Round Table Northern Cape

UPINGTON 41ERS BEDERF TAFEL 79 MET N NUWE BRAAI AREA!

Upington 79 Tafelronde 41’ers gradeer Klubhuis op!

 

Upington 79 Tafelaars in gelukkig en bevooreg om met `n baie sterk groep 41ers te sit wat nooit bang is om raad te gee, of te help om `n verskil te maak nie. Al het almal reeds `n groot verskil gemaak gedurende hul Tafel loopbaan.

Hierdie spesiale groep manne het gedurende 2020 weerheens bewys hoe belangrik Tafelronde en sy doen en late steeds vir hulle is deur `n baie mooi gebaar.

Op hul eie koste het hul `n splinternuwe braai area, sowel as `n agterdeur met `n veiligheidshek gebou vir Tafelronde 79 se klubhuis.

Ter erkenning van hierdie mooi gebaar rig Upington 79 se huidige Tafelaars graag hierdie plaatjie ter herkenning op van hul onselfsugtige gebaar teenoor ons organisasie.

Mag dit `n voorbeeld wees vir huidige Tafelaars dat jy steeds `n groot verskil in jou “ou” Tafel kan maak, al is jy `n 41er.

Upington Tafelronde se huidige Tafelaars bedank graag die 41ers van Upington 79 vir hierdie lekker nuwe aanvulling tot ons klubhuis, wat ons huidige braai area opsies opskuif na drie in die Klubhuis. Een vir elke Upington seisoen. Baie Warm, Warm, en baie koud.

SWANEPOELS VAN BABERTON BESOEK 79

WERNER SWANEPOEL EN GESIN BESOEK UPINGTON 79 VIR `N VERGADERING, EN `N VAKANSIE

 

Tafelronde Upington 79 was bevoorreg om besoek te word deur die Inkomende Mpumalanga Area Voorsitter, Werner Swanepoel en sy gesin.

Werner het dan ook die vooreg gehad om te dien as Sersant tydens Upington 79 se laaste vergadering vir 2018. Hy het hom puik van sy taak gekwyt. So goed het hy gedoen dat daar nou ongeveer R3500 se wilde honde armbandjies in Upington 79 se Klubhuis is.

Dis is vir Upington 79 net `n voorreg om ons vriende en mede tafelaars in Baberton 67 te ondersteun, en ons wens hulle net die beste toe met hierdie groot projek wat hulle aanpak!

Nadat daar suksevol vergader is die Donderdag aand, het almal so klein biekie rus gevat voor ons kersnaweek by Kglagadi Lodge. Die naweek was `n groot sukses en almal het heerlik gekuier.

Baie dankie vir julle besoek Swanepoels!

Hoop ons sien julle gou weer,

Upington 79 Groete

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve