Douglas 224 het hul eerste, baie suksesvolle besigheids vergadering vir die jaar 2019, agter die rug en daar is weer ‘n paar goedjies wat die Voorsitter, Hilton Megaw weer laat herleef het.”Back to basics!!” was die Vergadering se tema en na ‘n baie lang ruk, het die “Stirrer Das” uiteindelik weer terug gekeur na Douglas 224 se Besigheids vergaderings. Die doel van hierdie das, is om oorgehandig te word aan die Rampokker lid van die vergadering. Sy straf is om die das op die volgende vergadering te dra, met baadjie en langbroek, terwyl die res van die lede in gemaklike uitrusting vergaderings bywoon. Reëls rondom die das;- Dit mag nooit gewas word nie. Hier oorhandig Chapo Cilliers die das aan JJ Albrightson.
Chapo Cilliers het ook die voorreg gehad om die nuut gevestigde “Sosiale beker” uit te deel en het toe gevoel dat hy sommer sal afskop met die eerste sosiale geleentheid by sy huis. Die beker is om lede beter te leer ken en kameraadskap te bevorder deur elke lid se huis te besoek. Die lid wat die beker ontvang het, het 21 dae om die sosiale byeenkoms te reël. Tot volgende keer. Arrie warrie maatjies!