning ooreenkomste en dit was Augrabies se beurt om bietjie daar te gaan uithang. Die trip het afgeskop met Andre en De Wet wat die Interkaap bus gevat het die Woensdagaand, waar hulle dan Donderdag by Paul aangesluit het in die Diep Kaap! Daar is so paar informele kroegies besoek, ‘n wynproe en ‘n kuier in Stellies ingewerk oppad Villiersdorp toe, waar ons saam met die manne gekuier het, tot laat. Vrydag is ons bederf met ‘n heerlike ontbyt en toe vergesel met ‘n besoek aan ‘n appel pakhuis. Vandaar het die Augrabies span al kuier kuier weer langs die pad ‘n paar kroegies besoek, paar wyntjies geproe asook by Klipdrift kelder ‘n draai gemaak oppad Infanta toe vir visvang. Uiteindelik het ons by die viswaters aangekom en ons reggemaak vir die groot vangs die Saterdagoggend. Met so paar naar pilletjies en genoeg wyn het ons Saterdagogggend die groot Bloudam aangedurf. Andre en De Wet moes ongelukkig van Paul skei, wat in ander boot gehengel het, ook maar goed so anders het daai boot niks gevang nie. Daar is ‘n pragtige klompie visgevang die Saterdag, wat ‘n belewenis vir ons wat net strandhengel ken. Saterdagaand het weer oop geloop net soos Tafelaars kan voordat die langpad Sondagoggend aangedurf is terug huistoe. Die manne wat nie daar was nie, het groot uitgemis! Dit was regtig een vir die boeke!
Augrabies 273 het hul Inhuldigingsdinee die jaar by die pragtige Lake Grappa gehou. Daar is lekker gelag en gekuier en Jan Doof en sy pragtige wederhelf het al die pad van Hartz gekom om die geleentheid mee te maak. Dankie Jan en Jolene! Dit was regtig ‘n spoggerige geleentheid met die mooiste vroue in die hele Noord Kaap aan die sy van die manne van Augrabies 273 en een Hartz 186 man! Paul Dippenaar is ingehuldig as Voorsitter van Augrabies 273 en dan het ons Hannes Kruger afgestaan aan die ” OU BALLE KLUB “. Hannes is nou ‘n 41er, maar weet Tafel is so dik in sy bloed ons sal hom meer as gereeld sien. Dankie aan almal wat die aand spesiaal gemaak het!
Augrabies 273 se bestuur vir 2015:
Voorsitter: Paul Dippenaar
Onder Voorsitter: AD Malan
Tesourier: Pieter Dippenaar
IRO/PRO: De Wet Strauss
Klubhuis: Niel Rossouw
Sekretaris: De Wet Strauss
Augrabies 273 Trofees vir 2014:
Tafelaar van die Jaar: AD Malan
Tafelaar Vrou van die Jaar: Lizmarie Kruger
Wieletrofee: AD Malan
Augrabies 273 het Saterdag 15 November 2014, ons kersafsluiting gehad. Sjoe, het ons nie lekker afsluiting gehou nie! “Hensopper ” MacDougall was Kersvader gewees en hom uitstekende van sy taak gekwyt. Ons het ook sommer ‘n paar gaste genooi om deel te wees en te kan sien hoe word dinge op Augrabies gedoen! Dankie Niel en Blom vir julle gasvryheid en bederf!
Augrabies 273 het op Saterdag 21 Februarie 2015 ‘n straatbraai gehou te Kakamas. Was dit nou nie ‘n lekker fondsinsameling en lekker kuier nie! Daar is lekker vleis gebraai en sommer ‘n paar nuwe gaste aan Augrabies 273 bekend gestel. Die Straatbraai het ‘n mooi bedrag ingesamel vir min moeite, want braai is mos nou nie eintlik moeite nie!
Die mooie dames van Augrabies 273!
Paul maak net seker die dames is nog reg!
