Douglas hoërskool het Vrydag 17 Mei n kuier-aand gehad ten bate van die graad 6 rugbytoer. Daar is om en by 300 kaartjies verkoop wat gesorg het dat die vliegtuigloods waar dit aangebied is tot volle benut is. Die manne van Douglas 224 is ingeroep om die kroeg te verskaf en beman en soos oudergewoonte het die vele hande gesorg vir ligte werk – al was sommige van die tafelaars dalk effe fikser Saterdag. Die bar toon ten einde n goeie wins wat n vêr pad sal gaan.
Dankie vir elkeen wat gehelp het en n spesiale dankie aan Hilton en Johanita dat ons weereens op julle kon staatmaak vir die reëlings, verskaffing en aanry van die voorraad.
Tafelgroete