Round Table Northern Cape

UPINGTON 79 FELLOWSHIP SPOON VERRUIL HANDE (BOUDE)

 

 

 

 

 

Net betyds, AJ Bloem oorhandig hier die fellowship spoon aan Johan Kuhn – 2 aande voor `n vergadering.

`n Lekker braai, en geen strawwe op die volgende vergadering.

Tot volgende keer.

5 VRAE MET ZACH GROVE – UPINGTON 79 VISE VOORSITTER

  1. Yes Zach, vertel ons biekie meer van jouself en jou gesin.

 

Zach Grove, oorspronglik van Britstown, bly in Upington, vrou Adinie oorspronglik van Fouriesburg, 2 pragtige kinders, Christiaan 4 en Hazel 2.

 

  1. Hoe het jy in Tafel beland?

 

Louis van der Walt my gevra, en my antwoord was Ja.

 

  1. Wat maak tafel spesiaal vir jou teenoor al die ander organisasies daar buite?

 

 Georganiseerd, kamaraatskap, vriendskap, en n bleddie goeie doel .

 

  1. Beste Tafel herinnering?

 

AGM Hartswater 2021 – Etienne Stark se passie oor Vryburg se projek van 2020.

 

  1. Wat wil jy graag nog beleef in jou tafel loopbaan (ARTSA’s fishing booggies etc)

 

Nog bitterlik baie!!!

 

Dankie dat jy die bal aan die rol gesit het, man van min woorde en baie aksies! Voorspoed vir jou Vice jaar!

UPINGTON 41ERS BEDERF TAFEL 79 MET N NUWE BRAAI AREA!

Upington 79 Tafelronde 41’ers gradeer Klubhuis op!

 

Upington 79 Tafelaars in gelukkig en bevooreg om met `n baie sterk groep 41ers te sit wat nooit bang is om raad te gee, of te help om `n verskil te maak nie. Al het almal reeds `n groot verskil gemaak gedurende hul Tafel loopbaan.

Hierdie spesiale groep manne het gedurende 2020 weerheens bewys hoe belangrik Tafelronde en sy doen en late steeds vir hulle is deur `n baie mooi gebaar.

Op hul eie koste het hul `n splinternuwe braai area, sowel as `n agterdeur met `n veiligheidshek gebou vir Tafelronde 79 se klubhuis.

Ter erkenning van hierdie mooi gebaar rig Upington 79 se huidige Tafelaars graag hierdie plaatjie ter herkenning op van hul onselfsugtige gebaar teenoor ons organisasie.

Mag dit `n voorbeeld wees vir huidige Tafelaars dat jy steeds `n groot verskil in jou “ou” Tafel kan maak, al is jy `n 41er.

Upington Tafelronde se huidige Tafelaars bedank graag die 41ers van Upington 79 vir hierdie lekker nuwe aanvulling tot ons klubhuis, wat ons huidige braai area opsies opskuif na drie in die Klubhuis. Een vir elke Upington seisoen. Baie Warm, Warm, en baie koud.

SCAN ME LIKE ME

FELLOWSHIP SPOON doen sy maandelikse skuif

Upington 79, het soos meeste ander Tafels ook `n huisreel wat seker maak dat Tafelaars elke maand mekaar sien en beter leer ken.  Party Tafels het bekers, party het boekies, maar ons het n Fellowship Spoon.

In kort, moet die lepel een keer skuif tussen vergaderings vanaf een Tafelaar na n ander. Hierdie skuif kan slegs plaasvind deur middel van n braai of kuier aan huis van die tafelaar wat in besit is van die lepel. Dus dis nie n tafel social nie, maar eerder n geleentheid vir een tafelaar om n ander tafelaar en sy gesin beter te leer ken.

Sou so n oorhandiging nie plaasvind nie is daar maatreels in plek. Hierdie maatreels is van so n aard dat dit nooit toegepas hoef te word nie en die lepel maandeliks mooi sy skuif maak.

Op die foto ontvang Ruben Nel die lepel vanaf AJ Bloem.

LOUIS VAN DER WALT – TAFELAAR VAN DIE JAAR 2020

Louis van der Walt is aangewys as Upington Tafelronde 79 se Tafellaar van die jaar vir 2020.

Op die foto ontvang Louis die troffee by Uitreende Voorsitter, AJ Bloem.

Baie geluk Louis!

UPINGTON 79 INDUCTION DINNER 2021

Saterdag aand, 13 Maart is Ruben Nel ingehuldig as die nuwe Voorsitter van Upington Tafelronde 79.

Hierdie spog geleentheid is gereel deur die inkomende Vise Voorsitter, Zach Grove en sy vrou, Adinie. Upington 79 bedank graag vir Zach en Adinie vir hul moeite om hierdie `n puik geleentheid uit die boonste rakke te maak.

42 Tafelaars, Gaste en 41ers het hierdie sopg induksie geleentheid bygewoon wat Mnr Ruben Nel verwelkom as die nuwe Voositter van Upington 79.

Die uitreende Voorsitter, AJ Bloem het hiermee die geleentheid gehad om die leisels oor te handig en ook sy bedankings en troffees uit te deel.

Baie geluk aan Louis van der Walt, Upington Tafelronde 79 se Tafellaar van die jaar, en Johan Kuhn, wenner van die bywonings troffee.

Ons sien uit na nog `n goeie Tafel 79 jaar onder leiding van Ruben Nel.

Uitgaande Voorsitter, AJ Bloem(links) en Intreende Voorsitter, Ruben Nel (Regs)

Die BestuursBibber 2019

Upington 79 se jaarlikse Winterknights fondsinsameling was hierdie jaar bietjie anders benader.

Niks brand soos die koue nie, en hierdie jaar wou ons dit ervaar, en regtig verstaan wat dit beteken om sonder iets warms die winter deur te kom.

Met behulp van ons sakegemeenskap en individue, het ons hierdie jaar dinge anders gedoen , die bestuursbibber het besighede en individue uitgedaag, om die aand saam met ons in die koue deur te bring.

Ons het seker gemaak die vure brand hoog en die gees nog hoër.

Van 8uur Vrydagaand tot 6uur Saterdagoggend, het Upington se tafel, tesame met ons borge en donateurs, die koue aangevat en sodoene meer as R50 000 ingesamel, sowel as baie klere, blikkies kos en ander nie bederfbare items.

Upington 79 se baie dankie vir die Gemeenskap se konstante ondersteuning.

 

UPINGTON 79 ARTSA VERSLAG

Die Bucket List ARTSA, het sy naam vol gestaan.

 

Toe die nuus in Upington breek dat ARTSA by Mykonos gehou word was die verwagtinge groot, en die opgewondenheid groter.

Soos toepaslik, huur ons vir ons n prag huis in Langebaan, en op Donderdagoggend vertrek ons tafel met 4 lede vanuit Upington na Langebaan, ons vyfde lid was reeds daar.

Donderdag se registrasies en  verwelkomings het seepglad verloop, en ons was met ope arms ontvang. Donderdagaand se Pirate Party het die hardcore Hut se nate bietjie gerek, en ek dink die kroegpersoneel het redelik geskrik vir n voorsmakie vir wat die res van die Naweek gaan inhou.

Vrydagoggend se Forums was goed bygewoon, en die lokale en presentations was bo verwagting, vinnig afgehandel, profesioneel gedoen. Dit was great om vir ons nuwe tafelaars blootstelling te gee van hoe n tafel werk.

Vrydag se Kostafels was uitstekend, al het die Noord Kaap weer nie met die louere weggestap nie, was dit n great aand vir truie uitruil en nuwe vriende maak.

Saterdag se AGM het seepglad verloop, en ons was baie trots op die NoordKaap se eie Paul Dippenaar wat verkies was as IRO, Well done Paulus. Die AGM was goed behartig en het op tyd klaar gemaak, wat die manne genoeg tyd gegee het om hulle hemde te stryk en skoene te polish vir die Presidential Banquet van Saterdagaand.

N spoggeleentheid soos min, die reelings was baie goed, die kos was uitstekend en die aand was n moerse sukses.

Ons is uiteindelik Sondag veilig in Upington na n onvergeetlike ARTSA, Baie dankie WP Span, en baie geluk!

Hardcore Hut- 8.5/10

Mykonos- 10/10

Kosstalletjies-8/10

Langebaan Locals- 10/10

WP AREA- 10/10

Driving back to Upington on Sunday-3/10

Memorable Moments- 13/10

ARTSA 2019- 11.5/10

 

 

Upington Besoek Prieska Area

Prieska AREA Terugvoer

Prieska is die een area wat altyd goed bygewoon word deur Upington se tafelaars, Fellowship sal jy altyd vind in Prieska.

Vrydag se registrasies was soos altyd seepglad bestuur deur Prieska se span, daarna was n besonderse kuier voorgesit met Louis vd Walt en Chris Voges wat Upington verteenwoordig het.

Saterdagoggend se vergadering is deur 4 van Upington se tafelaars bygewoon, nadat Willie en Conrad Gresse, Saterdagoggend kom deurry het.

Dit was n uitstekende vergadering, en die eerste waarin die verslaggewer gesit het, waar daar nie n sersant was nie, en waar een nie nodig was nie. Uitstekend beheer deur die Noord Kaap voorsitter en Upington Tafelaar, Willie Gresse.

Die aand se inhuldiging van die NoordKaap voorsitter, was n pragtige geleentheid in Prieska.

Mnr Attie Naude is ingehehuldig as voorsitter, en ons kan nie wag om hom die jaar te sien perform nie.

Welgedaan Prieska, en baie dankie!

Upington 79 Induction

16 Februarie 2019.

 

Die inhuldigingsdinee is altyd n hoogtepunt op Upington 79 se jaarkalender.

Hierdie jaar was die inhuldiging van Mnr Chris Voges as voorsitter van Upington 79 weereens n spog geleentheid. Onder Voorsitter Mnr AJ Bloem, en sy Vrou, Lene Bloem, was hoof van die reelingskomitee, en het gesorg vir n asemrowende aand, die gemaskerde bal tema het gesorg vir n aand vol misterie en wonderlike samesyn.

Ons bedank graag al ons ou tafelaars en gaste wat die aand saam met ons gevier het.

Chris het baie jare se ondervinding in Tafelronde, en het so n uitstekende werk met Upington 79 se tesourie gedoen, dan Chris die laaste 3 jaar al dien as Die NoordKaap Area se tesourie, en dus ook op die NoordKaap Bestuur dien.

