Nuwe Klubhuis: ou reels!!!!!!


Op die 23ste Julie 2018, het ons Voorsitter, mnr Andreaco le Grange besluit om ons maandelikse vergadering in ons nuwe (Nie klaar) klubhuis te hou. Die vergadering het goed afgeloop en die gevoel van “Tuiste” het sowaar sy kop uitgesteek en vir die eerste keer sedert ons heropening, kon ons in ons eie plek vergadering hou. Die Searge; (Hilton Megaw) het die aand afgesluit met ‘n paar warm versnaperings en verversings, weens weersomstandighede.

Hier wens die Searge ons Voorsitter baie geluk met ‘n uitstekende vergadering.

Ons hoop om binnekort die klubhuis klaar te maak, sodat ons Tafel vriende dit saam met ons kan kom geniet.Watch this space!!!!!!!