Hartz

Hartz186 Winterknights 2018

Article submitted by Jacques Twigge on June 18, 2018

This article was visited 0 times

Hartz186 het die 15de Junie 2018 hulle Winter Knights projek geloods. Die manne het vure oorkant die klein kerkie in Hartswater aangesteel en ‘n heerlike glasie wyn vir die besoekers aangebied. Die manne en hul vrouens het baie lekker saam die gemeenskap onder die straat lig gekuier en gebraai.

Harts186 wil vir Vryburg72 en Prieska161 baie dankie se vir hul besoek en lekker saam kuier. Dit was ‘n voorreeg.

Laastens en seker die belangrikste wil Hartz186 die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning. Die klere, blikkies kos en kontant gaan baie minderbevoorregtes se harte bly maak.

Hartz186 besoek Prieska161

Article submitted by Jacques Twigge on June 18, 2018

This article was visited 1 times

Die Hartz186 Manne en Dames was die naweek van die 8 en 9 Junie in Prieska om die Area konferensie by te woon. Eerstens wil Hartz186 vir Prieska161 baie dankie sê vir ‘n heerlike en baie goed georganiseerde byeenkoms.

Op die Area het Mr. die stoel die voorreg gehaad om 2 nuwe lede by tafel in te huldig. Hartz186 kan met trots Jacques Twigge en Jaco Steenkamp by tafel verwelkom.

Op die area was Hartz186 bevooreg om die bywoonings beker te wen. Dankie aan al Hartz186 se tafelaar, pipelyners en 41ers wat bygewoon het. Hartz186 het ook die houtlepel gewen. Galla het die hou names Mike gevat, maar Mr. die stoel het het gesê met die volgende area sa Mike sy hou vat.

Projek van die jaar

Article submitted by Jacques Twigge on June 5, 2018

This article was visited 3 times

Hartz186 se manne het Januarie 2018 7 vragte voer geneem na namakwa land in samewerking met Burre Burger Droogte Hulp. Die projek het ‘n totale bedrag van meer as ‘n Miljoen Rand beloop. Vir die projek het Hartz186 die Nationale projek van die jaar gewen. Hartz186 wil baie dankie sê vir al die boere en gemeenskap wat hul harte en beursies oopgemaak het. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Heerlike Social

Article submitted by Jacques Twigge on March 12, 2018

This article was visited 2 times

Die tradisie gaan voort. Hartz186 het 10 Maart 2018 ‘n baie lekker social gehaad by Jan Doof se huis. Die manne en vroue het lekker gekuier en gebraai. Mike het die beker gewen vir die volgende social.

Skenking aan Obakeng Daycare Centre

Article submitted by Jacques Twigge on August 31, 2016

This article was visited 16 times

Hartz 186 doen weer hul gemeenskaplike plig om ‘n skenking aan Obakeng daycare centre te doen. Die skenking behels nuwe komberse en blikkieskos wat gedurende Winterknights ingesamel is.

Baie dankie aan ons tafel vrouens wat met die idee vorendag gekom het.

Copyright © 2018. Round Table Northern Cape. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by ATELJEE.