Elke jaar, gedurende September en Oktober maand, gooi die onderbekke (‘n rivier vis) hulle eiers in die vlak rivier waters af oor die klippe – dit word “sporn” genoem. Vir enige varswater hengelaar is hierdie verskynsel musiek in sy ore!!! Want die geelvisse lê oopbek en wag in die dieper water vir die heerlike viseiers en die babers lê stroomop ook oopbek en wag vir die onderbekke wat na die gespornery stroom op swem na dieper waters. En dit is DAN wat jy die groot visse vang (babers en geelvisse).
Baie van ons bly al baie jare langs die Oranjerivier en (omdat ons nie juis visvang in die rivier nie) is ons salig onbewus van hierdie ongelooflike interessante verskynsel. Daarom het Pieter Dippenaar ons genooi om Saterdag, 18 Oktober 2014, bietjie af te gaan na Blouputs en dit met ons eie oë te gaan aanskou.
Dit is omtrent ‘n gewoel en gespartel as die onderbekke hulle ding doen in die vlak rivier water oor die klippe. Kort kort sien jy een sy verskyning maak. En so dan en wan gewaar jy ‘n oorywerige baber, wat net eenvoudig nie meer sy lus kon inhou nie, tussen die onderbekke in die vlak water – opsoek na ‘n iets te ete.
Ons het maar Pieter en Robin se voorbeeld gevolg en ons vislyne net onder die klippe ingegooi waar die systroom in die hoofstroom invloei. En dit was sommer gou toe ons een vir een vasmaak met lekker size geelvisse.
Dit was ‘n heerlike saam kuier dag langs die rivier en ons het gebraai, visgevang en die kinders het amper nooit die water verlaat nie. Net voor 5 is ons op na Pieter se huis waar ons die rugby (WP teen die Bulle Curriebeker Semi-finaal) gaan kyk het. Daar het die kinders weer in die swembad baljaar (duidelik hou al ons kinders baie van water) terwyl ons grootmense oor die rugby en die swak skeidsregter beslissings (gelukkig beide kante toe) geredeneer het. Ons het weer gebraai en nadat almal hulle magies trommeldik geeet het aan heerlike “streep donkie” fillets, wors, braaibrood en aartappelslaai, is ons almal terug huistoe.
Baie dankie Pieter vir die geleentheid om hierdie stukkie opvoeding daar by julle in Blouputs te kon kom beleef. Dankie almal vir ‘n heerlike saam kuier en saam lag Saterdag. Ons jaar staan nou vinnig einde se kant toe – ons begin oes een van die dae!! Baie sterkte aan almal en hoop julle het ‘n erg suksesvolle oesjaar!!!!
Oktober Maand is Bandanamaand!! Augrabies 273 neem al vir ‘n hele aantal jaar deel aan hierdie baie besonderse dag en ons vaar elke jaar uitstekend met ons Bandana verkope.
Hier is die span van Redira Augrabies met hulle kleurvolle bandanas.
Augrabies Akademie se leerlinge ondersteun ook elke jaar hierdie projek van ons en hierdie jaar was geen uitsondering nie!!
Ons het hierdie jaar 300 bandanas verkoop vir die Sunflower Fund. Ons het ook hierdie jaar bietjie meer gefokus daarop om mense te motiveer om as skenkers te registreer by die Sunflower Fund.
Bandana Dag bly maar net ‘n hoogtepunt op Augrabies 273 se kalender.
Vir die van julle wat nog nie by Augrabies 273 kom kuier het nie, nou is jou kans!!!! Met die draai van die seisoene is hierdie tyd van die jaar ‘n erg fustrerende tyd vir baie mense – hooikoors, sinus, blokasie, dik kop, snuif snuif, ens ens. En Augrabies 273 het net die regte medisyne vir al jou blokasie probleme:
Augrabies 273 Snuif-masjien (gewaarborg om enige blokasie vanaf die neus tot verby die foefenjol onmiddellik oop te maak)!!!
Hier demonstreer De Wet (Augrabies 273 Voorsitter) en Pieter vir ons hoe die hele “ontblokkings” proses werk:
1. Laai ‘n goeie dosis snuif op die masjien (verkieslik vir albei neusgate tegelyke tyd … anders moet jy die proses nou net weer herhaal).
