Round Table Northern Cape

UPINGTON 79 EN `N SPAN 41’ERS

Dit bly lekker om deel van hierdie lekker span te wees!

SIEN DIE WERELD MET UPINGTON 79 – SAFARI ETE 2018

Op Saterdag 20 Oktober was dit weer tyd vir Upington 79 se jaarlikse Safari ete. Hierdie sosiale byeenkoms is `n hoogtepunt op die Tafel Kalender en almal sien jaarliks uit na die lekker dag van baie kuier, baie eet, en baie lag.

Lande is getrek op die Oktober besigheids vergadering en elke Tafelaar het dus oorgenoeg tyd gehad om sy vrou in te lig van watter kos gemaak moet word, watter drankies gebrou moet word, en die hoeveelste stop hulle sou wees op hierdie uitstappie.

Daar is 2 uur by land nommer een gestop, Thailand, beman deur Conrad en Maryke Gresse, daar was redelik vasgehaak aan cocktails en `n paar tipiese Thai Noodle disse, die party was reeds op volle dreef en agter skedule toe ons aanbeweeg het in `n vrolike luim.

Stop nommer twee was in Indie by Meneer en Mevrou Voges. Warm kos en koue bier het die bedryf mooi aan die gang gehou.

Stop nommer drie was by Louis en Christa van der Walt, en Spanje was baie verwelkomend. Tog wel nie baie maklik nie.

Stop nommer 4 was by pipeliner Nils en die manne het Duitsland geniet met sy Eisbeins en bier.

Daarna na stop nommer 5, by die Nel-Kuhn egpaar in Mexico – daar was lekker Mexikaanse kos, maar so bietjie te veel Mexikaanse dans sap.

Na baie tequila’s beweeg die bus na Dave en Lynne in Cuba, waar ek geleer het Kubane rook sigare en drink basies Rum en Coke.

Die partykie en toer het tot `n einde gekom by AJ & Lene Bloem in Brazil – ongelukkig het ek hier al reeds my notas verloor.

Aangeheg is `n lekker klomp foto’s van een baie lekker Safari Ete.

Dit is net `n vooreg om die wereld te sien so saam met jou Tafel pelle!

UPINGTON 79 NAG GOLF `N REUSE SUKSES

Upington Tafelronde 79 het op Vrydag 5 Oktober weer Nag Golf aangebied by die Upington Golf Baan. Hierdie is die tweede jaar in `n ry wat die projek aangepak word en ons weerheens `n lekker vol veld, met baie spelers van vorige jare wat vinnig weer in was en uitgesien het na `n lekker aand van golf, kuier, en vriende raakloop. Daar kon nie vir `n beter aand gevra word nie, en in perfekte weers omstandighede het die spelers om kwart voor 8 afgeslaan. Met `n veels beter “glow in the dark” bal, sowel as baie meer ligte op die bowwe en penne was daar uitsonderlike golf gespeel deur baie van die 4balle. Rondom 11 uur was almal uiteindelik in die Klubhuis na daar gewonder is of party dalk verdwaal het op ons golfbaan. Daar was verskriklik baie pryse en lucky draws en omtrent almal het weggestap met iets. Upington Tafelronde bedank graag vir Ocean Basket Kalahari Mall, Hi-Q Upington, Desert Wolf Spur, Upington Industrieel, Upington Volkswagen, Upington Slaghuis, MTN Kalahari Mall, Tops Spar Kalahari Mall en alle ander borge wat gehelp het om `n uitstekende Nag Golf ondervinding vir almal moontlik te maak. Spesiale dank aan Upington Golfklub vir hul bereidwilligheid om ons te akkomodeer sowel as hul harde werk agter die kroeg. Dan ook baie dankie vir die Tafelaars vanaf Augrabies en Prieska wat baie moeite gedoen het om die nag by te woon. Ons kan met trots se dat hierdie jaar se Nag Golf `n groot sukses was en dat alle spelers se bydraes hoog op prys gestel word en `n groot verskil sal maak in ons plaaslike gemeenskap. Sien julle volgende jaar vir Nag Golf 2019!

Jaco van Zyl, al die pad van Prieska, baie ingenome met sy 1ste dryf.