Chris is n boorling van Upington, hy is ingeweef in die gemeenskap, en n baie bekende gesig in verskeie sosiale kringe.

Dis vir ons n voorreg om vir Chris die jaar as voorsitter te mag he, ons hoop vir jou n jaar vol opwinding, en mag ons die jaar selfs nog meer vir die gemeenskap doen.

Uitgaane Voorsitter Conrad Gresse, en inkomende Voorsitter, Chris Voges,

Chris Voges en sy ondervoorsitter, AJ Bloem.

Chris Voges as voorsitter, en sy bestuurspan vir die komende jaar.

Upington AGM

Upington 79 het ons Algemene Jaar Vergadering voortgesit op die 25ste Februarie 2019.

Die vergadering was gedoen onder leiding van uitgaande voorsitter Mnr Conrad Gresse. Die ledetal was genoegsaam om n kworum te hê, en die vergadering is amptelik om 19h00 geopend deur Mnr Ockie Thomas, 41er, wat ook as sersant opgetree het.

Die vergadering het die laaste jaar se hoogtepunte en verslae bespreek, daar was net oor die R200 000 ingesamel vir die 2018-2019 jaar, en al die tafelaars is in hul noppies met n uitstekende jaar.

Die uitvoerende bestuur vir 2019-2020 is verkies soos volg.

Voorsitter- Mnr Chris Voges

Ondervoorsitter- Mnr AJ Bloem

Tesourier- Mnr Johan Kuhn

Sekretares- Mnr Ruben Nel

PRO- Mnr Conrad Gresse

 

 

UPINGTON 79 EN `N SPAN 41’ERS

Dit bly lekker om deel van hierdie lekker span te wees!

Upington 79 maak Kersfees Lekker vir MISPA Kinderhuis

Upington Tafelronde 79 maak Kersfees lekker!

 

Upington 79 het in Desember bietjie by die MISPA kinderhuis in Keimoes gaan kuier om die Kerstyd bietjie lekkerder te maak.

Nuwe lugverkoelingstelsels is verskaf vir die hele huis. Geskenkpakkies vir al die kinders en n lekker middagete was voorgesit, die kinders was omtrent opgewonde, en dit was n baie hartroerende dag.

“Ons is dankbaar om ‘n klein verskil in die kinders se lewens te kon maak, en ons sê weer baie dankie vir Upington se gemeenskap wat ons so getrou ondersteun met al ons projekte, dis hulle wat die verskil eintlik maak, ons is maar net die manne op die grond” Conrad Gresse,Voorsitter Upington 79.

Tafelronde sal weer die jaar by baie projekte betrokke wees, hou gerus ons Facebook Blad dop- Upington Roundtable 79 –  en help ons, om Upington se gemeenskap te help.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Conrad by 081 339 7644.

 

SWANEPOELS VAN BABERTON BESOEK 79

WERNER SWANEPOEL EN GESIN BESOEK UPINGTON 79 VIR `N VERGADERING, EN `N VAKANSIE

 

Tafelronde Upington 79 was bevoorreg om besoek te word deur die Inkomende Mpumalanga Area Voorsitter, Werner Swanepoel en sy gesin.

Werner het dan ook die vooreg gehad om te dien as Sersant tydens Upington 79 se laaste vergadering vir 2018. Hy het hom puik van sy taak gekwyt. So goed het hy gedoen dat daar nou ongeveer R3500 se wilde honde armbandjies in Upington 79 se Klubhuis is.

Dis is vir Upington 79 net `n voorreg om ons vriende en mede tafelaars in Baberton 67 te ondersteun, en ons wens hulle net die beste toe met hierdie groot projek wat hulle aanpak!

Nadat daar suksevol vergader is die Donderdag aand, het almal so klein biekie rus gevat voor ons kersnaweek by Kglagadi Lodge. Die naweek was `n groot sukses en almal het heerlik gekuier.

Baie dankie vir julle besoek Swanepoels!

Hoop ons sien julle gou weer,

Upington 79 Groete

Nuwe Pipeliner vir 79

Baie geluk aan Upington 79 Sekretaris en hoof houtverskaffer, David van der Linde en sy vrou, Lynne Mari, met die geboorte van Davey van der Linde. Ons sien uit dat Davey vir die Upington manne `n steak of 4 kom braai!

UPINGTON 79 KERSNAWEEK

Upington 79 het besluit om hierdie jaar bietjie nader te travel en ons het kersnaweek gaan hou in die Kalahari by Kagalagdi Lodge. Na `n lekker krismis vergadering en klein partydjie by 79 se Klubhuis die Donderdag aand, was niemand rerig lus vir werk nie en het die manne, met hul vroue en kinders al redelik vroeg begin vertrek na die Lodge.

Almal het Vrydag aand arriveer en ons het lekker in die restaurant gekuier en ontspan.

Saterdag is daar verwoed pot gemaak, geswem en gekuier.

Vader Kersfees het ook die aand kom kuier en vir die kinders lekker persente gebring.

Baie dankie almal, dit was weerheens `n baie lekker naweek, en ek het nie eers die see gemis nie.

Spesiale dankie aan Werner & Chantelle Swanepoel en hul twee oulike kinders wat al die pad vanaf Baberton 67 kom ry het om Krismis in die Kalahari te hou! Ons maak weer so!

WIN-A-CAR WINNER

Eerstens, Upington 79 wil graag alle Tafelaars van reg oor ons land en natuurlik ook Johnny die weeskind en al die ander vriendelike Tafelaars van Nambabwe bedank vir julle wonderlike ondersteuning met hierdie groot projek. Dankie ook aan Arno en Alex wat ons baie ekstra reklame gegee het op RT Radio! Ook `n groot dankie aan ons ouditeure, en in spesifiek Mnr Jurie Schneider, wat gesorg het dat die trekking onafhanklik en deursigtig was.

Daar was 750 kaartjies beskikbaar en ons is baie trots daarop dat alle Tafelaars hulk ant gebring het en al 750 kaartjies verkoop was.

Tafelronde 79 het die trekking lewendig op Facebook gedoen, en die trekking was behartig deur onafhanklike ouditeure.

Van al 750 kaartjies was kaartjie Nommer 2 die wenner. Azel van der Colff, al die pad van Kaapstad is telefonies ingelig van die groot geluk wat sy getref het! Doen gerus die moeite en gaan kyk na die video op Upington 79 se Facebook blad.

Ons maak weer so!

Aangeheg `n paar fotos van die trekking.

UPINGTON 79 JAARLIKSE POTJIEKOS

UPINGTON 79 JAARLIKSE POTJIEKOS VIR BEJAARDES

 

Upington 79 maak elke jaar in November `n lekker paar potte vir die bejaarde gemeentelede van die Wes Kerk. Hierdie is ook `n lekker sosiale gebeurtenis op ons kalender waar almal en hul gesinne lekker saam kuier, en daar `n groot groep 41ers uit hibenering kom.

Oudergewoonte was die dag een reuse sukses. Twaalf heerlike potte is voorgesit. Almal het baie lekker saam ontspan en die manne van Upington 79 sien uit na volgende jaar se pot dag.

Aangeheg `n paar foto’s van potte, tafelaars wat soos potte lyk, en fotos van `n paar potte sports wat ons gehad het.

SIEN DIE WERELD MET UPINGTON 79 – SAFARI ETE 2018

Op Saterdag 20 Oktober was dit weer tyd vir Upington 79 se jaarlikse Safari ete. Hierdie sosiale byeenkoms is `n hoogtepunt op die Tafel Kalender en almal sien jaarliks uit na die lekker dag van baie kuier, baie eet, en baie lag.

Lande is getrek op die Oktober besigheids vergadering en elke Tafelaar het dus oorgenoeg tyd gehad om sy vrou in te lig van watter kos gemaak moet word, watter drankies gebrou moet word, en die hoeveelste stop hulle sou wees op hierdie uitstappie.

Daar is 2 uur by land nommer een gestop, Thailand, beman deur Conrad en Maryke Gresse, daar was redelik vasgehaak aan cocktails en `n paar tipiese Thai Noodle disse, die party was reeds op volle dreef en agter skedule toe ons aanbeweeg het in `n vrolike luim.

Stop nommer twee was in Indie by Meneer en Mevrou Voges. Warm kos en koue bier het die bedryf mooi aan die gang gehou.

Stop nommer drie was by Louis en Christa van der Walt, en Spanje was baie verwelkomend. Tog wel nie baie maklik nie.

Stop nommer 4 was by pipeliner Nils en die manne het Duitsland geniet met sy Eisbeins en bier.

Daarna na stop nommer 5, by die Nel-Kuhn egpaar in Mexico – daar was lekker Mexikaanse kos, maar so bietjie te veel Mexikaanse dans sap.

Na baie tequila’s beweeg die bus na Dave en Lynne in Cuba, waar ek geleer het Kubane rook sigare en drink basies Rum en Coke.

Die partykie en toer het tot `n einde gekom by AJ & Lene Bloem in Brazil – ongelukkig het ek hier al reeds my notas verloor.

Aangeheg is `n lekker klomp foto’s van een baie lekker Safari Ete.

Dit is net `n vooreg om die wereld te sien so saam met jou Tafel pelle!

UPINGTON 79 NAG GOLF `N REUSE SUKSES

Upington Tafelronde 79 het op Vrydag 5 Oktober weer Nag Golf aangebied by die Upington Golf Baan. Hierdie is die tweede jaar in `n ry wat die projek aangepak word en ons weerheens `n lekker vol veld, met baie spelers van vorige jare wat vinnig weer in was en uitgesien het na `n lekker aand van golf, kuier, en vriende raakloop. Daar kon nie vir `n beter aand gevra word nie, en in perfekte weers omstandighede het die spelers om kwart voor 8 afgeslaan. Met `n veels beter “glow in the dark” bal, sowel as baie meer ligte op die bowwe en penne was daar uitsonderlike golf gespeel deur baie van die 4balle. Rondom 11 uur was almal uiteindelik in die Klubhuis na daar gewonder is of party dalk verdwaal het op ons golfbaan. Daar was verskriklik baie pryse en lucky draws en omtrent almal het weggestap met iets. Upington Tafelronde bedank graag vir Ocean Basket Kalahari Mall, Hi-Q Upington, Desert Wolf Spur, Upington Industrieel, Upington Volkswagen, Upington Slaghuis, MTN Kalahari Mall, Tops Spar Kalahari Mall en alle ander borge wat gehelp het om `n uitstekende Nag Golf ondervinding vir almal moontlik te maak. Spesiale dank aan Upington Golfklub vir hul bereidwilligheid om ons te akkomodeer sowel as hul harde werk agter die kroeg. Dan ook baie dankie vir die Tafelaars vanaf Augrabies en Prieska wat baie moeite gedoen het om die nag by te woon. Ons kan met trots se dat hierdie jaar se Nag Golf `n groot sukses was en dat alle spelers se bydraes hoog op prys gestel word en `n groot verskil sal maak in ons plaaslike gemeenskap. Sien julle volgende jaar vir Nag Golf 2019!