2. Neem stelling in agter die masjien (neusie plat op die hakkie sodat beide neusgate goed gedoseer kan word).
3. Nou moet jy DIEP deur die neusgate in asem haal!! En terwyl jy so inasem word die dosis toegedien deur met die hamer op die plaatjie te slaan wat die snuif dan in die neusgate in opskiet tot agter in die kop en dan ver, ver verby die foefenjol!!! Sien – ALLE blokkasies is nou skoon.
4. “Dis heerlike Lente (ha-tsi), die winter’s verby (haaaa-tsi), weer nooi berge en klowe (haaaaaaaaaa-tsi), vir jou en vir my (klaar gehat-si)!!!”
Op 4 September het 6 Hollandse Tafelaars en Werner van Postmasburg ons kom besoek . Die Hollanders is van Lemmertsland 153 in Holland en was op ‘n “twinning trip” met Postmasburg 153. Hulle reis het reeds in Kaapstad begin die Maandag en “ongelukkig” die Donderdag in Augrabies gedraai. (Ek noem dit “ongelukkig” want vir baie was die hoofpyn maar baie erg die volgende oggend).
Augrabies 273 het hul ingewag by Augrabies Hotel waarna ons hul na Augrabies 273 se klubhuis geneem het. Daar het ons banners exchange, die snuifmasjien uitgetoets en, die beste van als, hulle geleer van BUFFALO! Daarna het ons teruggekeer vir ‘n heerlike ete by hotel, waar ons hulle met lam skenkels en gebakte lams nek bederf het! Die aand het vreeslik lekker geraak en hulle het ons geleer dat shooters eers na ete geneem word ( vandaar die “ongelukkige” hoofpyn!!!!!). Niel het hulle die volgende dag op ‘n lekker game drive geneem en die Augrabies Waterval gaan besoek, waarna hul weer in die pad geval het Postmasburg toe.
Dit bly altyd vir ons as Tafelaars van Augrabies 273 erg lekker om Tafelaars van ander Tafels (veral van oorsee, maar ook plaaslik) te ontmoet en te ontvang hier by ons. Daarom nooi ons u uit om asseblief nie vir ons mis te ry op u volgende besoek aan die Noord Kaap nie!!! Die vuur brand, die vleis is reg en die drinks is yskoud – kom kuier saam met ons!!!
Groetnis
De Wet Strauss
Voorsitter Augrabies 273
04:00AM, 24 Julie 2014 is ‘n uitsoekgeselskap van Villiersdorp 227 weg van hul tuisdorp op pad na die onbekende. In ‘n ware avontuurlustige bui is Jaco, Pieter Bags, Hansie en Dewald op pad met ‘n “Kingley Holgate limited edition” Land Rover. Hulle het stop-stop, sing-sing die pad aangedurf. Met ‘n topsnelheid van 80km/h sou die tog net langer as 13 uur neem.
09:00AM, die selfede dag is ek (Paul) en Dewet van ons onderskeie skuilplekke af. Stop-stop, en sing-sing het ons by die klubhuis opgedaag. Alle versterk-water is gelaai. Toe ‘n vinnige stop by die manswinkel voor die hotel en toe is ons soekgeselskap uit om die 227 manne teen die pad te verras met goeie braaivleis en koue bier.
Nadat hulle ‘n uur na verwagte tyd daar aangekom het is hulle onmiddellik deur die verwelkomings komitee verwelkom. Ons het vinnig iets geëet en net toe ons wou ry sak die langste en grootste van die 227 afvaardiging inmekaar. Die opwinding was seker te groot. Ons het hom toe baie suiker ingejaag. (Red Heart en Coke werk goed!!!) Uiteindelik is ons toe op pad na die jaghuis. Driekop was die aangewese plaas vir die geleentheid. Ons het ook dadelik mekaar beter leer ken en die vreugdes vure het hoog gebrand.