Tjop de Vries het al die pad van Prieska gekom om uit te vind dat hy eintlik maar weer sy golf ernstig moet opneem en moontlik steeds proffesioneel kan gaan.

Hechter sien dat Golf in die aand moeiliker is as golf in die dag.

Jaco van Zyl misgis die bofmerkers met nagklub liggies.

Upington 41er, Ockie Thomas en mede deelnemer Tiaan Borman wag in spanning dat bondels hout 22,23 en 24 vlamvat.

Nag Golf in Volle Swang.

Niemand kon vra vir `n mooier aand nie.

Prysuitdeling aan die gang

Upington 79 Jagverslag

Upington 79 se jaarlikse jag was soos gewoonlik een vir die boeke. Met die Bike Rally kroeg net die volgende naweek was hierdie `n goeie geleentheid vir ontspan, rus, en vars terug by die huis kom. Daar is ongelukkig net ontspan, en nie so verskriklik baie gerus nie.

Willie Gresse, Adriaan Pearson, en Louis van der Walt het Vrydag more dou voor dag vertrek terwyl ander jagters nog eers `n bietjie werk wou insit. Adriaan het myself en Louis op die scenic route gevat en ons is net na ag Vrydag more 200km in die verkeerde rigting van waar ons eintlik moet jag, ook so 200km vanaf Upington. Na Olifantshoek is daar links gedraai in Vanzylsrus se rigting, via Tswalu. Tswalu se baie groot hekke en nog groter waarskuwings borde het ons meegedeel dat hier nie gebraai mag word nie. Die braai skuif to noodgedwonge na so 11 meter buite die hek. Koue verversings is geniet, `n mooi klompie skilpaadjies en `n lekker stuk wors – net so om `n lining te he vir die res van die naweek se aktiwiteite.

Van daar is ons voort op die grondpad en toe met die teer / grond grondpad verder in Vanzyls se rigting. By Vanzylsrus hotel is ons hartelik ontvang, en is spesiaal verwelkom met `n horing vol versnapperinge. As jy meer van die horing wil weet – gaan maak maar self vir die eerste keer `n draai by Vanzylsrus se hotel.

Intussen het ons verneem Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber is oppad vanaf Upington en behoort teen vier uur by Gemsbokkie te wees, reg vir ons, en reg vir jag. Ons het so gou gemaak as wat ons kon en was so rondom 6 daar om die span te groet. Gelukkig het hulle ook so bietjie vasgehaak by Goerapan oppad en het niemand te veel gewag nie, en was niemand te skuldig nie aangesien almal laat was.

Daar is Vrydag aand weggele aan chops en wors en lekker gekuier. Louis het soos tradisie die jaggeselskap wakker gesnork en gesorg dat almal nog `n paar night caps moes vat.

Saterdag se jag was uit die boeke, en selfs meer wild as laasjaar is geskiet.

`n Groot span 41ers het by ons aangesluit deur die middag, nadat hulle ook erens verdwaal het aangesien die 200km hulle ook amper 6 ure geneem het om te ry. Marius Orffer, Gog van der Colff, Hennie Becker, Ockie Thomas, Christo Liebenberg en Hannes Klue het ons op die duin agter ons kamp ontmoet vir `n lekker sundowner voor die aand se verrigtinge. Intussen het Hennie Becker & Conrad Gresse `n groot hoender probeer jag – onsuksesvol.

Saterdag aand is daar hof gehou, straf uitgedeel, en lekker gekuier tot in die vroeë oggendure. Soos met elke jag was daar wenners en verloorders. Marius Orffer het bevoorbeeld baie ver verloor teen Gog van der Colff.

Sondag is ons almal na `n laaste paar chops huistoe – reg vir ons groot projek, maar nie noodwendig uitgerus nie.

Upington 79 se jag was soos altyd `n sukses, en `n hoogtepunt op ons kalender sal dit verseker bly.

Willie Gresse

Upington 79 IRO / PRO

Louis en Attie sorg vir middagete op ons 400km dag tog.

 

Gog, Ockie, Marius, Christo en Hennie – vinnig oppad jag toe.

