Op Vrydag 1 Maart is Hilton Megaw ingehuldig as Douglas 224 se 10de voorsitter. Tafelaars, familie en vriende was teenwoordig by die glansryke dinee. Hilton tree in as voorsitter in sy laaste jaar voordat hy in 2020 n 41er word. Gelukkig was daar twee van Douglas se 41 span, Werner Labuschagne en Garth Megaw, byderhand om vir Hilton en die gaste te verduidelik dat daar lewe, en selfs soms rustigheid is na tafel.

Uittreedende voorsitter Andreaco Le Grange het die meerderheid van die verrigtinge hanteer wat die prysuitdeling ingesluit het. Danie Fourie ontvang die “Stirrer spoon” vir sy roerende bydraes tot vergaderings en projekte en Werner ontvang die 41er kierie. Beide se toekennings baklei egter onmiddelik terug. Soos oudergewoonte raps Schalk vir Danie met sy eie lepel en Werner se bors gaan van trots tot brand met n straf knerts toegedien deur sy eie loop-apparaat. Chapo Cilliers en Jacques Engelbrecht word dan ook gesamentlik aangewys as die tafelaar(s) van die jaar.

Ons wens vir Hilton alle sterkte toe vir die jaar wat voorlĂȘ.