Die Vrydag oggend vroeg het ons gou gewere ingeskiet en toe vat ons jag. Daar is 14 Gemsbokke en ‘n horde springbokke geskiet so deur die loop van die volgende twee dae. Dewald van Villiersdorp het ‘n Roland Award geskiet. Daar is onder andere ook ‘n 6kg springbok geskiet(Kroonwild).
Deur die loop van die naweek is feitlik alle Augrabies 273 Tafelaars en 41’ers daar gewees en dit was ‘n groot fees. Die Saterdagaand was ook dan die amptelike seremonie waar ons voorsitter, De Wet, en hulle verteenwoordiger, Jaco, die verklaring van voorneme onderteken het. Die 27 twinning geleentheid is by beide tafels ingestem as ‘n amptelike strooptog. Die formaat mag verander mits jag en visvang voorkeur geniet. Ons sien baie uit daarna om volgende jaar vir hulle te gaan kuier.
Nogmaals dankie aan almal wat die naweek bygewoon het en moontlik gemaak het.
Paul Dippenaar
27 Twinning Convenor
Van Augrabies 273 se manne het op Donderdagaand, 11 September 2014, hulle eie weergawe van die “ice-bucket-challenge” gedoen. Ons het ook R1 000.00 geskenk aan die J9 Stigting – Joost vd Westhuizen se stigting – wat mense met MNS help en bystaan. Ons daag dan ook alle Tafels in Suid-Afrika en die res van die wêreld uit om ons bydrae te ewenaar of selfs te verbeter.
Betaal u bydraes in die volgende bankrekening in:
Account Holder: J9 Foundation
Bank: Nedbank
Account Nr: 1017217173
Branch: Menlyn
Branch Code: 160545
Swift code:NEDSZAJJ
Of stuur ‘n sms “J9” na 42305 (bydrae is R30 per sms)
Ons bid en glo dat die Medisi en navorsers, met ons almal se bydraes en ondersteuning, spoedig ‘n genesing sal kry vir hierdie aaklige siekte!!! Sterkte aan Joost en almal met MNS!!
As jy ons challenge wil sien, gaan besoek enige een van Augrabies 273 Tafelaars se Facebook blad en kyk hoe koud het ons gekry vir ‘n baie goeie saak (of kyk op Lizmari Longland Kruger se Facebook blad).
Y i T
ns Die clip is ongelukkig te groot om op hierdie blad te laai.
Adam Tas Kroeg – 16 Augustus 2014
Op Saterdagaand 16 Augustus 2014 het die NG Kerk Kakamas ‘n fondsinsamelings funksie gehou in Kakamas saam met Adam Tas. Dit was regtig ‘n glans geleentheid – van die saal tot die kos. Natuurlik kon hulle aan niemand beter dink om te vra om die kroeg te behartig as Augrabies 273 nie … want daar waar ons betrokke is, KOOK DIT!!!
Ons het ‘n 15 m x 4 m lange kroeg toonbank gebou met bins en agter dit was die vleiskiste gelaai met ys en baie drank voorraad. Man en vrou het omtrent bontgestaan om al die dors gaste vinnig genoeg weg te help by die kroeg.
Na ‘n baie uitputtende, maar erg suksesvolle aand het ons ‘n wins van R20 388.95 getoon – glad nie sleg nie!! En die partyjie het natuurlik gepomp (danksy Augrabies 273 se flinke, ywerige diens by die kroeg)!!! Ons het R16 300 van die wins aan die Kerk geskenk.
Y i T
Mispa Kinderhuis Kuier – 24 Mei 2014
Saterdag 24 Mei 2014 het Augrabies 273 die voorreg gehad om ‘n bietjie saam met die mense / kinders van Mispa Kinderhuis op Keimoes te gaan kuier.