Jaco van Zyl, al die pad van Prieska, baie ingenome met sy 1ste dryf.

Tjop de Vries het al die pad van Prieska gekom om uit te vind dat hy eintlik maar weer sy golf ernstig moet opneem en moontlik steeds proffesioneel kan gaan.

Hechter sien dat Golf in die aand moeiliker is as golf in die dag.

Jaco van Zyl misgis die bofmerkers met nagklub liggies.

Upington 41er, Ockie Thomas en mede deelnemer Tiaan Borman wag in spanning dat bondels hout 22,23 en 24 vlamvat.

Nag Golf in Volle Swang.

Niemand kon vra vir `n mooier aand nie.

Prysuitdeling aan die gang

TRI AREA HARTZ FOTO BLAD!

DIE TRI AREA IN HARTSWATER WAS EEN GROOT SUKSES. Baie dankie aan Jan van Heerden wat hierdie “mini-artsa” gereel het. Ook dankie aan al die Hartswater Tafelaars vir hul harde werk, dit was voorwaar n naweek vir die boeke en ek is seker dat alle NOORD KAAP, STNOFS, en VRYSTAAT Tafelaars in hul hordes sal opdaag vir volgende jaar se TRI AREA in die STNOFS gebied.

Hier is so paar van die fotos wat mag publiseer word!

Upington 79 huldig twee nuwe Tafelaars in

Upington 79 het die voorreg gehad om twee nuwe lede te verwelkom in hul midde. Beide Ruben Nel en Johan Kuhn is na n goeie tydperk as pipeliners ingehuldig in Hartswater as volwaardige Tafelaars. Die twee nuwe lede is bevooreg gewees om ingehuldig te word deur beide die Presisent, Sean Trautmann, sowel as die Vise President, Alan Malan.

Baie geluk aan Hottie en Ruben, ons sien uit om saam met julle te Tafel in Upington 79 en weet julle gaan nog diep spore trap in hierdie organisasie!

Welkom!

UPINGTON 79 NA DIE NAMIB WOESTYN

UPINGTON 79 in die NAMAB

 

Upington 79 Tafelronde en `n paar goeie vriende het onlangs `n epiese ekspidisie aangepak na Meob Baai, met Swakopmund as ons eindbestemming. Die trip se beplanning kom al meer as `n jaar aan en almal het baie uitgesien om die pad te vat. Bakkies is gechip, gewiel, gewas en gelaai.

 

DAG 1

UPINGTON TOT BETTA – Dag 1

Net na 7 Saterdag oggend het ons Upington verlaat. Amper almal was betyds. Daar is bere plek gesoek vir `n ekstra sak of twee en so klein bietjie proviand versteek waar nodig. Almal is veilig oor die grens sonder enige moeilikheid. `n Vinnige pitstop of 7 is gemaak oppad Betta toe sowel as `n koue enetjie of twee by Helmeringhausen se hotel en ons was net betyds vir die Bokke Argentinie wedstryd. Gelukkig het die Bokke gewen en almal was in `n goeie bui. Die aand het ons moeite gemaak om Betta se plaaslike ekonomie `n hupstoot te gee deur hul kroeg ruimskoots te ondersteun. Daar is darts gespeel, stories vertel, en steak geeet. Van die manne het beter as ander geslaap en vroeg gesien wie die snorkers is en waar om slaapplek te kies vir die res van die trip.

 

BETTA TOT WOESTYN – Dag 2

Vroeg oggend is daar ontbyt geeet op Betta, volgemaak, hout gelaai, en puzzles gebou om alles weer te laat pas op die bakkies. Ons was oppad na Solitaire om ons gids te ontmoet en alles het mooi op tyd verloop. Ongelukkig het `n sekere Hilux toe `n papwiel gekry. 12 mense het in rekordtyd die band omgeruil na dit duidelik was dat plugs nie die job sou doen nie. Ongelukkig was dit nie die einde van die probleme met die Hilux nie. So 15km buite Solitaire het die Hilux se linker agterwiel besluit dis `n goeie idee om die bakkie verbytesteek. Hierdie keer was ons moeilikheid bietjie erger. Hulp was verkry uit Solitaire uit, en die bakkie is deur `n properse mechanic reggemaak langs die pad, met finale verstellings in Solitaire. In Solitaire is radio’s getoets, baie appel tert ge eet en lekker gekuier terwyl ons gewag het vir finale reparasies. Aangesien ons nou omtrent 4 ure agter schedule was is daar redelik kole gegooi om die woestyn te haal. Ons het mooi tyd ingehaal en die aand in `n rivierloop oornag. Gou het ons ook gesien dat almal nie dieselfde gemak benodig om te slaap nie. Daar was slaapsakke, stretchers, vleissakke en 8 slaapkamer tente opgeslaan. Ons het lekker langs die vuur gekuier en gepraat oor die mooi natuurskoon wat ons reeds gesien het. Tot groot opwinding van Chris Voges was die eerste hofsitting ook gehou, onder lyding van Hoofregter Hennie Becker. Almal het lekker gekuier en die manne het stuk stuk loop bed vat.

 

WOESTYN TOT WOESTYN – Dag 3

Dag 3 het aangebreek en almal het weggele aan breakfast en toe begin die groot pak weer. Met almal gelaai en reg vir die dag het ons die pad aangedurf. Woestyn in. Almal was verstom oor waar ons ry, en die grootte van die duine wat ons klim. Ons het tussen 8 en 12 heeltyd ons weg gevind see se kant toe e netlike verversingsstoppe is geneem. Party omdat ouens dors was, en ander om moed te skep vir die volgende klein 100m slipfacesietjie wat voorle. Middag ete is geniet in die middle van die woestyn en daarna het ons aanhou ry tot dat skemer geraak het. `n Ontsmaaklike koue windjie het die temperatuur aansienlik verlaag, en daar is vining vuur aangesteek terwyl manne hul tente, vleissakke, slaapsakke en sandholtes reg gekry het vir die aand se nagrus. Daar is lekker ge eet, lekker gekuier, hard hof gehou en die wind het bedaar. Klomp manne was moeg na `n lang dag en het vroeg loop inkruip terwyl `n jong man of twee wakker gebly het en `n paar belangrike lewenslesse gekry het by meer ervare manne. Die aand het die windjie weer opgekom, en almal was vroegmore op opsoek na iets om hul warm te maak.

 

WOESTYN TOT MEOB BAAI – Dag 4

Dag 4 is ons vroeg weer aan die gang gewees en is die duine aangedurf oppad na Meob Baai. Ons het rondom 8 uur die pad gevat nadat Klaskaptein, 41er, en Hoof reelings beampte Hennie Becker, soos op alle dae eers die dag vir ons op die regte manier begin het. Rondom 11 uur het ons `n vinnige brunch gevat op `n mooi duin en was ons al naby genoeg om amper die see te sien en te ruik. Na brunch het ons mooi beweeg en teen 3 uur die middag het ons Meob Baai se kamp plek bereik. Bakkies is afgepak, slaapsakke in die son gegooi, en almal het rustig ingesettle en ontspan. Kort daarna is dit see toe en moes ons sorg dat aandete gevang word. Soos proffesionele hangelaars is daar vinnig oorgenoeg vis gevang en kon ons met sononder terug kamp toe. Baie manne het hul eerste stort gevat in `n hele paar dae en die warm water is baie geniet. Die aand het ons lekker gesmul aan ons vars gevangde visse end it hopeloos te veel geniet om weer op sement te kon kuier, en met beskutting. Na `n lang dag se ryery was daar `n baie groot hofsitting. Met baie strawwe vir vassit, visvang, en vele meer. Lyfstraf, Snuifstraf, en sopie straf is uitgedeel en almal het baie lekker gekuier. Die aand is almal weer in sarsies tente toe en na 2 aande in die woestyn het die lekker matrasse en tente amper soos `n 5 ster hotel gevoel.

 

MEOB BAAI – Dag 5

Duine, duine, en nog duine is uitgery. Van hulle was hoog, ander was baie hoog, van hulle moet jy 60km `n uur aandurf, ander 120km `n uur. Ons het van net na ontbyt tot 3 uur almal se bakkies beproef en meer duine gery as was enige normale mens in sy lewe sal ry. Daar is lekker gespeel, gejaag en gekompiteer. Net na 3 uur is ons terug kamp toe waar `n lekker middagete vinnig verober is, proviand in die Colemans hervul is, en toe is dit see toe. Die manne het hierdie keer met bietjie meer moeite gevang maar ons het darem weer oorgenoeg uitgehaal om weer lekker vars vis te he vir aandete. Die laaste aand van hof en kuier is die meeste van gemaak en almal het redelik vir goud gegaan en staaltjies gedeel van hierdie ongelooflike trip en die ongelooflike duine wat gery is. Manne het so stuk stuk bed gevat aangesien ons reeds 8 uur moes vertrek om die getei te mis en so vinnig moontlik in Swakopmund uit te kom.

 

MEOB BAAI na SWAKOPMUND – Dag 6

Ons was amper betyds maar net net te laat en kon nie die hele pad langs die see ry nie. Meeste van die groep was wel baie opgewonde daaroor aangesien dit beteken het daar word nog duine gery. Ons het `n paar interresante dinge gesien soos ou walvis beendere, die ou bakery van Meob Baai, en `n moerse klomp robbe oppad terug na beskawing. Ons het Walvis betyds getref om vir Marius Orffer op sy vlug Kaap toe te kry soda thy `n matriekafskeid kan bywoon en die res van ons het volgemaak, bande gepomp en ons toerleier PW gegroet. Daarvandaan is ons na Swakopmund. Almal het afgepak en bakkies laat was en so 80kg se stof laat uitsuig. Daarvandaan het ons `n lekker paar koues genie ten `n klomp oesters afgesluk. Die aand het ons almal `n laaste keer lekker saam gaan eet en winkeldrankies geniet.

