Douglas 224 se Voorsitter, Andreaco le Grange en sy pragtige vroutjie, Helga de Jager, het twee weke terug, ons Winter Knights klere deur geneem Bloemfontein toe, na die Volle Evangelie Kerk Kinderhuis en na Athalia Uitreik versorgsentrum. Tannie Marie Jacobs (Ou Douglasiet)het die klere namens ons afgelewer. Baie dankie aan almal wat deel was van ons Winter Knights projek.