Rochè en sy vrou Sybil van ons buurnommer tafel, 162, woon jaarliks hulle familiejag by in Loeriesfontein. Prieska is die bevoorregte oorslaap opsie en vanjaar was die tweede jaar in ‘n ry wat Rochè by ons kuier oppad na sy jag. Op die foto v.l.n.r is Attie, Sybil, Dan, Rochè, Jaco, Egbert, Hechter en Ferdie tydens die afterparty in die Golfklub. Lekker jag en veilig reis deur ons mooi Noord-Kaap. Ons sien julle volgende jaar weer in Prieska.