Op 4 September het 6 Hollandse Tafelaars en Werner van Postmasburg ons kom besoek . Die Hollanders is van Lemmertsland 153 in Holland en was op ‘n “twinning trip” met Postmasburg 153. Hulle reis het reeds in Kaapstad begin die Maandag en “ongelukkig” die Donderdag in Augrabies gedraai. (Ek noem dit “ongelukkig” want vir baie was die hoofpyn maar baie erg die volgende oggend).
Augrabies 273 het hul ingewag by Augrabies Hotel waarna ons hul na Augrabies 273 se klubhuis geneem het. Daar het ons banners exchange, die snuifmasjien uitgetoets en, die beste van als, hulle geleer van BUFFALO! Daarna het ons teruggekeer vir ‘n heerlike ete by hotel, waar ons hulle met lam skenkels en gebakte lams nek bederf het! Die aand het vreeslik lekker geraak en hulle het ons geleer dat shooters eers na ete geneem word ( vandaar die “ongelukkige” hoofpyn!!!!!). Niel het hulle die volgende dag op ‘n lekker game drive geneem en die Augrabies Waterval gaan besoek, waarna hul weer in die pad geval het Postmasburg toe.
Dit bly altyd vir ons as Tafelaars van Augrabies 273 erg lekker om Tafelaars van ander Tafels (veral van oorsee, maar ook plaaslik) te ontmoet en te ontvang hier by ons. Daarom nooi ons u uit om asseblief nie vir ons mis te ry op u volgende besoek aan die Noord Kaap nie!!! Die vuur brand, die vleis is reg en die drinks is yskoud – kom kuier saam met ons!!!
Groetnis
De Wet Strauss
Voorsitter Augrabies 273