Saterdag aand, 13 Maart is Ruben Nel ingehuldig as die nuwe Voorsitter van Upington Tafelronde 79.
Hierdie spog geleentheid is gereel deur die inkomende Vise Voorsitter, Zach Grove en sy vrou, Adinie. Upington 79 bedank graag vir Zach en Adinie vir hul moeite om hierdie `n puik geleentheid uit die boonste rakke te maak.
42 Tafelaars, Gaste en 41ers het hierdie sopg induksie geleentheid bygewoon wat Mnr Ruben Nel verwelkom as die nuwe Voositter van Upington 79.
Die uitreende Voorsitter, AJ Bloem het hiermee die geleentheid gehad om die leisels oor te handig en ook sy bedankings en troffees uit te deel.
Baie geluk aan Louis van der Walt, Upington Tafelronde 79 se Tafellaar van die jaar, en Johan Kuhn, wenner van die bywonings troffee.
Ons sien uit na nog `n goeie Tafel 79 jaar onder leiding van Ruben Nel.
Uitgaande Voorsitter, AJ Bloem(links) en Intreende Voorsitter, Ruben Nel (Regs)
Dit bly lekker om deel van hierdie lekker span te wees!
DIE TRI AREA IN HARTSWATER WAS EEN GROOT SUKSES. Baie dankie aan Jan van Heerden wat hierdie “mini-artsa” gereel het. Ook dankie aan al die Hartswater Tafelaars vir hul harde werk, dit was voorwaar n naweek vir die boeke en ek is seker dat alle NOORD KAAP, STNOFS, en VRYSTAAT Tafelaars in hul hordes sal opdaag vir volgende jaar se TRI AREA in die STNOFS gebied.
Hier is so paar van die fotos wat mag publiseer word!
Upington 79 het die voorreg gehad om twee nuwe lede te verwelkom in hul midde. Beide Ruben Nel en Johan Kuhn is na n goeie tydperk as pipeliners ingehuldig in Hartswater as volwaardige Tafelaars. Die twee nuwe lede is bevooreg gewees om ingehuldig te word deur beide die Presisent, Sean Trautmann, sowel as die Vise President, Alan Malan.
Baie geluk aan Hottie en Ruben, ons sien uit om saam met julle te Tafel in Upington 79 en weet julle gaan nog diep spore trap in hierdie organisasie!
Welkom!
Op die naweek van 28 Augustus het Upington 79 vir die 2de jaar die kroeg beman by die Gemsbok Rally. Donderdag is daar kroeg gebou, yskaste gepak en reggemaak vir die groot naweek en baie harde werk wat voorle. Donderdag aand het n paar plaaslike bikers ons reeds kom ondersteun en die “dry run” het ons voorbery vir wat `n baie rowwe naweek sou wees.
Vrydag het dinge so van namiddag af begin spoed optel en teen 7 uur verander in `n stormloop wat eers om middernag rustiger sou raak. Rondom 2 uur is die kroeg gesluit en het `n klomp moeë Tafelaars `n welverdiende rus gaan vat. Saterdag more om 8 uur was ons weer aan die gang en het ons weer begin skink. Die partydjie het aangehou tot ver na middernag en daarna moes ons seker maak alles is weggepak en toegesluit. Teen 3 uur die more kon ons ook `n slag ontspan. En ons het so gemaak, daar is vuur aangesteek, `n staanrib gebraai, en lekker gekuier en nabetrag oor `n moeilike, maar baie suksesvolle naweek.
Upington 79 bedank graag twee van hul 41ers wat kom uithelp het toe dinge baie rof gegaan het en ons ekstra hande benodig het. Baie dankie Marius Orffer en Christo Liebenberg vir jul hulp. So ook het Douglas 224 se Voorsitter, Andreaco le Grange sowel as Michael Jacobs van Douglas 224 kom hand bysit, sowel as `n paar goeie vriende van Tafel. Dankie aan julle almal. Spesiale dank aan Marelise Voges en Maryke Gresse wat seker gemaak het ons plek bly skoon, chargers aangedra het, en gehelp het om al die kroeg manne gehidreer te hou.
Hierdie was `n massiewe projek waar baie fondse ingesamel is vir die Upington gemeenskap en ons sien uit na die volgende een!
Reg om te ontspan na `n laaang naweek van harde werk, VLNR – AJ Bloem, Louis van der Walt, Chris Voges, Andreaco le Grange, Conrad Gresse, Michael Jacobs, Willie Gresse.
Upington 79 Voorsitter Conrad Gresse & Douglas 224 Voorsitter Andreaco Le Grange hard aan die werk – Douglas kon nie n beter tyd kies vir n raid nie. Upington skuld julle definitief n ontspanne braai by ons klubhuis!
Baie dankie aan die Upington 79 Voorsitters en Vise Voorsitters vroue, Maryke Gresse en Marelise Voges vir jul harde werk en baie hulp!
Most Upington 79 Tablers started their ARTSA experience on Sunday 8 April. Most were home hosting ARTSA Convening Committee members or making sure that ARTSA 2018’s final arrangements are in place. After a long week, and a longer weekend, those who were still left standing treated the Incoming Exec and Council Members to a lekker Upington braai to make sure they end their week long ARTSA on a high note. Fun was had by all, thank you to the guys and girls from Upington 79 for a wonderful dinner and another fun night out. As many an Incoming Exec member, or ASSCO Member commented, this was by far the best, and in many cases only, proper meal many have had for days! Attached some photo’s.
Johan Steenkamp received some new kit for the little one.
Mr & Mrs Prez handing over yet another trophy. This time to Mr & Mrs Western Province.
The Upington 79 team that made sure everyone was well fed!