Dit was ‘n heerlike koel dag en ons het sommer met die intrap slag die vure aangesteek en lekker hoog laat brand. Toe was dit tyd om al die opgewonde kinders te ontmoet. Daar is 11 kinders in Mispa Kinderhuis waarvan 9 jonger as 10 jaar oud is. Die eiendom behoort aan Hesther en haar man self. Hy is ‘n motorwerktuigkundige en sy hanteer die Kinderhuis. Hulle het geen ander bron van inkomste as sy werk en dit wat vrywilligers aan hulle gee nie. Die huis is netjies en die kinders het gerieflike, mooi kamers asook badkamers. Augrabies 273 en Oranje Rivier Tenkers het laas jaar vir hulle gehelp met die aanbou van ‘n Wendyhuis gedeelte (wat aansluit by die huis) wat bestaan uit 4 slaapkamers en 2 badkamers.
Ons het so gesels gesels saam met die kinders en hul “ma” deur die huis gestap en al die stories en dinge geluister soos wat die opgewonde kinders dit vertel. Buite het ons na die groot seuns se buitelug gym onder die bome gekyk en toe verby die waskamer gedeelte terug na die vure gestap.
Dit is baie duidelik dat die kinders goed versorg is, baie liefde kry en soos dood normale kinders kan speel (ongeag die haglike omstandighede waaruit hulle kom). Al het hulle min, het hulle baie.
De Wet, AD en Paul het die wors gebraai en toe het Lanie, Babrie, Jandri en Lizmari vinnig reggestaan met die buns en sous vir die hotdogs want die kinders was honger!!! Klein Neelsie (opgetel as babatjie in ‘n plastieksak in Keimoes se straat – nooit opgeeis deur iemand nie – geen naam of van – toe noem hulle hom sommer Neelsie … soos in Orkney Snork Nie) het sy hotdog van alle kante bekyk en mooi beplan hoe hy hierdie saak gaan benader. Op die ou einde was dit: eers die sous aflek, toe die worsie eet en toe die bun inwurm.
Nadat almal mooi hulle kos opgeeet het was daar heerlike roomyse vir poeding. En daar was oorgenoeg dat elkeen nog ‘n tweede rondte ook kon kry.
Ons het heerlik saam met Hesther’le gesit en eet, gesels en na al hulle stories geluister (stories oor goed wat regtig jou hare sal laat rys, maar ook mooi, sukses stories). En toe was dit tyd om al die vriendelike kindertjies te groet. Ons het sommer al die oorskiet kos net daar gelos … vir aandete natuurlik.
Na afloop van die dag se kuier by Mispa Kinderhuis was ons van vooraf weer opreg dankbaar vir al ons seeninge – warm bed, kos, klere, dak oor ons kop, liefde. Ons het net weereens besef waaroor Tafelronde vir ons gaan – die GEE vir die wat nie het nie. Mispa Kinderhuis gaan goed aan, maar daar is nog baie ruimte vir Augrabies 273 om ‘n waardevolle bydrae te lewer in die toekoms. En dit is presies wat ons beplan om te doen.
Y i T
Tafeljag – 29 tot 31 Augustus 2014
Siende dat die jagseisoen amptelik einde Augustus sluit, het ons besluit om gou vir oulaas ‘n laaste jagpoging aan te wend – sommer hier vlak by ons huis. Ons is Vrydagnamiddag almal uit na Arrie se Put (een van ons 41’ers se plaas).
Die gebruiklike jaarlikse Tafeljag was hierdie jaar soos elke jaar ‘n prettige geleentheid. 11 van ons Tafelaars & 40’ers het dit bygewoon.
Natuurlik was van die manne se jag koors so hoog en die het Vrydagmiddag al begin jag terwyl die res eers Vrydagnamiddag uitgegaan het Arrie se put toe.
Met aankoms is die verversingtjies uitgepak, die glase reggesit en die ys geskink. Die vuur gepak en ‘n lekker vet persie rib is staan gemaak. Die manne het om die vuur gekuier en die pragtige natuurskoon en diere geniet wat by die watergat kom dors les het toe dit donker word. Ons het lekker tjops gebraai wat mooi geloop het saam met ons dierbare vroutjies se slaaie.