 

SWAKOPMUND na UPINGTON – Dag 7

1400km se staaltjies en stories is geruil en almal het so vinnig moontlik huistoe gejaag. Almal was voor sononder veilig in Upington met baie goeie herhinneringe, baie stories, en reg vir hul eie beddens.

Hierdie trip was Upington Tafelronde 79 se 2de keer Namib Woestyn toe nadat ons in 2015 die Saddle Hill toer gedoen het. Upington 79 sien uit na ons volgende ekspidisie in 2021 en sal julle op hoogte hou van waarheen ons oppad is. Baie dankie vir al die lekker manne wat die toer meegemaak het en spesiale dank aan Hennie Becker vir al die reelings. Tot volgende keer.

Hartz 186 Droogtehulp Stopover

Upington 79 was bevoorreg om n paar Tafelaars van Hartz 186 te ontmoet gedurende hul droogtehulp projek. Die manne van Hartz 186 was oppad na droogte getuisterde gebiede in die Namakwaland met voer terwaarde van maar as R700 000 vir die Burre Burger Droogtehulp Projek. Om al die trokke en Tafelaars te sien het dit duidelik vir my geraak hoekom Hartz 186 op Artsa Upington weggestap het met die projek van die jaar troffee. Dankie vir die vinnige kuier Hartz 186 en baie geluk met die uitstekende werk wat julle verrig.

WinterKnights Skenking

Upington Tafelronde 79 se Voorsitter, Conrad Gresse II oorhandig hier van die klere en nie bederfbare items wat ingesamel is tydens die #WinterKnights projek aan FAMSA wat seker sal maak dit maak ‘n verskil in ons plaaslike gemeenskap. Baie dankie aan die Upington Publiek vir jul ruimhartige skenkings.

PRIESKA 161 RAIDS UPINGTON 79

Conrad, Ruben, Hottie, Zach, 41er Cassie, Searge Louis, 41er Pieties, Jaco & Jaco – Prieska, Pearson, AJ Bloem (voor Straf), Nils, en Kerneels Greyling die Derde – Pipeliner Prieska 161

Prieska 161 het besluit om bietjie vir Upington 79 te kom kuier. Jaco, Jaco en Pipeliner Kerneels het op Donderdag 2 Augustus Upington se Augustus vergadering kom bywoon. Die manne het n goeie vergadering gekies om by te woon en moontlik langer gesit as waarvoor hulle reg was. Gelukkig het die aand se Sersant, Mnr Louis van der Walt mooi na hulle gekyk. Dit was `n baie goeie vergadering wat geopen is deur oud Upington 41er Mnr Pieties Lange. Baie geld is bereidwillig vir die plaaslike Upington gemeenskap. Na die vergadering is daar baie lekker gekuier, en het Prieska 161 vir ons Upington manne `n mooi bottle wyn gebring wat ons kan parkeer langs die mooi bottle whiskey wat hul laaskeer gebring het. Prieska 161 is nie met lee hande huistoe nie, en het seker gemaak hul Vlakvark gaan terug na sy oorspronklike tuiste. Onder die Upington items, is `n baie harde hammer en `n searge hoed aangeteken as geraide items. Baie dankie vir julle lekker kuier Prieska. Ons kom maak gou `n draai by julle…daar le nog n peperpot en `n paar ander belangrike dinge wat moet huistoe kom.

 

 

 

Pieties Lange, oud Upington 79 41er, besig met die Doelstellings. Adriaan Pearson en Kassie Janse van Rensburg fokus terwyl Willie Gresse lig maak.

Dankie vir die wyn Prieska 161

AREA CHAIR TRAVELS – VISIT TO PRIESKA 161

I visited Prieska 161 on Wednesday the 1st of August. I arrived way to early but luckily my Area Constitutional Advisor and Ex Area Chairman, Tjop de Vries had some free time. After visiting some of the local watering holes we headed over to Prieska 161’s Clubhouse. Those who have been there will know that Prieska pulls out all the stops and that their clubhouse is always in pristine condition. I’d like to commend all the Prieska tablers, and especially their Chairman, Christo de Witt, for the manner in which their meeting was run. Prieska 161 is always a top performing Table, and after sitting in a Prieska meeting it is easy to see why. I would like to wish Christo and his team well for the rest of the year, and best of luck with your 4X4 Project and Bowls competition. Upington 79 will see you on the lawns and we will bring our A-Game! We look forward to you visiting us in Upington and hope to see you soon!

YiT

Willie Gresse

Northern Cape Area Chairman 2018/2019

Willie Gresse and Prieska Area Chairman Christo de Witt.

 

Dis lekker in Prieska

 

The Nice Vice – Attie Naude

Upington 79 Dames maak `n verskil

Upington 79 Gemsbok Rally Kroeg `n groot Sukses!

Op die naweek van 28 Augustus het Upington 79 vir die 2de jaar die kroeg beman by die Gemsbok Rally. Donderdag is daar kroeg gebou, yskaste gepak en reggemaak vir die groot naweek en baie harde werk wat voorle. Donderdag aand het n paar plaaslike bikers ons reeds kom ondersteun en die “dry run” het ons voorbery vir wat `n baie rowwe naweek sou wees.

Vrydag het dinge so van namiddag af begin spoed optel en teen 7 uur verander in `n stormloop wat eers om middernag rustiger sou raak. Rondom 2 uur is die kroeg gesluit en het `n klomp moeë Tafelaars `n welverdiende rus gaan vat. Saterdag more om 8 uur was ons weer aan die gang en het ons weer begin skink. Die partydjie het aangehou tot ver na middernag en daarna moes ons seker maak alles is weggepak en toegesluit. Teen 3 uur die more kon ons ook `n slag ontspan. En ons het so gemaak, daar is vuur aangesteek, `n staanrib gebraai, en lekker gekuier en nabetrag oor `n moeilike, maar baie suksesvolle naweek.

Upington 79 bedank graag twee van hul 41ers wat kom uithelp het toe dinge baie rof gegaan het en ons ekstra hande benodig het. Baie dankie Marius Orffer en Christo Liebenberg vir jul hulp. So ook het Douglas 224 se Voorsitter, Andreaco le Grange sowel as Michael Jacobs van Douglas 224 kom hand bysit, sowel as `n paar goeie vriende van Tafel. Dankie aan julle almal. Spesiale dank aan Marelise Voges en Maryke Gresse wat seker gemaak het ons plek bly skoon, chargers aangedra het, en gehelp het om al die kroeg manne gehidreer te hou.

Hierdie was `n massiewe projek waar baie fondse ingesamel is vir die Upington gemeenskap en ons sien uit na die volgende een!

 

 

 

Reg om te ontspan na `n laaang naweek van harde werk, VLNR – AJ Bloem, Louis van der Walt, Chris Voges, Andreaco le Grange, Conrad Gresse, Michael Jacobs, Willie Gresse.

Upington 79 Voorsitter Conrad Gresse & Douglas 224 Voorsitter Andreaco Le Grange hard aan die werk – Douglas kon nie n beter tyd kies vir n raid nie. Upington skuld julle definitief n ontspanne braai by ons klubhuis!

 

 

 

Baie dankie aan die Upington 79 Voorsitters en Vise Voorsitters vroue, Maryke Gresse en Marelise Voges vir jul harde werk en baie hulp!

 

Hard aan die werk!

n Oomblik van bietje stilte tydens die prysuitdeling!

 

Upington 79 Jagverslag

Upington 79 se jaarlikse jag was soos gewoonlik een vir die boeke. Met die Bike Rally kroeg net die volgende naweek was hierdie `n goeie geleentheid vir ontspan, rus, en vars terug by die huis kom. Daar is ongelukkig net ontspan, en nie so verskriklik baie gerus nie.

Willie Gresse, Adriaan Pearson, en Louis van der Walt het Vrydag more dou voor dag vertrek terwyl ander jagters nog eers `n bietjie werk wou insit. Adriaan het myself en Louis op die scenic route gevat en ons is net na ag Vrydag more 200km in die verkeerde rigting van waar ons eintlik moet jag, ook so 200km vanaf Upington. Na Olifantshoek is daar links gedraai in Vanzylsrus se rigting, via Tswalu. Tswalu se baie groot hekke en nog groter waarskuwings borde het ons meegedeel dat hier nie gebraai mag word nie. Die braai skuif to noodgedwonge na so 11 meter buite die hek. Koue verversings is geniet, `n mooi klompie skilpaadjies en `n lekker stuk wors – net so om `n lining te he vir die res van die naweek se aktiwiteite.

Van daar is ons voort op die grondpad en toe met die teer / grond grondpad verder in Vanzyls se rigting. By Vanzylsrus hotel is ons hartelik ontvang, en is spesiaal verwelkom met `n horing vol versnapperinge. As jy meer van die horing wil weet – gaan maak maar self vir die eerste keer `n draai by Vanzylsrus se hotel.

Intussen het ons verneem Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber is oppad vanaf Upington en behoort teen vier uur by Gemsbokkie te wees, reg vir ons, en reg vir jag. Ons het so gou gemaak as wat ons kon en was so rondom 6 daar om die span te groet. Gelukkig het hulle ook so bietjie vasgehaak by Goerapan oppad en het niemand te veel gewag nie, en was niemand te skuldig nie aangesien almal laat was.

Daar is Vrydag aand weggele aan chops en wors en lekker gekuier. Louis het soos tradisie die jaggeselskap wakker gesnork en gesorg dat almal nog `n paar night caps moes vat.

Saterdag se jag was uit die boeke, en selfs meer wild as laasjaar is geskiet.

`n Groot span 41ers het by ons aangesluit deur die middag, nadat hulle ook erens verdwaal het aangesien die 200km hulle ook amper 6 ure geneem het om te ry. Marius Orffer, Gog van der Colff, Hennie Becker, Ockie Thomas, Christo Liebenberg en Hannes Klue het ons op die duin agter ons kamp ontmoet vir `n lekker sundowner voor die aand se verrigtinge. Intussen het Hennie Becker & Conrad Gresse `n groot hoender probeer jag – onsuksesvol.

Saterdag aand is daar hof gehou, straf uitgedeel, en lekker gekuier tot in die vroeë oggendure. Soos met elke jag was daar wenners en verloorders. Marius Orffer het bevoorbeeld baie ver verloor teen Gog van der Colff.

Sondag is ons almal na `n laaste paar chops huistoe – reg vir ons groot projek, maar nie noodwendig uitgerus nie.

