Op die 11de Augustus 2018, het Tafelronde Douglas 224 hul eie weergawe van die Bull Run gehou in’n pan naby die dorp. Die pan is omgeveer 170 ha groot en was die idiale plek gewees vir ‘n dag van “Oval Track”, Quarter Mile en Rally ry. Die projek was ‘n vinnige projek gewees met die sin van dat ons twee weke gehad het om te adverteer en om die dag aan mekaar te slaan. Met die hulp van ons Bull Run deelnemers (Danie Fourie en Michael Jacobs), kon ons vinnig die baan aan mekaar slaan en ‘n plesierige dag vir die deelnemers aanbied. Soos gewoonlik het ons ‘n mobiele kroeg gehad wat ons staatmaker kroeg manne (Chappo Cilliers en Jacques Engelbrecht) beman het en die dors van toeskouers kon les.

Die dag was ‘n reuse sukses en baie van die deelnemers het aanmerkings gemaak dat hierdie dalk een van ons grootste projekte sal word in die toekoms. Ons het net so onder die R18,000 wins getoon vir die dag, wat glad nie sleg was vir ‘n projek wat ons min gekos het om te loots, asook ons eerste probeer slag. Ons hoop en vertrou dat volgende jaar groter en meer vol pret sal wees. Aan al ons borge; Dankie vir u lojale ondersteuning- Sonder julle sou die dag nie ‘n sukses gewees het nie. Ook ‘n groot dankie aan ons “Friends of Table” vir hulle harde werk as Marshals en tydhouers en kamera manne!

Ysters Duisend!