Op 7 Julie 2018 het Prieska se manne, vroue en kinders bietjie gaan kuier op die jeugkamp met 30 kinderhuis kinders. Hierdie kinders het vakansie tye nie huise om na te gaan nie en kom Desember en Junie vakansies Prieska jeugkamp toe, waar Mnr. Ottie Naudé en sy vrou hulle bietjie bederf. 161 het in Desember 2017 betrokke geraak en weer nou in Junie 2018. Die Prieska kinders het nuwe maatjies gemaak en heel Saterdag om gespeel, terwyl die ouers vir almal gebraai het en geskenk pakkies uitgedeel het. ‘n Besonderse en lewens veranderende ervaring vir almal, dis verseker.