Upington 79 se jag was soos altyd `n sukses, en `n hoogtepunt op ons kalender sal dit verseker bly.

Willie Gresse

Upington 79 IRO / PRO

Louis en Attie sorg vir middagete op ons 400km dag tog.

 

Gog, Ockie, Marius, Christo en Hennie – vinnig oppad jag toe.

 

Willie, Louis en Adriaan in Vanzylsrus Hotel

 

Ockie Thomas en Christo Liebenberg vat `n breuk.

 

Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber dwaal van die pad af vir verversings.

 

Hennie Becker en Hannes Klue

 

 

 

 

Die berigte horing

Grootwildjagters Louis & Conrad

 

So wag almal dat die son sak

 

Die wag werd.

UPINGTON 79 NAG GOLF 2018 – VRYDAG 5 OKTOBER!

Upington Tafelronde 79 se immergewilde Nag Golf kompetisie is terug hierdie jaar nadat dit laasjaar `n baie groot sukses was. Ons nooi graag weer Tafelaars van reg oor die land, en veral die Noord Kaap, sowel as hul vriende en familie uit om te deel in hierdie aand van baie golf, baie lag, en baie geld insamel.

Upington Tafelronde 79 kon laasjaar n mooi bedrag skenk aan Upington Golf Klub, sowel as behoewende lede van ons gemeenskap. Maak seker jy skryf betyds jou 4 bal in aangesien spasie bitter vinnig uitverkoop vir hierdie een maal per jaar golf geleentheid.

Soos gewoonlik maak borge so geleentheid `n werklikheid. Met slegs `n beperkte hoeveelheid borg bowwe en spasie beskikbaar word besighede aangemoedig om vinnig hul plek te verseker vir hierdie spog geleentheid.

Die Upington Tafelronde 79 Nag Golf Kompetisie vind hier jaar plaas op Vrydag, 5 Oktober.

Om jou borgskap of inskrywing te verseker en vir verdure inligting kontak die Nag Golf sameroepers by die volgende nommers.

Chris Voges – 083 771 8959

Conrad Gresse – 081 339 7644

Louis van der Walt – 072 686 4941

Ons sien uit om jul te sien by Nag Golf 2018 – met beter pryse, beter balle, beter beligting en selfs beter vermaak!

Augrabies 273 Besoek

Ek het Donderdag 12 Julie my eerste (maar nie laaste) amptelike besoek aan Augrabies 273 Tafelronde gemaak. Baie dankie aan Nils Gerber wat saamgery het en saam gekuier het. Aan die Augrabies Tafelaars, baie geluk met `n baie suksevolle vergadering. Baie dankie Niel Rossouw wat seker gemaak het sy vergadering verloop glad en dat daar genoeg tyd was vir ontspanning na die vergadering. Ons het ordentlik vergader, en daarna kon ek my suit en skoene uitskop en lekker fellowship geniet met die Augrabies manne!

Sien julle gou weer,

Willie Gresse

Noord Kaap Area Voorsitter

2018/2019

UPINGTON 79 @ GEMSBOK RALLY 2018

Die Gemsbok Rally organiseerders het weerheens vir Upington 79 Tafelronde gevra om die kroeg te behartig gedurende die Gemsbok Rally te Upington vanaf Donderdag 26 Julie to Saterdag 28 Julie 2018. Upington 79 sien baie uit om weer goeie fondse in te samel vir ons plaaslike gemeenskap en die minderbevooregtes. Alle tafelaars wat reeds die rally bywoon kom maak `n draai by ons en kom kuier lekker! Kry jou Gemsbok Rally kaartjie hier en kom maak n draai by ons vir n koue verversing of drie – http://wildbullsmcc.co.za/#enter.

Upington 79 Fellowship Spoon beweeg na AJ Bloem

Upington 79 se fellowship spoon is n tradisie so oud soos ons Tafel, dus, langer as 50 jaar. Die reel se dat die lepel elke maand van een tafelaar na n ander moet skuif voor die volgende vergadering gedurende `n sosiale geleentheid. In meeste gevalle word daar by die reels gehou aangesien die straf vir die verbreuk van hierdie reel so streng is dat dit selfs nie eers in die Inkundla gepubliseer kan word nie.

Nadat Willie Gresse wel so straf ontvang het moes hy vinnig planne maak om voor die Julie vergadering die lepel te oorhandig. Ter veiligheid is twee tafelaars genooi vir n lekker braai en verversings. Louis van der Walt was tafelaar nommer drie wat ongenooid opgedaag het. Die vrouens het lekker gekuier, en ons het lekker gebraai. AJ Bloem is die gelukkige toesighouer van ons Fellowship Spoon vir die volgende maand.

Dit was `n lekker aand vol fellowship, en AJ het doodseker gemaak die lepel kom veilig by sy huis aan. Dit is voorwaar n voorreg om te sien dat Upington Tafelaars so mooi kyk na hul regalia!

Die nuwe baas van die fellowship spoon AJ Bloem, Links is die ongenooide tafelaar Louis van der Walt, langs AJ `n gelukkige man wat nie meer die lepel het nie, Willie Gresse, en langs hom `n gelukkige man omdat hy hom nie ontvang het nie, Conrad Gresse

 

AJ Bloem maak seker die lepel kom veilig tuis.

 

Die volgende more, en Upington 79 se fellowship spoon is steeds veilig

UPINGTON 79 WINS PRO TROPHY

For the 1st time in a very, very long time, the  Northern Cape PRO trophy has moved to Upington 79 after Augrabies 273 has been the proud owners for way too long. Upington 79 is very proud to be the new owners of this beautiful trophy and challenges all Northern Cape Tables, and espicially Augrabies 273 to try and win this trophy back at the Tri Area in Hartz.  Get those Northern Cape articles in to the Inkundla and give us a challenge!

WINTERKNIGHTS 2018

Upington Tafelronde 79 samel weer nie bederfbare produkte, warm klere, en komberse, skoene en alle ander items wat stof opgaar in kaste in hierdie winter. Soos gewoonlik, sal daar weer n lekker braai gehou word op n koud genoeg aand erens langs die pad waar ons mense sal aanmoedig om nog klere te bring.

Tot dan, lewer asseblief jul donasies af by Upington Slaghuis en Upington Volkswagen.

Help ons om `n verskil te maak in die lewens van die wat nie so bevoorreg soos ons is nie.

Kontak vir Conrad op 081 339 7644 vir meer inligting

Hie kommie Bokke

Upington 79 het hul deel gedoen om seker te maak die Bokke wen die toetsreeks teen die Engelse. ‘n Bus vol tafelaars en 41ers het Saterdag oggend vroeg die pad gevat na Bloemfontein om die tweede toets en Beast se 100ste by te woon op die Vrystaat stadion.

Op Kimberley is daar middagete geniet, en sommer `n vinnige pool aanmekaar geslaan. Soos julle op die foto kan sien is ons almal geharde Bok Ondersteuners. Behalwe Johan, van wie ons nie verder praat nie.

Baie geluk aan WH van Augrabies 273 wat telefonies ingeskryf het, en toe sommer ook die prys gewen het met `n goeie voorspelling.

Die rugby sowel as die geselskap was uit die boonste rakke. Almal het die uitstappie baie geniet, en party manne het Sondag weer die rugby gekyk, en to `n biekie meer opgelet. Ons maak weer so!

Upington 79 besoek Prieska 161 vir Winter Area Konferensie

Upington 79 het op Vrydag 8 Junie die pad aangedurf na Prieska 161 vir die Noord Kaap Winter Area Konferensie in Prieska. Alhoewel ons nie voltallig was nie, was ons oorgenoeg om te sorg dat dit net `n lekker naweek kon wees. Nie ver buite Upington nie is ons getref wat gelyk het soos `n Arrive Alive Campaign, maar al die tyd slegs Augrabies 273 se RV was. Noodgedwonge het ons afgetrek, en maar gehelp om die vuur aan die gang te hou. Op die menu was haas gebraai deur Augrabies, gevolg deur meer redelike kos soorte soos sosaties en wors vanaf Upington 79 se kant. Daar is ook natuurlik `n paar lemonades geniet om te keer vir dehedrasie.

Vrydag aand het Prieska vir ons `n heerlike kuier gereel, en die Noord Kaap Tafelaars het almal baie netjies gelyk in hul nuwe Area Truie. Daar is onder andere baie lekker biltong sop gedrink, en daar was ook baie van die Noord Kaap Area se bekende Brandewyn Pot geniet.

Saterdag oggend na ontbyt is die vergadering geopen. Met oud Prieska 41er, Bles as die sersant was dit `n uitstekende vergadering. Baie besluite is geneem, en die vergadering het baie ordelik, en baie positief plaasgevind. Daar was ook `n banner exchange en Prieska het vanaf Conrad Gresse, Upington 79 se voorsitter, `n netjiese Upington Banner ontvang vir hul klubhuis.

Die dames het almal hul dames toer baie geniet, maar ongelukkig was ek nie daar nie so ek kan nie verder rapporteer nie. Die terugvoering was ongelooflik en dit het baie lekkerder as `n vergadering geklink.

Saterdag aand se tema partykie was lekker kommin, en dit was ons omtrent. Prieska 161 het klere gestrooi en `n lekker atmosfeer geskep. Na 20 minute in die Bokke – Engeland wedstryd het ons amper die TV ook op die vloer gegooi om `n nog meer kommin atmosfeer te skep.

Gelukkig het die Bokke die ding mooi gedraai, en het ons spoed net so mooi opgetel soos hulle agterlyn sin. Na die Bokke se wen ordentlik gevier is was daar troffee’s uitgedeel. Upington 79 het met die PRO Troffee weggestap en nou skryf ons nog atikels soos hierdie om hom die heel jaar te probeer hou.

Sondag more het ons almal `n lekker ontbyt op die oewers van die Oranje geniet en daarna het ons soos al die ander Noord Kaap Tafels die pas huistoe gevat.

Vanaf Upington 79 se kant, baie dankie Prieska, julle weet nog al die jare hoe om `n Area aan te bied en hierdie keer was geen uitsondering nie.

Dankie vir die voortreflike kos, uitstekende diens by die koeldranktafel, en die lekker gees waarmee julle die Noord Kaap onthaal het.

Van my kant af, ook baie dankie aan Jaco & Nita van Zyl wat vir my en Erika gehome host het. Ons het baie lekker gebly en dankie dat julle seker gemaak het ons is oral op tyd!

