’n Verdere behoefte van MISPA kinderhuis is kos en mediese hulp.
Huidiglik rek hulle maar die vleis en kom hulle met +-1Kg vleis/mince per dag oor die weg.
Ons het dit goed gedink om die behoefte ook aan te spreek.
Augrabies 273 het ook vir hulle toe R5000 se koopbewys gereel by Keimoes Apteek,
’n R7500 se koopbewys by Upington Cash & Carry en TOE???
Toe het ons 250Kg mince en 70Kg bene daar afgelaai.
Hulle was behoorlik sprakeloos aangesien die in bykans ’n jaar se behoefte sal voorsien.