Elke jaar, gedurende September en Oktober maand, gooi die onderbekke (‘n rivier vis) hulle eiers in die vlak rivier waters af oor die klippe – dit word “sporn” genoem.  Vir enige varswater hengelaar is hierdie verskynsel musiek in sy ore!!!  Want die geelvisse lê oopbek en wag in die dieper water vir die heerlike viseiers en die babers lê stroomop ook oopbek en wag vir die onderbekke wat na die gespornery stroom op swem na dieper waters.  En dit is DAN wat jy die groot visse vang (babers en geelvisse).

Baie van ons bly al baie jare langs die Oranjerivier en (omdat ons nie juis visvang in die rivier nie) is ons salig onbewus van hierdie ongelooflike interessante verskynsel. Daarom het Pieter Dippenaar ons genooi om Saterdag, 18 Oktober 2014, bietjie af te gaan na Blouputs en dit met ons eie oë te gaan aanskou.

Dit is omtrent ‘n gewoel en gespartel as die onderbekke hulle ding doen in die vlak rivier water oor die klippe.  Kort kort sien jy een sy verskyning maak.  En so dan en wan gewaar jy ‘n oorywerige baber, wat net eenvoudig nie meer sy lus kon inhou nie, tussen die onderbekke in die vlak water – opsoek na ‘n iets te ete.

Onderbeke Blouputs Okt 2014 (3)

Nee, dit is nie ‘n haai nie. Dit is ‘n onderbek in die vlak water wat sy eiers oor die klippe kom afgooi.

Ons het maar Pieter en Robin se voorbeeld gevolg en ons vislyne net onder die klippe ingegooi waar die systroom in die hoofstroom invloei.  En dit was sommer gou toe ons een vir een vasmaak met lekker size geelvisse.

Blom pieter

Pieter maak vir Blom bietjie touwys met die varswater hengelry!!

Oktober 2014 Blouputs (57)

Living the dream!!! Stok in die hand, sigaret in die mond, mamma op die kant met ‘n koue dop wat wag … wat meer wil ‘n man dan hê??

Daniel

Daniel sit op die klip en wag dat sy vissie moet byt.

Blom

En daar het hy hom!!! PJ en Linka help vir Daniel om sy geelvis af te hak terwyl mamma Blom ‘n ogie oor die spul hou.

Dit was ‘n heerlike saam kuier dag langs die rivier en ons het gebraai, visgevang en die kinders het amper nooit die water verlaat nie.  Net voor 5 is ons op na Pieter se huis waar ons die rugby (WP teen die Bulle Curriebeker Semi-finaal) gaan kyk het.  Daar het die kinders weer in die swembad baljaar (duidelik hou al ons kinders baie van water) terwyl ons grootmense oor die rugby en die swak skeidsregter beslissings (gelukkig beide kante toe) geredeneer het.  Ons het weer gebraai en nadat almal hulle magies trommeldik geeet het aan heerlike “streep donkie” fillets, wors, braaibrood en aartappelslaai, is ons almal terug huistoe.

Chrisna en Andraz delf 'n bietjie vir goud in die Oranjerivier.

Chrisna en Andraz delf ‘n bietjie vir goud in die Oranjerivier.

Karen en Robin ontspan bietjie in die skaduwee.  Visvang is harde werk.

Karen en Robin ontspan bietjie in die skaduwee. Visvang is harde werk.

Van Augrabies 273 se kinders in die swembad!!

Van Augrabies 273 se kinders in die swembad!!

Blom keer net vir haar dop toe Pieter en Paul haar in die swembad wil intrek - duidelik is haar prioriteite reg!!!

Blom keer net vir haar dop toe Pieter en Paul haar in die swembad wil intrek – duidelik is haar prioriteite reg!!!

RW besig om sy emmertjie vol water te skep in die heerlike koel rivier water.

RW besig om sy emmertjie vol water te skep in die heerlike koel rivier water.

Pieter, Niel, AD, Paul en Robin kuier gesellig - voete in die water.

Pieter, Niel, AD, Paul en Robin kuier gesellig – voete in die water.

Ons human-tower!!  Wilhelm onder, dan JG en dan Andraz bo!

Ons human-tower!! Wilhelm onder, dan JG en dan Andraz bo!

Baie dankie Pieter vir die geleentheid om hierdie stukkie opvoeding daar by julle in Blouputs te kon kom beleef.  Dankie almal vir ‘n heerlike saam kuier en saam lag Saterdag.  Ons jaar staan nou vinnig einde se kant toe – ons begin oes een van die dae!!  Baie sterkte aan almal en hoop julle het ‘n erg suksesvolle oesjaar!!!!