Douglas 224 kry  Nuwe Lid:

 

 

Hilton, Johanita, Andreaco en Helga het die Noordkaap Winter Konferensie in Vryburg op die 9-11 Junie bygewoon.

Na hoeveel maande dat Andreaco le Grange wel as ‘n lid ingeskryf is aan Douglas 224, was dit die enigste gepaste geleentheid om hom behoorlik in te huldig as ware lid van Douglas 224. En wat beter as deur ons eie VETSA President, mnr Andrew Lea, ingehuldig te word. Baie welkom Andreaco. Ons glo en vertrou dat jy diep spore gaan trap in hierdie ongeloofike organisasie. Jy is ‘n passie volle mens met uitmintende ideale. Mag jou tyd in Tafelronde, geseend, vrugbaar en suksesvol wees.

 

Saterdag aand was weer een vir die boeke en almal het dit verskriklik baie geniet. Die Western Aand het geloop soos ‘n jet.

Dankie Vryburg 72 vir ‘n onvergeetlike naweek.