Prieska

Area voorsitter Willie besoek Prieska

Article submitted by Tjop de Vries on August 2, 2018

This article was visited 3 times

Mnr. Willie Gresse het ons besoek met ons Augustus besigheids vergadering. Soos gewoonlik was hy voorbereid met komplimente en positiewe kritiek. Hy het terugvoer gegee oor wat op ASCO aangaan en ons het lekker besigheid gepraat. Na sy spreekbeurt het ons sersant, JB Naudè, hom net herriner dat hy in ons vergadering nie oorgeslaan sal word nie. Baie dankie vir die vinnige kuier Mnr. Die Noord-Kaaplandse gebieds voorsitter! Sterkte vir die res van jou termyn. Jy is voorwaar vir ons ‘n voorbeeld en ons waardeer jou insette om Prieska 161 vorentoe te vat.

Bob Cilliers beweeg aan

Article submitted by Tjop de Vries on July 24, 2018

This article was visited 5 times

Een van Prieska se stigterslede, Bob Cilliers, is verlede week in die teenwoordigheid van sy familie, rustig in die hospitaal op Prieska oorlede op 79 jarige ouderdom. Bob was met sy roudiens beskryf as ‘n wyse, geduldige, wydbelese man met respek vir ander, die natuur en sy God. Deur die jare was oom Bob baie betrokke as 41’er en het menigte huldigings dinees bygewoon in my tyd in tafel.  Een van sy drie seuns, AB Cilliers, ook ‘n aktiewe 41’er, het ‘n pragtige en hartroerende huldeblyk aan sy pa voorgehou tydens die roudiens. Oom Bob het diep spore in Prieska se landbousektor en sy gemeenskap getrap en sy nagedagtenis sal verewig staan in Prieska en Prieska 161 se geskiedenis. read more

Ontmoet vir Dave Walker

Article submitted by Tjop de Vries on July 19, 2018

This article was visited 3 times

Op ‘n onlangse gesins vakansie in Rhodes, sit daar ‘n groot gryse in die hoek van die klein kroegie. In die kroeg is baie tafel memorobalia. Ek stap oor na die man en stel myself voor, Tjop de Vries, Prieska 161, hy antwoord: Dave Walker, Ficksburg 98, 41’er.  In ‘n oogwink is ek tuis in my nuwe vriend se kroeg. Lekker tyd gehad in Walkerbouts, dankie Dave!

Roodepoort 162i raid Prieska 161

Article submitted by Tjop de Vries on July 19, 2018

This article was visited 0 times

Rochè en sy vrou Sybil van ons buurnommer tafel, 162, woon jaarliks hulle familiejag by in Loeriesfontein.  Prieska is die bevoorregte oorslaap opsie en vanjaar was die tweede jaar in ‘n ry wat Rochè by ons kuier oppad na sy jag. Op die foto v.l.n.r is Attie, Sybil, Dan, Rochè, Jaco, Egbert, Hechter en Ferdie tydens die afterparty in die Golfklub. Lekker jag en veilig reis deur ons mooi Noord-Kaap. Ons sien julle volgende jaar weer in Prieska.

Kinderhuis kuier

Article submitted by Tjop de Vries on July 19, 2018

This article was visited 1 times

Op 7 Julie 2018 het Prieska se manne, vroue en kinders bietjie gaan kuier op die jeugkamp met 30 kinderhuis kinders. Hierdie kinders het vakansie tye nie huise om na te gaan nie en kom Desember en Junie vakansies Prieska jeugkamp toe, waar Mnr. Ottie Naudé en sy vrou hulle bietjie bederf.  161 het in Desember 2017 betrokke geraak en weer nou in Junie 2018.  Die Prieska kinders het nuwe maatjies gemaak en heel Saterdag om gespeel, terwyl die ouers vir almal gebraai het en geskenk pakkies uitgedeel het. ‘n Besonderse en lewens veranderende ervaring vir almal, dis verseker.

Copyright © 2018. Round Table Northern Cape. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by ATELJEE.