In begin Februarie het Tafel 79 die inhuldigings dinee gehad van Mnr Johan Kuhn as die nuwe voorsitter vir 2023 met Mnr Conrad Gresse aan sy sy as ondervoorsitter.

Mnr Chris Voges is as tesourier aangewys, Mnr Willie Gresse as sekretaris. Mnr Louis Van Der Walt is as klubhuis bestuur en Mnr Harm Janse van Rensburg is as PRO/IRO aangewys.

Die aand is bygewoon deur talle 41’ers, vriende van tafel en mede lede. Mnr Olin Maree, 41er, is aangewys as lewenslange erelid van Tafel 79.

Die dinee se venue was uit die boonste rakke en The Waterfront Guesthouse het hulle taak goed gekwyt om dit weereens ‘n hoogtepunt op al die gaste se kalender te maak.

Baie dankie vir almal wat die aand bygewoon het, ons as Tafelronde waardeer altyd die liefde en ondersteuning.

Ons as Tafelronde 79 is besonders opgewonde vir die jaar wat kom. Ons weet ons span is reg en dat 2023 ‘n groot jaar in Tafelrond gaan wees!