Round Table Northern Cape

UPINGTON 79 NAG GOLF 2018 – VRYDAG 5 OKTOBER!

Upington Tafelronde 79 se immergewilde Nag Golf kompetisie is terug hierdie jaar nadat dit laasjaar `n baie groot sukses was. Ons nooi graag weer Tafelaars van reg oor die land, en veral die Noord Kaap, sowel as hul vriende en familie uit om te deel in hierdie aand van baie golf, baie lag, en baie geld insamel.

Upington Tafelronde 79 kon laasjaar n mooi bedrag skenk aan Upington Golf Klub, sowel as behoewende lede van ons gemeenskap. Maak seker jy skryf betyds jou 4 bal in aangesien spasie bitter vinnig uitverkoop vir hierdie een maal per jaar golf geleentheid.

Soos gewoonlik maak borge so geleentheid `n werklikheid. Met slegs `n beperkte hoeveelheid borg bowwe en spasie beskikbaar word besighede aangemoedig om vinnig hul plek te verseker vir hierdie spog geleentheid.

Die Upington Tafelronde 79 Nag Golf Kompetisie vind hier jaar plaas op Vrydag, 5 Oktober.

Om jou borgskap of inskrywing te verseker en vir verdure inligting kontak die Nag Golf sameroepers by die volgende nommers.

Chris Voges – 083 771 8959

Conrad Gresse – 081 339 7644

Louis van der Walt – 072 686 4941

Ons sien uit om jul te sien by Nag Golf 2018 – met beter pryse, beter balle, beter beligting en selfs beter vermaak!

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve