Upington 79 se jaarlikse Winterknights fondsinsameling was hierdie jaar bietjie anders benader.
Niks brand soos die koue nie, en hierdie jaar wou ons dit ervaar, en regtig verstaan wat dit beteken om sonder iets warms die winter deur te kom.
Met behulp van ons sakegemeenskap en individue, het ons hierdie jaar dinge anders gedoen , die bestuursbibber het besighede en individue uitgedaag, om die aand saam met ons in die koue deur te bring.
Ons het seker gemaak die vure brand hoog en die gees nog hoër.
Van 8uur Vrydagaand tot 6uur Saterdagoggend, het Upington se tafel, tesame met ons borge en donateurs, die koue aangevat en sodoene meer as R50 000 ingesamel, sowel as baie klere, blikkies kos en ander nie bederfbare items.
Upington 79 se baie dankie vir die Gemeenskap se konstante ondersteuning.