Round Table Northern Cape

FELLOWSHIP SPOON doen sy maandelikse skuif

Upington 79, het soos meeste ander Tafels ook `n huisreel wat seker maak dat Tafelaars elke maand mekaar sien en beter leer ken.  Party Tafels het bekers, party het boekies, maar ons het n Fellowship Spoon.

In kort, moet die lepel een keer skuif tussen vergaderings vanaf een Tafelaar na n ander. Hierdie skuif kan slegs plaasvind deur middel van n braai of kuier aan huis van die tafelaar wat in besit is van die lepel. Dus dis nie n tafel social nie, maar eerder n geleentheid vir een tafelaar om n ander tafelaar en sy gesin beter te leer ken.

Sou so n oorhandiging nie plaasvind nie is daar maatreels in plek. Hierdie maatreels is van so n aard dat dit nooit toegepas hoef te word nie en die lepel maandeliks mooi sy skuif maak.

Op die foto ontvang Ruben Nel die lepel vanaf AJ Bloem.

Upington 79 huldig twee nuwe Tafelaars in

Upington 79 het die voorreg gehad om twee nuwe lede te verwelkom in hul midde. Beide Ruben Nel en Johan Kuhn is na n goeie tydperk as pipeliners ingehuldig in Hartswater as volwaardige Tafelaars. Die twee nuwe lede is bevooreg gewees om ingehuldig te word deur beide die Presisent, Sean Trautmann, sowel as die Vise President, Alan Malan.

Baie geluk aan Hottie en Ruben, ons sien uit om saam met julle te Tafel in Upington 79 en weet julle gaan nog diep spore trap in hierdie organisasie!

Welkom!

Upcoming Events

Upcoming Events

Adopt
Adapt
Improve