Vrydag 11 Oktober 2019 het Prieska 161 weer ons jaarlikse rolbal “toernooi” aangebied. Spanne word genooi vir die aand in besigheids verband. Dit gaan glad nie oor wen en verloor nie en ook nie eintlik oor hoeveel Prieska 161 kan maak op die aand nie, die doel is om die dorp se besighede bymekaar te kan bring en net lekker ta kan kuier en spanbou doen.
Altesaam 14 spanne was ingeskryf en elke span het 3 wedstryde van 5 koppe gespeel met ‘n kort breek tussen elke wedstryd. Die aand het vlot verloop en Prieska Rolbal klub het die deelnemers lekker bederf met verversings by die kroeg. Prieska 161 het ook gesorg vir iets om te eet. Na die laaste bal gerol was kon die beoordelaars begin met hulle taak om die wenners te bepaal. Die kompetisie was straf en van die spanne het baie goeie rolbal gespeel. Soos reeds vroeër genoem was het dit glad nie gegaan oor wen of verloor nie maar daar was baie pryse op die spel en alles was geborg deur Prieska 161, die gevoel was net om iets terug te gee vir almal wat ons ondersteun.
Die wenners vir die aand was Mahoebê Eiendomme, hulle span se lede was Henry Coetzee, Chrisna Coetzee, Irene Coetzee en Anell van Staden. Die wenspan kon 1ste ‘n prys kies en hulle het weg gestap met pryse ter waarde van R1000. Na die prysuitdeling was daar ‘n klein veiling ook gehou en Prieska 161 kon darm iets bank na die aand. Na afloop van die formaliteite is daar lekker steak gebraai en tot laat gekuier. Round Table Prieska 161 wil net elke persoon wat deel was van hierdie aand bedank, sonder julle sal ons dit nie reg kry om ander te help nie. Volgende jaar maak ons beslis weer so.