Prieska, sien gou weer, ons het so stuk of twee regalia wat julle moet kom haal.

Hier oorhandig Upington 79 se voorsitter, Conrad Gresse, `n Upington 79 Banner aan Christo de Witt, Voorsitter, Prieska 161

 

 

 

 

Upington 79 & Augrabies 253 bou bietjie fellowship, inspekteer die RV, en braai haas. Nog so 250km om te gaan tot in Prieska.

 

 

Michael Jacobs met sy spesiale Polo hemp vir Saterdag aand se kommin party.

n Moee Paul Dippenaar van Augrabies reg vir die busrit huistoe Sondag more.

Upington 79 ondersteun mede Liefdadigheid Organisasies

Tydens die onlangse Upington Landbou Expo het lede van Upington 79 sowel as 41ers en 2 pipeliners weereens moeite gedoen om `n draai te maak by al die ander Welwinnendheids organisasies wat soos Tafelronde, `n verskil maak in die Upington omgewing.

Upington 79 Tafelronde het nog nooit aan die skou deelgeneem nie, en dit is dus jaarliks `n gulde geleentheid om die plaaslike Lions & Vryburger Klubs te besoek wat beide kos en drank bedien tydens die Upington Landbou Expo.

Lede het ontmoet by Upington 79 se klubhuis en na `n paar drankies om die koue makliker hanteerbaar te maak omgestap na die Lions. Ons is hartlik verwelkom en het `n uur of wat daar vertoef en heerlik gekuier.

Hierdie Donderdag aand steak ete tradisie by die Vryburgers kom al meer as 20 jaar aan en hulle was reg vir ons. Daar is gekuier, ge eet, en gesels oor ARTSA, waarvan van hulle lede nou eers herstel. Met die selfde gesigte agter die kroegtoonbank het van ons lede ook by tye gedink dit is weer ARTSA tyd.

Dit was `n wonderlike aand by Upington Landbou Expo, en dit is baie lekker om `n goeie verhouding te he met ons mede weldoeners in Upington.

Tot volgende jaar se steak dan.

Groete

UPINGTON 79 VISITS BERLIN 178

Upington 79 Tabler, Willie Gresse, visited Round Table Berlin 178 in May month. The visit was very fruitfull, pins and banners were exhanged, and great fellowship and friendship was had by all. Ideas and beers were shared, and with some clever math it was decided that 1 + 78 = 79 and that we need to set up some kind of twinning agreement in the not to distant future! Thanks for the fellowship Berlin 178, and see you soon!

Willie Gresse receiving a pin from Round Table Berlin 178 member Raffael Fassler.

 

Upington 79 en Rotariers maak groot skenking moontlik

Rotary en Round Table Upington 79 werk saam om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Met die hulp van die Round Table Upington 79, is genoeg fondse bymekaar gemaak om ‘n ‘hoist’ aan te koop vir Maritsa Visser. Maritsa (39 jaar oud) se vorm van gestremdheid het tot gevolg dat dit uiters moeilik vir haar ma, Engela Visser geword het, om haar van haar stoel na die bed, na die toilet of selfs die bad te beweeg. Engela het self ook rugprobleme ontwikkel weens ie jare se druk en stremming wat op haar rug geplaas is en sy kon fisies nie meer haar kind skuif en self optel nie. Sy het aangewese geraak op hulp om haar daaglikse versorging van Martisa effektief te doen. Die twee diensorganisasies het fondse bymekaar gesit om dit moontlik te maak vir Martisa se ma, om haar moeiteloos en maklik te beweeg, sonder om haar fisies self op te tel en te skuif. Op die foto van links na regs staan Conrad Gresse van Round Table 79, Engela Visser, Maritsa Visser en Len Fourie van Rotary Upington.

Louis van der Walt is Northern Cape Area Tabler of the year!

Upington Round Table 79 is very proud to announce that their outgoing Chairman, Mr Louis van der Walt, has been named Northern Cape Area Tabler of the year for 2017/2018. In the photo is Mr Paul Dippenaar, Northern Cape Area Chairman 2017 /2018, and Mr Louis van der Walt. Upington Round Table is very proud of their outgoing chair and wishes him well for his well-deserved year as Joe Tabler.

Louis van der Walt receiving his trophy from Area Chairman, Paul Dippenaar

CONRAD GRESSE VOORSITTER

Upington Tafelronde 79 het onlangs tydens `n spog geleentheid hul nuwe voorsitter en komitee ingehuldig. Daar is ook verkskeie toekennings uitgedeel gedurende die aand. Tafelaars van reg oor die Noord Kaap sowel as sover as die Natal Suid Kus het die aand bygewoon. Upington Tafelronde bedank ook graag die leiers van mede welwinnenheids organisasies van Upington wat die aand bygewoon het. Baie dankie aan Mnr Len Fourie van die Rotarieers, Mev Louise Oberholzer van die Lions, en Mnr Kallie Thomas van die Vryburgers, sowel as hul gade. Conrad Gresse sal aan stuur van sake wees as Voorsitter van Upington Tafelronde 79 vir 2018/2019, sy Vise Voorsitter is Mnr Chris Voges. Baie geluk aan beide van julle en voorpoed met die jaar wat voorle. Ons weet dat met julle aan die stuur Upington Tafelronde net nog meer vir die gemeenskap sal doen.

UPINGTON 79 HOSTS INCOMING EXEC & ASSCO BRAAI

Most Upington 79 Tablers started their ARTSA experience on Sunday 8 April. Most were home hosting ARTSA Convening Committee members or making sure that ARTSA 2018’s final arrangements are in place. After a long week, and a longer weekend, those who were still left standing treated the Incoming Exec and Council Members to a lekker Upington braai to make sure they end their week long ARTSA on a high note. Fun was had by all, thank you to the guys and girls from Upington 79 for a wonderful dinner and another fun night out. As many an Incoming Exec member, or ASSCO Member commented, this was by far the best, and in many cases only, proper meal many have had for days! Attached some photo’s.

Johan Steenkamp received some new kit for the little one.

 

Mr & Mrs Prez handing over yet another trophy. This time to Mr & Mrs Western Province.

 

The Upington 79 team that made sure everyone was well fed!

WIN A CAR WITH UPINGTON 79

 

WIN A CAR WITH UPINGTON 79

Round Table Upington 79 has a car raffle going this year that can see you, your wife, your mate, or anyone else you know win a brand New Volkswagen Polo Vivo! Tickets are going for a bargain price of only R500 per ticket. With only 750 tickets available your chances are much better than that of any lottery. In fact, it is scientifically proven that you stand a better chance of winning this brand new Volkswagen Polo Vivo than waking up after an ARTSA Superhero party without a slight headache. We sell tickets over Watsapp, email, fax, telegram, and we will even make use of the Post Office. Do secure your own, or your Tables New Car, please contact Upington Round Table 79 via Facebook, Watsapp, email, fax, telegram, wechat, messenger, or your local Post Office, or any of our friendly tablers:

Willie – 083 9886 144 / Conrad – 081 339 7644 / Louis – 072 686 4941 / AJ – 083 9562 195 / David – 076 161 0520 / Chris – 083 771 8959 / Adriaan – 082 447 9708 / Ruben – 082 821 3823 / Johan – 072 998 3137 / Gog – 083 324 0340

VOGES MAAK SKOONSKIP

Links, Tafelronde Upington 79 Voorsitter, Conrad Gresse, Regs – Chris Voges.

 

Tydens Upington Tafelronde 79 se onlangse inhuldigings dinee van Mnr Conrad Gresse as nuwe Voorsitter van Upington Tafelronde 79 het Mnr Chris Voges skoonskip gemaak onder die toekennings. Mnr Voges het nie net die Bywonings Troffee gewen nie, maar is ook bekroon as Upington Tafelronde 79 se Tafelaar van die jaar vir 2017/2018. Baie geluk aan Mnr Voges met hierdie puik prestasie. Mnr Voges sal ook hierdie jaar Upington Tafelronde 79 dien as Onder Voorsitter sowel as Tafelronde Noord Kaap op Bestuursvlak as Tesoerier. Sy mede Upington 79 Lede wens hom alle sterkte toe met sy nuwe portefeulje’s. Baie geluk Chris.

 

REWARD OFFERED

REWARD OFFERED

In this photo you will see Mr Francois Bezuidenhoudt, Western Province Area Chair, Massive Western Province Rugby Fan, Stormers Supporters Club Member, WP RUGBY schoolboy scout, the guy who walks around with a “W” on his left butt cheek and a “P” on his right butt cheek. Also featured is Mr Frank Baden, as well as Mr Richard Hansen. Last but not least, the woman puts up with Mr WP Rugby, Chanelle Bezuidenhout. Also in this photo, if you look right past all of them, you will see an ARTSA BANNER. If you have any idea in which clubhouse this banner finds itself, please contact me, your safety and anonymity is guaranteed.

Willie Gresse – 083 9886 144

Upington 79

Northern Cape Area Chair 2018/2019

 

BOOM BRAAI SKUIF NA BINNE

 

BOOM BRAAI SKUIF NA BINNE

 

Van Links na Regs – Attie Naude, Chris Voges, Paul Dippenaar, Tjop de Vries.

2017 /2018 Tafelronde Noord Kaap Voorsitter Mnr Paul Dippenaar het laasjaar die tradisie begin dat die Noord Kaap bestuur jaarliks `n boombraai hou om dinge op die regte manier te begin en seker te maak die jaar se beplanning is op dreef. Hierdie jaar se boombraai is binne huis gehou in die Upington Tafelronde 79 Klubhuis as gevolg van ontgure weer.

Die vergadering was weerheens die moeite werd, en hierdie is `n tradisie wat ons voort op sal bou in die jare wat voorle.

Baie dankie aan die Upington 79 lede wat kom kuier het, kom kos maak het, en gesorg het dat ons nie dors lei nie. Ook baie dankie aan Mnr Paul Dippenaar wat as Sersant opgetree het en seker gemaak het dat niemand vir die volgende 3 maande sooibrand sal kry nie.

Spesiale dank aan al die komitee lede wat ver gery het om hierdie vergadering by te woon.

