Op 17 Januarie 2015 is Pieter-Paul en Ronelle De Vries, tydens ‘n formele dinee by Prieska Golfklub, ingehuldig as die nuwe voorsitterspaar vir 2015.

Tydens die dinee het Attie Naudé sy uittredende verslag vir 2014 gelewer.  Hy het melding gemaak van die Sunflower bandannas wat hulle as Roundtable, tesame met Prieska OK, verkoop het en die fondse vir Kanker navorsing kon skenk.  Die hoogtepunt van die verslag was dat Prieska Roundtable die jaar, onderandere, ‘n aansienlike bedrag geld kon skenk vir mense wie dit baie nodig gehad het en vir wie die toekoms nie so rooskleurig was nie.

Hy het ook die klub se dames bedank dat hulle hul mans bygestaan het om die fondse in te samel om die skenkings moontlik te kon maak.

Die res van die bestuur is ook bekend gemaak nl, Onder voorsitter – Ferdi Krapohl, Sekretaris – Egbert Janse van Rensburg, Tessourier en IRO/PRO – Attie Naudé, Klubhuis – Christiaan Visagie.

Prieska Roundtable bedank die gemeenskap van Prieska wat hulle projekte die afgelope jaar so goedhartig ondersteun het.  Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het om so ‘n groot verskil in mense se lewens te kon maak nie.