George Jacobs saam met die Knepscheld gesin
George Jacobs (Voorsitter: Douglas 224- 2015, 2016) se rolstoel het deur die loop van die jaar ingegee en Douglas 224 het toe besluit om ‘n projek te loots om geld in te samel vir ‘n nuwe stoel vir hulle Voorsitter.
Die uitdaging was om ‘n rolstoel aan te skaf wat spesiaal gemaak is vir George en om sy ma te help, met die daaglikse sorg van George.
Die projek is voortgesit en ‘n getekende Griekwa rugby trui is uitgeloot om geld in te samel teen R50/kaartjie. Die projek het vinnig vlam gevat en binne die kwessie van twee maande het ons genoeg fondse in gesamel om vir George nuwe kussings vir sy stoel, ‘n nuwe bed, rolstoel en nog vele meer mediese hulp middels aan te skaf.
‘n Groot totaal van R 114,250-00 is ingesamel tydens hierdie projek. Ons as Douglas 224 wil net vir almal bedank wat ons ondersteun het. Ons waardeer dit opreg.
George in sy Nuwe Stoel en nuwe bed!!! George saam met een van Douglas 224 se vriende, Pieter Louw
Tydens ons laaste vergadering van die jaar, het ons Inkomende Area Voorsitter, Tjop de Vries, die trekking gedoen vir die Griekwa trui. Barberton Tafelronde 67 het die loot gewen en Hilton Megaw het die Trui op ARTSA 2016 te Margate, persoonlik oorhandig aan Andrew Lea (Inkomende Visie- President, asook ‘n lid van Barberton 67)
Hilton oorhandig die Griekwa rugby trui aan Andrew Lea (Barberton 67)
Baie geluk Barberton 67 en dankie vir die ondersteuning.
Die Trui Die aand van die trekking
George en Franco by die Septemeber Area Konferensie te Douglas
George le sy Voorsitters verslag voor op Douglas 224
se AJV 2016