YiT

Willie Gresse

Tafelronde Noord Kaap Voorsitter 2018/2019

Gog kry sy kierie

Gog ontvang hier sy kierie van Louis van der Walt, Upington 79 Voorsitter 2017/2018

GOG VAN UPINGTON 79 ONTVANG SY KIERIE

Meneer Gog van der Colff van Upington 79 het onlangs sy kierie ontvang tydens Upington 79 sowel as Tafelronde Noord Kaap se inhuldigings dinee. Gog het vir 15 jaar baie aktief getafel, en het alle portefeulje’s beskikbaar in Upington 79 onder hande gehad, en selfs `n paar twee keer in `n ry. Baie dankie vir al jou moeite by Tafelronde 79. Alhoewel Gog sy kierie het, verwag die lede van 79 nie om hom enigsins minder te sien nie. Gog, jy mag nou die ander ou manne help kos maak vir ons Tafelaars terwyl ons hard werk. Dankie vir jou bydrae tot Upington Tafelrondte 79 en dankie dat ons steeds op jou kan staatmaak.

Upington 79 Meeting

Upington 79 het soos elke eerste Donderdag van die maand n heerlike vergadering te Upington Tafelronde 79 Klubhuis gehad. Ons was omtrent n vol huis, met alle lede, 3 41ers, sowel as 3 gaste wat ons vergadering bygewoon het. Dit was `n uitstekende vergadering, baie dankie aan die Sersant en braaier van die aand – Mnr Louis van der Walt vir die heerlike kos en almal teenwoordig vir die uitstekende kameraadskap.

ARTSA 2018 FROM A 79 LOCAL’S PERSPECTIVE

ARTSA 2018 FEEDBACK – FROM A UPINGTON 79 LOCAL

 

Firstly, thanks to all who travelled from far and wide to attend ARTSA 2018 in Upington, Northern Cape. A huge shout out from my side to Hilton Quack Quack Megaw for convening and absolute fantastic ARTSA with the help of his committee. For many a fresh tabler in clubs all around our country there is a saying that you have not tabled if you have not attended an ARTSA. For myself, this rung absolutely true when I attended my first ARTSA 4 years ago, since then, I have not missed one – and hopefully, I’ll be privileged enough to never miss any.

What I did not know, is how much planning and time goes into the organizing of such an event. To all previous ARTSA conveners and committee members, well done, a tip of the hat to each and every one of you. It is indeed a selfless job, and you will never receive enough thank you’s in return.

As a Upington 79 tabler I would like to thank all who attended ARTSA. It is truly an honour to be associated with Round Table, but even more so after our town was bombarded with tablers from around the world. We have received nothing but thanks, praise and well wishes from local business owners, guest houses, and as a whole, the liquor industry.

The feedback from the Protea Hotel as follows: “We have never had so many people in our conference venue at once, but we have never had such a friendly, well-mannered bunch of guests either. Everyone’s support was fantastic and we would welcome your organization back with open arms.”

Another local charity, with whom Upington 79 Round Table has a great relationship, the Vryburgers, ran the Hard Core Hut bar. For those who do not know, although we have a profit split agreement in place, with money going back to ARTSA’S budget, the profit made by the Vryburgers will be well spent on charitable causes in the local Upington community. So thank you for spending all those tokens and yet again making a difference. We met up with the Vryburgers after ARTSA and had a few cold ones, the feedback from their side is unbelievable. Firstly, they are ecstatic with the amount of profit they made, even with very, very reasonable prices on all drinks. Some might say that it was to reasonable! They ran out of Jaggermeister on Thursday night, Friday morning around 03:00. They tried sourcing from other bars in town but it seems that Tablers did sample Jagermeister at every watering hole in town. In the end, Jagermeister was obtained in Kimberley, and then travelled to Upington where it arrived in time for Friday night’s activities. They were most impressed with the friendliness of all tablers, the great manners, and the way to people with rondel’s meet for the first time at the bar, and fight over whose tokens will be used to buy the next round. The one and only complaint from their side is that they are sorry to everyone they had to say no to who wanted to buy them another shooter, and which they had to decline after the previous twenty customers had exactly the same idea.

The owner of the Irish pub came to see me personally, he has given his sincere thanks, and has said that he had the best weekend turnover wise that he has had in at least the last 5 years. He too, was impressed by the way all tablers carried themselves, even at four in the morning. And said he did not have one incident where anyone was out of line of out of order. On a side note, on Saturday morning, a certain Ex Area Chairman of the Northern Cape, who is now a 41er, who loves his potency, who shall remain anonymous, although you should by now know this Ex Area Chairman of the Northern Cape, who is now a 41er, who loves his Potency, who hails from Vryburg 72, is Hennie Hen10cy Stols – ordered what the owner of the Irish Pub has described as the “best breakfast he has ever witnessed”. Mr Stols and a few fellow Rocky movie lovers had the following order, 9 tumbler glasses, each with a double shot Potency & one raw egg thrown in. As they say, breakfast is the most important meal of the day. Hennie, next time you visit Upington, please remember that you have a complimentary breakfast waiting at the Irish pub.

Gentleman, Upington Round Table 79 has always had a great reputation in our local community. With the way you all handled yourself in our town as visitors and guests to ARTSA 2018 while wearing your Rondels with pride everywhere you went, we now have more than a great reputation. We now have a legacy.

Thank you for visiting our town, thank you for attending ARTSA 2018, and thank you for wearing your Rondels with pride. Thanks mostly though, for being Tablers.

 

Yours in Table

Willie Gresse

Upington 79 IRO/PRO

Round Table Northern Cape Area Chairman 2018/2019

Tafel 79 AGM & Induction

Upington Tafelronde het 2017 afgeskop met ons Algemene Jaar vergadering wat gevolg was met ons inhuldigings dinee.

Die jaarvergadering het afgeskop om 11h00 die Saterdagoggend, ons wil graag baie dankie sê aan tafelaars wat van ver kom ry het om dit mee te maak, spesifieke dankie aan Paul Dippenaar in sy hoedanigheid as Noord Kaap Area Voorsitter wat ons vergadering bygewoon het.

Die vergadering het tafelaars opnuut opgewonde gemaak vir n jaar vol positiwiteit en opwinding van hoe ons n verskil in ons gemeenskappe kan maak.

 

Ons het die Saterdagaand op n glansgeleentheid die jaar ordentlik begin met die inhuldiging van Louis Van der Walt as Tafel79 se nuwe voorsitter, baie dankie aan Roelof Nel, Upington 79 ondervoorsitter, vir al die reelings se tref.

Louis se bestuurspan vir 2017 bestaan uit die volgende lede.

  • Louis Van Der Walt- Voorsitter
  • Roelof Nel- Ondervoorsitter
  • Adriaan Pearson – Sekretares
  • Chris Voges- Tesourier
  • Conrad Gresse – PRO

Ons wil graag vir Louis en sy span voorspoed wens vir die komende jaar, en mag tafelronde die jaar net van krag tot krag gaan.

Wees op die uitkyk vir verdere opdaterings, hierdie jaar gaan Upington Tafelronde n groter drukmerk op ons aanlyn voetspoor los, volg ons gerus op Facebook vir meer inligting.

Ons volledig jaarkalender sal binnekort op ons webruimte beskikbaar wees.

 

Aanneem, aanpas, verbeter.

Kalahari Bike Challenge 2016

20160827_165628 20160827_151049 20160827_134951 20160827_084844The Kalahari Bike challenge is a yearly initiative by Upington Roundtable 79, where advernture motorcyclists gets the chance to explore the desolate dessert area around Upington on their Bikes.

2016 saw a route change back to the original route running from Oranjerus, to Blouputs and back, via Gravel roads. The challengers was served lunch and drinks at the  Kalahari River and safari venue, approximately 25km North of Kakamas. The venue served as an oasis from the heat of the day, and an oppurtunity for tablers to mingle and converse with the Biking community.

All in all we had about 70 bikes doing the run, with both a green and red route available. The red route proved quite difficult for the riders with a few technically difficult areas not being very friendly to tires.

The Kalahari challenge is one of our most anticipated events of the year, and 2016 has not disapointed.

Upington Roundtable would really like to thank the main coordinators of the day, Istvan Mayer from Auto Luxus Motorrad for again putting together a wonderful day for the bikers as well as the tablers.

We look forward to next year, when the next Kalahari Bike challenge will be held.

WinterKnights 2016

Upington 79 het hierdie jaar weereens n baie suksesvolle winterKnights insameling gehad.

Klereasie en goedere is in hul hordes ingesamel en oorhanding aan FAMSA Upington, wat sal verseker die klere kom by die uit wat dit die nodigste het.

Winterknights is n projek wat baie na aan die harte van ons lede le, om rede dit so groot verskil maak in mense se lewens.

Upington Tafelronde wil graag die publiek bedank vir hul ondersteuning van hierdie projek.

Ons bedank graag vir die regsfirmas, Becker, Bergh en More, en Nagel & Taylor sowel as Upington Volkswagen dat hul hul persele vir die publiek oopgestel het om skenkings te aanvaar.

IMG-20160823-WA0011

Jail en Bail

Upington Tafel rondte het hul eerste jail en bail projek gehou wat gesorg het vir baie opwinding en n baie sterk inspuiting vir ons tafel.

Ons het besigheidsmense en vriende van tafel “gearresteer” en vir hulle tydens hul inhegtinesname n heerlike kuier gehou met topklas vleis en goeie drank.

Die gevangenes moes dan borgtog betaal om die partytjie te verlaat.

Ons het die aand n veiling ook gehad met n paar uitverkose versamelaarsitems, wat baie goeie aftrek ontvang het.

Upington Tafelronde wil baie graag SAPD Upington bedank vir die gebruik van hul onspannings fasiliteite asook hul voertuie.

Die opbrengste van die projek sal n groot verskil in mense se lewens maak.

Ons sien uit om volgende jaar weer die projek te hou.

ARTSA 2016

IMG_2678 IMG_2688 IMG_2698 IMG_2701 IMG_2721 IMG_2747 IMG_2906 IMG_2909 IMG_2910

Upington Tafelronde het hierdie jaar n sterk span afgestuur Margate toe om tafel 79 te verteenwoordig by die ARTSA byeenkoms.

Die manne is Woensdagoggend vroeg uit Upington uit om die 1350km pelgrimstog na Margate af te lê. Genadiglik het hulle veilig arriveer aan die Wilde kus, waar n wilde naweek vol opwindende forums en gesprekke rondom tafel hul program baie vol sou hou tot Sondag.

Woensdagaand het die manne rustig verkeer in Margate, voor Donderdag se registrasie .

