Round Table Northern Cape

Upington 79 ondersteun mede Liefdadigheid Organisasies

Tydens die onlangse Upington Landbou Expo het lede van Upington 79 sowel as 41ers en 2 pipeliners weereens moeite gedoen om `n draai te maak by al die ander Welwinnendheids organisasies wat soos Tafelronde, `n verskil maak in die Upington omgewing.

Upington 79 Tafelronde het nog nooit aan die skou deelgeneem nie, en dit is dus jaarliks `n gulde geleentheid om die plaaslike Lions & Vryburger Klubs te besoek wat beide kos en drank bedien tydens die Upington Landbou Expo.

Lede het ontmoet by Upington 79 se klubhuis en na `n paar drankies om die koue makliker hanteerbaar te maak omgestap na die Lions. Ons is hartlik verwelkom en het `n uur of wat daar vertoef en heerlik gekuier.

Hierdie Donderdag aand steak ete tradisie by die Vryburgers kom al meer as 20 jaar aan en hulle was reg vir ons. Daar is gekuier, ge eet, en gesels oor ARTSA, waarvan van hulle lede nou eers herstel. Met die selfde gesigte agter die kroegtoonbank het van ons lede ook by tye gedink dit is weer ARTSA tyd.

Dit was `n wonderlike aand by Upington Landbou Expo, en dit is baie lekker om `n goeie verhouding te he met ons mede weldoeners in Upington.

Tot volgende jaar se steak dan.

Groete

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve