Op Saterdag 28 Augustus hou Douglas 224 ‘n Amazing Race ten bate van Outreach kleuterskool.

Familie-spanne met kleiner kinders spring 10am weg vanaf Douglas Hotel. Die res van die spanne, wat insluit ouer-kinders, volwassenes en besighede vertrek op hul beurt 3pm ook vanaf die hotel. Spanne spring in hul voertuie en neem deel aan speletjies, aktiwiteite en kompetisies regoor die dorp. Daar is altesaam 10 stasies, elk met ‘n ander kompetisie. Die algehele wenner van die dag is nie noodwendig die span wat eerste klaarmaak nie. Daar is pryse vir elke aktiwiteit sowel as algemene pryse vir gees en besondere prestasie soos besluit deur die beoordelaars.

Na afloop van die kompetisie kom al die spanne bymekaar by Douglas 4×4 klub se baan vir die prysuitdeling en ‘n kuier waar hul geesdriftig stories en “tricks” uitruil van die dag se aktiwiteite. Al het die frats koue front sy bes probeer het dit nie ‘n demper op ‘n suksesvolle dag gesit nie. Die dag is gereël met die hulp, en ten bate van Outreach kleuterskool in Breipaal Douglas. Hulle is ‘n geregistreerde NPO en die enigste formele kleuterskool in die nabye gemeenskap. Outreach ontvang geen toelae vanaf die staat nie en is sedert 2013 eksklusief finansieël onderhou deur ‘n plaaslike kerk. Die kerk kan ongelukkig nie meer die verpligtinge nakom nie wat beteken dat sonder borge of bystand hulle nie langer hul deure kan oophou nie. Hulle het dus Douglas Tafelrondte genader met die idee en saam het ons dit ‘n werklikheid gemaak.

Daar is groot, voortdurende nood by die skooltjie en daarom sien ons uit om nog projekte saam met hul te doen. Indien jy in ‘n posisie is om ‘n bydrae te maak kan jy vir Colleen kontak by 087 187 7335. Besoek gerus ook hul Facebook blad by https://www.facebook.com/DouglasOutreach en sien vir jouself watter waardevolle rol wat hule in die gemeenskap volstaan.