Donderdag was gevul met Upington Tafelaars wat bietjie bande kon smee met tafelaars van regoor die wereld. Ons het die geleentheid ten sterkste gebruik om uit te reik na ander tafels en meer inligting deur te gee oor ons area en wat alles in die NoordKaap gebeur.

Vrydag was n baie vol dag, die tafelaars het n verskeidenheid forums bygewoon om dieper insig te kry rondom Tafel in Suid Afrika, en hoe dit bestuur word.

Vrydagaand was daar uiteindelik n sosiale geleentheid, waar tafelaars ons area se gunsteling disse uitgeruil het met die van ander tafels, na dit het n onspanne funksie plaasgevind waar alle tafelaars teenwoordig was in hul Area Truie, weer n lekker geleentheid om bande te smee, en nuwe vriende van ander tafels te maak.

Saterdag was vroeg afgeskop met die Alegemene Jaar Vergadering, ons voorsitter, Wille Gresse en uitreende voorsitter Adriaan Pearson, was aangenaam verras deur die profesionele wyse waarop die vergadering hanteer was, ander lede het saamgestem dat dit n suksesvolle oggend was. Ons het daarna n paar ure afgehad om die area bietjie te verken en het die tyd gebruik om bietjie te kan onspan tydens al die bedryfwighede.

Saterdagaand was die Formele Dinee, dit het al ons tafelaars in ons pakke gekry, en gesorg vir n aand vol heerlike kos, prysoorhandigings en gesseligheid.

Upington 79 bedank graag vir die WildeKus tafelaars wat n ARTSA soos min aangebied het, ons sal enige tyd weer in julle vriendelike dorp kom kuier.

Upington 79 inhuldiging

Op 20 Februarie het Upington 79 hul jaarlikse Algemene vergadering gehad, gevold deur die inhuldiging van Willie Gresse as Voorsitter .

 

Dit was ‘n geleentheid wat baie goed verloop het en Upington 79 het die bywoning van 41ers en tafelaars van ander gebiede baie waardeer. n Spesiale dank gaan uit aan Jan en Tjop wat in hul gesag as uitreende en nuwe area-voorsitters, ook die aand meegemaak het, asook hul gades wat saam met hul die reis na Upington onderneem het, ons hoop om jul gou weer hier te kan onthaal.

Chris Voges is ook ingehuldig as nuwe lid van Upington 79.

 

Die bestuur van Upington 79 vir 2016 is aangekondig en lyk soos volg.

Voorsitter- Willie Gresse

Vice- Philip Nagel

Tesourier- Roelof Nel

Sekretaris- Louis Van Der Walt

PRO-Conrad Gresse

 

 

 

UPINGTON KUIERFEES 24-26 SEPTEMBER 2015

Upington se jaarlikse Kuierfees is weereens gehou die naweek van 24 September 2015. Dit was al van vroeg die week af ‘n groot geskarrel om alle reelings te tref ten einde alle voorrade aan te skaf en op ‘n verbruikers vriendelike temperatuur te kry. Verbruikers vriendelik in hierdie geval is so na as moontlik aan vriespunt..

Upington Tafelronde 79 het weereens die alombekende kroeg op die hoek met die koudste bier en genoeg TV’s gehad sodat feesgangers sport kon geniet en terselfdertyd ietsie kon geniet om die fisiese af te koel. Daar is reeds van vroeg die Donderdag begin om mense te bedien en skofte is uitgewerk ten einde mense so spoedig moontlik van die las van swaar beursies op die fees te verlos.

Die drie dae van die fees was gekenmerk deur bitter warm dae, maar daarvoor het ons die regte teenvoeter gehad en verkope was min of meer dieselfde as die vorige jaar. Graag wil ons die mense van URB, Coke, Distell en SAB bedank vir alles wat hulle gedoen het asook Obie transport wat vir die duur van die fees ‘n yslike koeltrok tot ons beskikking gestel het ten einde ons produkte koel te hou.

ANDRIES VERMEULEN 1 AUGUSTUS 2015

Die welbekende weskus TV en vermaaklikheid persoonlikheid Andries Vermeulen het lede van die publiek ten bate van die Kanoneiland NG Kerk op 1 Augustus 2015 in die Spanspekstore van Karsten Boerdery kom vermaak. Upington Tafelronde 79 het weens hul ekstensiewe ondervinding in die gebied die bedryf van die kroeg vir die aand losgeslaan en met welslae hul van die taak gekwyt.

Die ondervinding van van die “ouer” lede van die tafel het gou deurgeskemer toe van die “jonger” lede toegelaat is om in die beperkte bedieningsspasie hulle staal te wys. Eersgenoemde lede het meer ‘n “backseat” ingeneem en gesorg dat dinge van daar af georganiseer word. Die publiek het heelhartig die kerk ondersteun en by die tyd dat die veiling gehou is, het selfs lede van hierdie Tafel vurig deelgeneem daaraan. Verskeie pragstukke is aangeskaf en van die minder gewilde ware op die veiling is ook nie oorgesien nie en het lede van Upington Tafelronde 79 gewys dat selfs hierdie stukke ‘n huis kon vind.

Die aand was ‘n welkome inkomste aangesien dit nie ‘n gereelde projek op ons kalender is nie en meeste van die fondse is weer geskenk aan projekte wat deur die NG Kerk Kanoneiland hanteer word.

Ons bedank elke lid vir hul onbaatsugtige bydrae vir die aand.

 

SUPER CAR LIFESTYLE 19 SEPTEMBER 2015

12238484_653162188158715_7871749973420590007_o 12240370_653161984825402_4785052443195498784_o

Op die oggend van 19 September 2015 het die opgewondenheid hoog geloop in die Upington geledere. Dit was die dag wat die Upington lughawe se aanloopbaan toegemaak sou word vir 3 ure ten einde die lede van die Southern Equitorial Ferrari Automobili klub in staat te stel om te sien wie die hoogste snelhede met hulle Ferrari’s kon behaal oor ‘n afstand van by die 4km.

Die eienaars van hierdie altesaam 18 spogmotors het eers alleen mekaar die stryd aangese en toe het betalende lede van die publiek die kans gekry om saam met die eienaar vir ‘n sprint te gaan en die mense kon nie uitgepraat raak nie!! Almal was dit eens dat daar ten minste een keer per jaar so ‘n gebeurtenis moet wees.

Na afloop van die dag het die klublede voortegegaan met hul toer na Kaapstad. n Week of drie nadat die dag gehou is, het ons ewe skielik donasies begin ontvang van die klub sowel as van lede van die klub in hul persoonlike hoedanigheid. Dit het veroorsaak dat hierdie projek die mees winsgewende was wat nog ooit deur Upington Tafelronde 79 organiseer is en het dit ons in staat gestel om ‘n reuse donasie te maak aan die ACVV huis vir Bejaardes sowel as die ACVV Dienssentrum op Upington.

 

Weereens baie dankie aan alle lede vir die puik organisasie van hierdie wonderlike dag!

12237984_653162264825374_9141837228108524889_o

 

UPINGTON WESKERK POTJIEKOS 15 NOVEMBER 2015

Upington Tafelronde 79 het op 15 November 2015 die tweede keer die Upington Weskerk potjiekos aangebied. Op hierdie dag reel die kerk dat minder bevoorregte lidmate sowel as meeste van die bejaardes in die kerk genooi word vir ‘n middagete. Upington 79 is dan verantwoordelik vir die maak van genoeg potte sodat hierdie mense ‘n heerlike middagete kan geniet.

Hierdie jaar was besonders uitdagend ten opsigte van die datum van die pot aangesien een van die lede van die Tafel 79 die vorige aand sy ramparty moes he. Families en vriende is ingeroep om te help met die voorbereiding van die potte, wat genadiglik Willie se hoendersoppot uitgeskakel het.

Dit was ‘n heerlike familiesaamtrek en die mense het gesmul aan die lekker ete.fotos 20160124 337    fotos 20160124 338

Upington 79 Winter Nights projek

923

Van die sakke vol klere wat ingesamel is.

574

`n Berig het in ons plaaslike koerant verskyn om die publiek bewus te maak van die projek.

573

Willie Gresse en Louis van der Walt oorhandig klere aan FAMSA Upington.

Philip Nagel berig uit Upington –  Upington Tafelronde 79 het, soos oudergewoonte, vanjaar weereens ‘n beroep op die publiek van Upington gedoen om hul kaste en harte oop te maak ten einde die minder bevoorregtes in en om die dorp te help om die koue weer te trotseer. Nadat ‘n berig in die plaaslike koerant geplaas is, is dit presies wat gebeur het en het ons klere van dese en gene van heinde en ver begin om donasies gemaak. Ons wil veral die ledemate van die Upington Weskerk uitsonder wat ‘n reuse bydrae gemaak het en was die insamel van hierdie klere ‘n reuse sukses, in so ‘n mate dat ons op twee geleenthede in staat gestel is om oorhandigings te doen aan FAMSA, wat die verspreiding van die klere hanteer. Graag wil ons ieder en elk bedank wat ‘n bydrae gemaak het en het ons weereens gesien dat ons in ‘n oophand area leef en dat mense nog vir mekaar omgee.

Upington Tafel 79 Jag

Upington Tafelronde het weereens `n baie suksesvolle jag gehad op die plaas Gemsbokkie in die Askham distrik.

louis Upington Tafel 79 Jag

Na `n rowwe Donderdag aand, van kamp opslaan en versnaperinge in die Kalahari geniet sou mens dalk ietwat bekommerd wees oor Vrydag se jag wat voorlê. Die bekommernis was gelukkig heeltemal onnodig en sou daar `n lid van die Suid Afrikaanse Olimpiese komitee saam gejag het, sou ons definitief `n hele paar Upington manne spele toe moes stuur.

Vrydag aand is daar lekker gesellig gekuier, en Saterdag het ons `n paar draaie gery, rugby gekyk en ons naweek af gaan sluit by die Molopo Lodge. Na `n lekker stort is die plaaslike ekonomie `n hupstoot gegee in die kroeg, en het ons die laaste braai van `n baie lekker naweek gehad. Een brawe man het ook `n sit in die verkeerde stoel gehad en sy hare verloor! Die manne wat gelukkig genoeg is om die Upington Area by te woon kan gerus kom proe aan ons biltong en droëwors. Soos gewoonlik was dit `n onvergeetlike naweek, en het dit net weer bevestig hoekom almal altyd uitsien na Upington Tafelronde 79 se jaarlikse jag. Ons maak volgende jaar weer so!

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve