Woensdag aand, 12 September 2018, het ‘n paar van die Tafelaars van Douglas deelgeneem aan die jaarlikse Douglas Dorp mini krieket toernooi. Hierdie dien as ons sosiale byeenkoms, asook om raak gesien te word deur die gemeenskap van Douglas se jonger mense en dan so ook bietjie Tafelronde te promoveer. Hierdie jaar het ons ‘n gemengde span gehad, met twee Tafel “Legs” en twee gaste wat moontlik by ons wil aansluit en natuurlik ons talentvolle Tafel lede. Die eerste wedstryd was redelik taai gewees, omdat ons die laasjaar toernooi wenners moes speel. Ons het staanvastige boulers gehad en die kolf het gesing soos die sesse gereen het. Franco, Chappo, Danie (DIP), James en Jacques het ons naam hoog gehou met die kolfwerk en Hilton en Andreaco het uitstekende boulwerk gedoen. Ons was die “Underdogs” gewees in die eerste wedstryd en met ons rug teen die muur, het ons geveg tot die laaste bal. Ons klop toe so, die Titel Houers!!! Heel verbaas het ons deurgedring na die volgende rondte toe. Dis toe dat die “Onnies” van Douglas Skool toe vir ons letterlik pakslae gegee het. Ons kolfwerk was uitstekend, maar ongelukkig werk mini krieket se reels op ‘n persentasie basis en ons het te veel paaltjies verloor deur die loop van die wedstryd. So verloor ons die tweede wedstryd en speel toe ons laaste een vir die aand. Die “Rooi vlamme” het ons leterlik gebrand met die hoeveelheid paaltjies wat hulle geneem het; weereens het ons lopies mooi gelyk, maar kon net nie aan ons paaltjies houvas nie. So het ons hee uitgeval in die uitspeel rondte, maar ons het dit baie geniet en die geseligheid geniet rondom die vure. Dankie manne vir ‘n lekker aand van pret en kameraadskap…… My lyf kan voel dat ek nie meer 21 is nie!!!! Sien uit na volgende jaar!!!
Tot volgende keer.