Upington 79, het soos meeste ander Tafels ook `n huisreel wat seker maak dat Tafelaars elke maand mekaar sien en beter leer ken. Party Tafels het bekers, party het boekies, maar ons het n Fellowship Spoon.
In kort, moet die lepel een keer skuif tussen vergaderings vanaf een Tafelaar na n ander. Hierdie skuif kan slegs plaasvind deur middel van n braai of kuier aan huis van die tafelaar wat in besit is van die lepel. Dus dis nie n tafel social nie, maar eerder n geleentheid vir een tafelaar om n ander tafelaar en sy gesin beter te leer ken.
Sou so n oorhandiging nie plaasvind nie is daar maatreels in plek. Hierdie maatreels is van so n aard dat dit nooit toegepas hoef te word nie en die lepel maandeliks mooi sy skuif maak.
Op die foto ontvang Ruben Nel die lepel vanaf AJ Bloem.