Round Table Northern Cape

UPINGTON 79 NAG GOLF `N REUSE SUKSES

Upington Tafelronde 79 het op Vrydag 5 Oktober weer Nag Golf aangebied by die Upington Golf Baan. Hierdie is die tweede jaar in `n ry wat die projek aangepak word en ons weerheens `n lekker vol veld, met baie spelers van vorige jare wat vinnig weer in was en uitgesien het na `n lekker aand van golf, kuier, en vriende raakloop. Daar kon nie vir `n beter aand gevra word nie, en in perfekte weers omstandighede het die spelers om kwart voor 8 afgeslaan. Met `n veels beter “glow in the dark” bal, sowel as baie meer ligte op die bowwe en penne was daar uitsonderlike golf gespeel deur baie van die 4balle. Rondom 11 uur was almal uiteindelik in die Klubhuis na daar gewonder is of party dalk verdwaal het op ons golfbaan. Daar was verskriklik baie pryse en lucky draws en omtrent almal het weggestap met iets. Upington Tafelronde bedank graag vir Ocean Basket Kalahari Mall, Hi-Q Upington, Desert Wolf Spur, Upington Industrieel, Upington Volkswagen, Upington Slaghuis, MTN Kalahari Mall, Tops Spar Kalahari Mall en alle ander borge wat gehelp het om `n uitstekende Nag Golf ondervinding vir almal moontlik te maak. Spesiale dank aan Upington Golfklub vir hul bereidwilligheid om ons te akkomodeer sowel as hul harde werk agter die kroeg. Dan ook baie dankie vir die Tafelaars vanaf Augrabies en Prieska wat baie moeite gedoen het om die nag by te woon. Ons kan met trots se dat hierdie jaar se Nag Golf `n groot sukses was en dat alle spelers se bydraes hoog op prys gestel word en `n groot verskil sal maak in ons plaaslike gemeenskap. Sien julle volgende jaar vir Nag Golf 2019!

Jaco van Zyl, al die pad van Prieska, baie ingenome met sy 1ste dryf.

Tjop de Vries het al die pad van Prieska gekom om uit te vind dat hy eintlik maar weer sy golf ernstig moet opneem en moontlik steeds proffesioneel kan gaan.

Hechter sien dat Golf in die aand moeiliker is as golf in die dag.

Jaco van Zyl misgis die bofmerkers met nagklub liggies.

Upington 41er, Ockie Thomas en mede deelnemer Tiaan Borman wag in spanning dat bondels hout 22,23 en 24 vlamvat.

Nag Golf in Volle Swang.

Niemand kon vra vir `n mooier aand nie.

Prysuitdeling aan die gang

Inhuldiging van nuwe voorsitter

Op 17 Januarie 2015 is Pieter-Paul en Ronelle De Vries, tydens ‘n formele dinee by Prieska Golfklub, ingehuldig as die nuwe voorsitterspaar vir 2015.

Tydens die dinee het Attie Naudé sy uittredende verslag vir 2014 gelewer.  Hy het melding gemaak van die Sunflower bandannas wat hulle as Roundtable, tesame met Prieska OK, verkoop het en die fondse vir Kanker navorsing kon skenk.  Die hoogtepunt van die verslag was dat Prieska Roundtable die jaar, onderandere, ‘n aansienlike bedrag geld kon skenk vir mense wie dit baie nodig gehad het en vir wie die toekoms nie so rooskleurig was nie.

Hy het ook die klub se dames bedank dat hulle hul mans bygestaan het om die fondse in te samel om die skenkings moontlik te kon maak.

Die res van die bestuur is ook bekend gemaak nl, Onder voorsitter – Ferdi Krapohl, Sekretaris – Egbert Janse van Rensburg, Tessourier en IRO/PRO – Attie Naudé, Klubhuis – Christiaan Visagie.

Prieska Roundtable bedank die gemeenskap van Prieska wat hulle projekte die afgelope jaar so goedhartig ondersteun het.  Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het om so ‘n groot verskil in mense se lewens te kon maak nie.

Upcoming Events

Upcoming Events

Adopt
Adapt
Improve