 

Willie, Louis en Adriaan in Vanzylsrus Hotel

 

Ockie Thomas en Christo Liebenberg vat `n breuk.

 

Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber dwaal van die pad af vir verversings.

 

Hennie Becker en Hannes Klue

 

 

 

 

Die berigte horing

Grootwildjagters Louis & Conrad

 

So wag almal dat die son sak

 

Die wag werd.

Upington 79 besoek Prieska 161 vir Winter Area Konferensie

Upington 79 het op Vrydag 8 Junie die pad aangedurf na Prieska 161 vir die Noord Kaap Winter Area Konferensie in Prieska. Alhoewel ons nie voltallig was nie, was ons oorgenoeg om te sorg dat dit net `n lekker naweek kon wees. Nie ver buite Upington nie is ons getref wat gelyk het soos `n Arrive Alive Campaign, maar al die tyd slegs Augrabies 273 se RV was. Noodgedwonge het ons afgetrek, en maar gehelp om die vuur aan die gang te hou. Op die menu was haas gebraai deur Augrabies, gevolg deur meer redelike kos soorte soos sosaties en wors vanaf Upington 79 se kant. Daar is ook natuurlik `n paar lemonades geniet om te keer vir dehedrasie.

Vrydag aand het Prieska vir ons `n heerlike kuier gereel, en die Noord Kaap Tafelaars het almal baie netjies gelyk in hul nuwe Area Truie. Daar is onder andere baie lekker biltong sop gedrink, en daar was ook baie van die Noord Kaap Area se bekende Brandewyn Pot geniet.

Saterdag oggend na ontbyt is die vergadering geopen. Met oud Prieska 41er, Bles as die sersant was dit `n uitstekende vergadering. Baie besluite is geneem, en die vergadering het baie ordelik, en baie positief plaasgevind. Daar was ook `n banner exchange en Prieska het vanaf Conrad Gresse, Upington 79 se voorsitter, `n netjiese Upington Banner ontvang vir hul klubhuis.

Die dames het almal hul dames toer baie geniet, maar ongelukkig was ek nie daar nie so ek kan nie verder rapporteer nie. Die terugvoering was ongelooflik en dit het baie lekkerder as `n vergadering geklink.

Saterdag aand se tema partykie was lekker kommin, en dit was ons omtrent. Prieska 161 het klere gestrooi en `n lekker atmosfeer geskep. Na 20 minute in die Bokke – Engeland wedstryd het ons amper die TV ook op die vloer gegooi om `n nog meer kommin atmosfeer te skep.

Gelukkig het die Bokke die ding mooi gedraai, en het ons spoed net so mooi opgetel soos hulle agterlyn sin. Na die Bokke se wen ordentlik gevier is was daar troffee’s uitgedeel. Upington 79 het met die PRO Troffee weggestap en nou skryf ons nog atikels soos hierdie om hom die heel jaar te probeer hou.

Sondag more het ons almal `n lekker ontbyt op die oewers van die Oranje geniet en daarna het ons soos al die ander Noord Kaap Tafels die pas huistoe gevat.

Vanaf Upington 79 se kant, baie dankie Prieska, julle weet nog al die jare hoe om `n Area aan te bied en hierdie keer was geen uitsondering nie.

Dankie vir die voortreflike kos, uitstekende diens by die koeldranktafel, en die lekker gees waarmee julle die Noord Kaap onthaal het.

Van my kant af, ook baie dankie aan Jaco & Nita van Zyl wat vir my en Erika gehome host het. Ons het baie lekker gebly en dankie dat julle seker gemaak het ons is oral op tyd!

Prieska, sien gou weer, ons het so stuk of twee regalia wat julle moet kom haal.

Hier oorhandig Upington 79 se voorsitter, Conrad Gresse, `n Upington 79 Banner aan Christo de Witt, Voorsitter, Prieska 161

 

 

 

 

Upington 79 & Augrabies 253 bou bietjie fellowship, inspekteer die RV, en braai haas. Nog so 250km om te gaan tot in Prieska.

 

 

Michael Jacobs met sy spesiale Polo hemp vir Saterdag aand se kommin party.

n Moee Paul Dippenaar van Augrabies reg vir die busrit huistoe Sondag more.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve