Round Table Northern Cape
Public Events

RT 224 Skietdag

24/10/2020

All Day

Douglas Round Table 224 hou n skiet dag op 24 Oktober by Attie Scholtz se skietbaan op Vaallus net buite Douglas.

Daar is 2 afdelings:

Veldskiet:
– 5 Skote op 100m binne 2 minute
– 5 Skote op bok teiken op onbekende afstand (nie verder as 170m nie)
– 5 Skote op gong op onbekende afstand (nie verder as 250m nie)
– Bok teiken en gong skote moet direk na mekaar en binne 5 minute geskiet word.
– Geen “range finders” word toegelaat nie en teleskoop batterye sal verwyder word indien nodig.

Handwapens:
– 10 skote op verskeie teikens gemeet teen tyd.

Daar is slegs 50 plekke per afdeling beskikbaar so vroegtydige inskrywing is noodsaaklik. Inskrywings op die dag kan nie gewaarborg word nie.
Inskrywings beloop R200 vir eerste wapen en R150 vir enige addisionele wapen. As jy dus vir albei afdelings wil inskryf beloop die kostes R350. U is welkom om meer as een wapen in te skryf per afdeling. Elke inskrywing sluit n boereworsrol in sowel as n kaartjie vir die gelukkige trekking vir n HOWA 30-06 wat ons op die dag gaan weggee. Addisionele inskrywings vir die trekking beloop R100 en kan ook gekoop word sonder n skiet inskrywing. Inskrywings is telefonies so jy hoef nie die dag by te woon om die 30-06 te wen nie.

Baan beamptes sal u inskrywing sertifiseer sodat u dit kan gebruik vir toegewyde status.

Koeldranke en boereworsrolle sal te koop wees tydens die kompetisie. Daar sal geen drank te koop of toegelaat word op die skietbaan nie.
Na die kompetisie sal die prysuitdeling by Attie se rivierplek geskied waar daar vure en n kontant kroeg beskikbaar sal wees. Ons gaan ook die SuperRugby uitsaai so ons nooi u hartlik uit om iets te bring om saam met ons te braai en lekker te kuier.

Vir enige verdere inligting of vir inskrywings kontak vir Franco Geldenhuys op 071 401 2487

Map Unavailable


Adopt
Adapt
Improve