17 September  2019 , die vooraand van die Skema 2 Sea , die manne moet vroeg gaan slaap maar die senuwees knaag!

baie ure se beplanning en tyd het in die projek gegaan nie eers te praat van al die oefen nie.

dit was 2018 op een besigheids vergadering laat in die jaar waar William White en Ruan Pietersen hulle mal plan kom voor le het en sonder om twee keer te dink het Hartz 186 die projek ingestem.

dit was immers die maklike deel daar moes nou beplan word om geld in te samel vir die 3 dapper manne waar oor die projek gaan.

NL. Christiaan Miljo wat tans op 4 jarige ouderdom met Russel -Silver sindroom sukkel, Bradley Augustin 33 wat weer moet leer loop na hy met n frats ongeluk ” TBI” (traumatic brain injury) op gedoen het, en laaste maar nie die minste nie , Klein Henry Smith 5 wat op n jong ouderdom varkgriep op gedoen het en nou serebraal gestrem is.

2019 het het ons begin om elke einde van die maand by Bean Restaurant te Waiter , elke ouer, ryer en of tabler het n beurt gekry, saam dit het ons n baie suksevolle Kokkedoor aand gehou, William wat deel was van die 2019 kokkedoor span op Kyknet en nog kokkedore insluitend die 2019 kokedoor wenner Wilhemina Garqao het vir ons hulle kook kuns kom wys.

18 September om 5h die oggend spring die vier manne weg , by die 1200km wat le en wag op Ruan , William Cobus en Heinie, Hartz186 ry saam so stuk stuk op die fiets of die wat voor uit gaan om relings te tref vir die volgende stop en groet, Dit is waar Roundt Table die projek sy eie gemaak het om die manne by te staan met verblyf en n ete op Douglas , Upington en Augrabies, ander dorpe was ons meer emosioneel van by stand en Gareth Mullin het altyd n koue bad en bier reg gehaad om die lywe af te koel. 8 dae se ry,  Cobus het sy hand op dag 1 gekraak maar hy ry nogsteeds Marnits van Hartz 186 ry al vir 8 dae voor die manne om die wind te breek minder as 30km n huur, iets wat min ander se geduld sal toelaat. maar op dag 8 sien hulle die see by Strandfontein , trane van blydskap vlooi gelukwense is hoog, die was beslis nie net van vat jou fiets en trap nie. Die hitte, winde en verskillende persoonlikhede moes oorbrug word en oorbrug het hulle!

Na elke borg en skenking het ons met die projek R150 000 ingesamel R50 000 oor ons mikpunt.

Ons as Hartz 186 kan net dankie se vir Skema 2 Sea om ons deel te maak van so waardige projek.Dankie aan ons mede Noord Kaap tafelaars  vir julle gasvryheid en julle barmhartige skenkings. dankie aan elke individu vir jou bydrae en commitment , want sonder almal se hulp kan ons nie so projek hou nie. Dankie aan God dat hy ons veilig terug gebring het!

your passion can inspire others to live theirs !!!