Round Table Northern Cape

Upington 79 Gemsbok Rally Kroeg `n groot Sukses!

Op die naweek van 28 Augustus het Upington 79 vir die 2de jaar die kroeg beman by die Gemsbok Rally. Donderdag is daar kroeg gebou, yskaste gepak en reggemaak vir die groot naweek en baie harde werk wat voorle. Donderdag aand het n paar plaaslike bikers ons reeds kom ondersteun en die “dry run” het ons voorbery vir wat `n baie rowwe naweek sou wees.

Vrydag het dinge so van namiddag af begin spoed optel en teen 7 uur verander in `n stormloop wat eers om middernag rustiger sou raak. Rondom 2 uur is die kroeg gesluit en het `n klomp moeë Tafelaars `n welverdiende rus gaan vat. Saterdag more om 8 uur was ons weer aan die gang en het ons weer begin skink. Die partydjie het aangehou tot ver na middernag en daarna moes ons seker maak alles is weggepak en toegesluit. Teen 3 uur die more kon ons ook `n slag ontspan. En ons het so gemaak, daar is vuur aangesteek, `n staanrib gebraai, en lekker gekuier en nabetrag oor `n moeilike, maar baie suksesvolle naweek.

Upington 79 bedank graag twee van hul 41ers wat kom uithelp het toe dinge baie rof gegaan het en ons ekstra hande benodig het. Baie dankie Marius Orffer en Christo Liebenberg vir jul hulp. So ook het Douglas 224 se Voorsitter, Andreaco le Grange sowel as Michael Jacobs van Douglas 224 kom hand bysit, sowel as `n paar goeie vriende van Tafel. Dankie aan julle almal. Spesiale dank aan Marelise Voges en Maryke Gresse wat seker gemaak het ons plek bly skoon, chargers aangedra het, en gehelp het om al die kroeg manne gehidreer te hou.

Hierdie was `n massiewe projek waar baie fondse ingesamel is vir die Upington gemeenskap en ons sien uit na die volgende een!

 

 

 

Reg om te ontspan na `n laaang naweek van harde werk, VLNR – AJ Bloem, Louis van der Walt, Chris Voges, Andreaco le Grange, Conrad Gresse, Michael Jacobs, Willie Gresse.

Upington 79 Voorsitter Conrad Gresse & Douglas 224 Voorsitter Andreaco Le Grange hard aan die werk – Douglas kon nie n beter tyd kies vir n raid nie. Upington skuld julle definitief n ontspanne braai by ons klubhuis!

 

 

 

Baie dankie aan die Upington 79 Voorsitters en Vise Voorsitters vroue, Maryke Gresse en Marelise Voges vir jul harde werk en baie hulp!

 

Hard aan die werk!

n Oomblik van bietje stilte tydens die prysuitdeling!

 

Upington 79 en Rotariers maak groot skenking moontlik

Rotary en Round Table Upington 79 werk saam om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Met die hulp van die Round Table Upington 79, is genoeg fondse bymekaar gemaak om ‘n ‘hoist’ aan te koop vir Maritsa Visser. Maritsa (39 jaar oud) se vorm van gestremdheid het tot gevolg dat dit uiters moeilik vir haar ma, Engela Visser geword het, om haar van haar stoel na die bed, na die toilet of selfs die bad te beweeg. Engela het self ook rugprobleme ontwikkel weens ie jare se druk en stremming wat op haar rug geplaas is en sy kon fisies nie meer haar kind skuif en self optel nie. Sy het aangewese geraak op hulp om haar daaglikse versorging van Martisa effektief te doen. Die twee diensorganisasies het fondse bymekaar gesit om dit moontlik te maak vir Martisa se ma, om haar moeiteloos en maklik te beweeg, sonder om haar fisies self op te tel en te skuif. Op die foto van links na regs staan Conrad Gresse van Round Table 79, Engela Visser, Maritsa Visser en Len Fourie van Rotary Upington.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve