Round Table Northern Cape

UPINGTON 41ERS BEDERF TAFEL 79 MET N NUWE BRAAI AREA!

Upington 79 Tafelronde 41’ers gradeer Klubhuis op!

 

Upington 79 Tafelaars in gelukkig en bevooreg om met `n baie sterk groep 41ers te sit wat nooit bang is om raad te gee, of te help om `n verskil te maak nie. Al het almal reeds `n groot verskil gemaak gedurende hul Tafel loopbaan.

Hierdie spesiale groep manne het gedurende 2020 weerheens bewys hoe belangrik Tafelronde en sy doen en late steeds vir hulle is deur `n baie mooi gebaar.

Op hul eie koste het hul `n splinternuwe braai area, sowel as `n agterdeur met `n veiligheidshek gebou vir Tafelronde 79 se klubhuis.

Ter erkenning van hierdie mooi gebaar rig Upington 79 se huidige Tafelaars graag hierdie plaatjie ter herkenning op van hul onselfsugtige gebaar teenoor ons organisasie.

Mag dit `n voorbeeld wees vir huidige Tafelaars dat jy steeds `n groot verskil in jou “ou” Tafel kan maak, al is jy `n 41er.

Upington Tafelronde se huidige Tafelaars bedank graag die 41ers van Upington 79 vir hierdie lekker nuwe aanvulling tot ons klubhuis, wat ons huidige braai area opsies opskuif na drie in die Klubhuis. Een vir elke Upington seisoen. Baie Warm, Warm, en baie koud.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve