Soveel van ons is al direk of indirek geraak deur kanker. So toe Douglas 224 genader is om te help om ‘n plaaslike “CANSA Relay For Life” op die been te bring was ons dankaar om te help.

CANSA Relay For Life is ‘n landswye inisiatief van CANSA en bied gemeenskappe die geleentheid om op nuwe en opwindende maniere ‘n verskil te maak in die stryd teen kanker. Menigte weergawes van die gebeurtenis is word gehou in 2021. Elke gebeurtenis het sy eie formaat maar deel drie hoof doelstellings:

“CELEBRATE”:
Die wat kanker oorwin het word verwelkom en erken deur die opening van die “Relay” waar hulle ‘n Survivors-lap aflê. Kanker-oorlewendes is dikwels gassprekers by CANSA Relay For Life-geleenthede en deel hul stories van hoop en inspireer diegene wat hul reis met kanker begin en verdien erkenning en respek uit hul gemeenskap.

“REMEMBER”:
Die Luminaria seremonie is die hoogtepunt van die aflos en word gewy aan diegene wat hul stryd teen kanker verloor het, ter ere van diegene wat gewen het en diegene wat steeds die siekte veg.
Persoonlik versierde Luminaria-sakke word om die baan uitgesit ter herinnering aan, of as ‘n toewyding aan ‘n baie spesiale vegter wat die stryd verloor het of ter ere van ‘n moedige kankeroorwinnaar wat nog veg of die stryd teen kanker gewen het.

“FIGHT BACK”:
Individue ontmoet nuwe vriende en maak nuwe herinneringe deur stories te deel. Hulle leer ook oor die gesondheidsbewustheid, voorspraak, kankerondersoek plus sorg- en ondersteuningsprogramme wat CANSA bied aan diegene wat deur kanker geraak word, en onderneem ‘n belofte om die bewusmaking te bevorder.

Dankie aan Cecilia Schreuder en Elmareth le Roux vir al die reëlings sowel as al die vrywilligers wat uitgehelp het.

Besoek gerus https://relayforlife.org.za/ vir inligting hoe jy persoonlik betrokke kan raak