Douglas Round Table 224 het hul jaarlikse 4×4 dag gehou op Saterdag die 27de Julie op Stratford net buite Douglas. Soos die son sak Vrydagaand begin die tafelaars en hul families stuk stuk by die baan bymekaarkom vir die laaste beplanning langs die braaivleis vure waar die samesyn hoog loop. Bang dat die onlangse Duoglas area konferensie homself herhaal word daar dan ook besluit dat daar oorgeslaap word om te verseker dat sommige van ons lede nie kan laat wees nie. Adopt, Adapt, Improve soos die slagspreek loop.

Saterdag oggend begin die inskrywings opdaag en word die mobiele kroeg in n stof/sports bar omskep soos daar saamgedrom word om al wat lyk of dit moontlik kan stream om te kyk hoe Herschel Jantjies die All Blacks tem. So is die pas vir die dag gestel en vertrek die die konvooi op n hoë noot vir n dag op die baan wat op die einde gesorg het vir ewe veel vermaak.

Al was die formaat hierdie jaar meer gefokus op pret as kompetisie het dit nie die drywers gekeer om n paar “vriendelike uitdagings” te maak nie. Die manne wat wel die duine kon uitklim is bederf met n wonderlike uitsig oor die Douglas vlaktes vol V8 cruisers wat dit nie kon maak nie. Tussendeur word daar n paar Douglas tafelaars soos oudergewoonte baie vriendelik verwelkom tot die Buffalo bende. Jy kan hulle van vêr af uitken deur die glimlae op hulle gesigte en borste wat swel van trots en moontlik infeksie.

Die dag sluit af met n prysuitdeling waar ons eie Michael Jacobs wegstap met die eerste prys. As hy kon wegry met hom sou hy maar mens moet seker maar weet wanneer om op te gee.

Baie dankie vir al die ondersteuning. Dit was weereens n dag vir die boeke en ons sien uit om julle te sien op ons volgende projek.

Tot dan toe, tafel-groete

Douglas 224