Saterdag 8 Februarie 2020 was dit Prieska 161 se algemene jaar vergadering gehou in 161 se klubhuis. Dit was weereens ‘n baie goeie jaar vir Prieska 161. Ons het 7 projekte vir die jaar gehad en die ondersteuning van die gemeenskap was baie goed. Prieska 161 het gedurende die jaar meer as R100 000 geskenk aan behoeftiges regoor die land. Die nuwe bestuur vir 2020/2021 is ook aangekondig op die vergadering. Jaco Burger is ingelyf as voorsitter van Prieska 161, onder voorsitter is Hechter Sandenbergh, Adriaan Wessels is die nuwe sekretaris want na 10jaar is Egbert van Rensburg nou moeg vir dit. Attie Naude is in beheer van finansies, Wimpie Grobler sal die IRO/PRO dienste oorvat en Kerneels Greyling is in beheer van ons klubhuis en Fourie “Dan” Kraphol is die social convenor. Ons sien uit vir die jaar wat voorle saam met hierdie groep.
Saterdagaand was die “Induction Dinner” gehou in GWK se raadsaal. Almal was mooi toegedraai veral die dames van Prieska 161. Die aand se verrigtinge het begin en Attie Naude was die seremonie meester. Na afloop van die toesprake was dit tyd om Prieska se nuwe voorsitter formeel intehuldig en Jaco van Zyl het die gong oorhandig aan Jaco Burger. Jaco het sy bestuur aangekondig en ook sy planne vir die jaar wat voorlê. Baie sterkte Jaco en Yolandie, die hele span van Prieska 161 staan agter jou. Die volgende punt was nogal ‘n hartseer storie, Prieska 161 staan hierdie jaar 2 lede af aan die ouetehuis, Tjop de Vries en Jaco van Zyl het hulle verval datum bereik en is nou volwaardige 41’ers. Tjop en Jaco, dankie vir alles wat julle vir Tafel beteken het oor die jare. Prieska 161 gaan julle mis. Ons moes ook vir Christo de Witt en sy gesin groet, Christo het ‘n werk aanvaar in Limpopo en hulle verhuis einde Februarie. Christo die tyd wat jy by Prieska 161 was het jy berge versit, nie net was jy ‘n uistekende tafelaar nie maar nog ‘n beter vriend vir ons almal. Alle sterkte vir julle. Die aand se verrigtinge was verby en daar was gekuier tot laat.