Saterdagoggend is ons ge-koffie, ge-beskuit, ge-kopseerpille, ge-padkos-koelhouer pak, ge-armed en gereed vir jag !!
Hannes Kruger se Gator en ons 40’er Robin Mcdougall se bakkie het as jagvoertuie gedien.
Middagete het ons vuur gemaak en niertjies en allerhande lekkernye gebraai. En natuurlik het ons net seker gemaak dat die vloeistof is nog koud, ys is nog genoeg en die jagkoors is nog reg.
Teen sononder het ons 11 Springbokke gehad as bewys van ‘n suksesvolle dag. Hannes Kruger het almal beindruk met die bok wat hy in die kop geskiet het op 753m. RESPEK !!! Nadat De Wet Strauss van die Gator af ge”val” het wou hy opslag een van daardie bokke met die laaaaang omkrul horings skiet, ‘n Swart-Witpens, maar aangesien hy redelik hard geval het het ons hom maar vriendelik verplig om sy gedagte daaroor te laat vaar.
Na ‘n laaaaang dag het ons Saterdagaand “flame grilled” steak gebraai. Die ouens was redelik gestof en bebloed maar nietemin was dit ‘n heerlike aand. Die weer was in ons guns. Koud in die aand en lekker matig deur die dag.
Sondagoggend is almal vars en vroeg huis toe aangesien die kindertjies skree, die mammies wag en die pappies die mammies verlang.
Dit was ‘n heerlike naweek en ons sien uit na volgende jaar se Tafeljag. Weereens baie dankie aan ons 41’er, Piet du Plessis, dat hy ons toegelaat het om op sy plaas te jag!!! Ons waardeer jou vertrou in ons en ons jagvermoeens opreg baie.
Y i T
Tafelaars op reis!!!
Dit bly maar altyd ‘n aangename verrassing as mens in die vreemde ‘n mede-Tafelaar raakloop of op sy “merk” afkom.
Ons het Hartz se “merk” op Solitaire in Namibia raakgeloop en ons “merk” toe ook sommer daar gelos (want twee is mos beter as een)!!
Sien julle graag op nog ander plekke!!!
Y i T
Winter Knights – 18 Julie 2014
Jip, dit is weer winter en dit beteken net een ding op Augrabies 273 se kalender – Winter Knights!!!!
Ons het hierdie jaar net in Kakamas gestaan (aangesien dit alreeds skoolvakansie was en baie mense weg was met vakansie). Daar was oudergewoonte lekker warm vure waarom almal kon saamkuier en ons het lekker warm, soet pannekoek, hotdogs, sosaties en wors verkoop. Deur die loop van die aand het verskeie mense uit die gemeenskap saam met ons kom kuier om die vure en hulle skenkings vir ons gegee.
Elke jaar kry ons vreeslik baie klere skenkings van mense in die gemeenskap. Ongelukkig is baie van die klere wat ons ontvang somersklere – wat die uitdeel van “warm” klere deur die Winter Knights bietjie moeilik maak aangesien ons nie baie winters klere kry nie. Daarom het ons dit goed gedink om hierdie jaar die fondse wat ons in met ons verkope tydens Winter Knights te gebruik om ‘n baal winter baadjies vir kinders aan te koop – ‘n hele 45 kg baal gelaai met die aller heerlikste dik, warm, waterdigte, winter kinder baadjies.
Ons het dit, tesame met al die ander klere wat ons ontvang het uitgedeel aan behoeftiges in Kakamas, Augrabies en Noudonsies. Baie dankie vir Adelè du Plessis wat weer vir ons voorgevat het met die uitsorteer en uitdeel van die klere.
Baie dankie ook aan ieder en elk wat so getrou ons projekte ondersteun (veral Winter Knights) – dit maak ‘n mens se hart sommer lekker warm as jy vir ‘n kind, wat met ‘n kortmou hempie en kortmou broekie in die koue buite op straat staan, ‘n lekker warm stel klere kan gee om hom te help beskerm teen die ekstra koue nagte van 2014.
Y i T