National Airways corporation het by Prieska aangekom met hulle 10de jaarlikse wegvlug op 29 April. Prieska 161 se vrouens het hulle onthaal met ‘n skemerkelkie op die oewer van ‘n vol Oranje rivier en dit het die tafel gedek vir wat die aand ons asems sou wegslaan. Die aand is afgeskop met ‘n lekker spitbraai en afval pot en die voorsitter van 161, Christo de Witt, het die geleentheid gebruik om Winterknights en Child Witness foundation se videos vir die 49 gaste te wys. Almal se harte en beursies het oopgegaan vir hierdie waardige projekte en R105000 is op die aand ingesamel. Baie dankie aan NAC en Prieska 161 vir julle bereidwilligheid en liefde.