Round Table Northern Cape

Upington 79 besoek Prieska 161 vir Winter Area Konferensie

Upington 79 het op Vrydag 8 Junie die pad aangedurf na Prieska 161 vir die Noord Kaap Winter Area Konferensie in Prieska. Alhoewel ons nie voltallig was nie, was ons oorgenoeg om te sorg dat dit net `n lekker naweek kon wees. Nie ver buite Upington nie is ons getref wat gelyk het soos `n Arrive Alive Campaign, maar al die tyd slegs Augrabies 273 se RV was. Noodgedwonge het ons afgetrek, en maar gehelp om die vuur aan die gang te hou. Op die menu was haas gebraai deur Augrabies, gevolg deur meer redelike kos soorte soos sosaties en wors vanaf Upington 79 se kant. Daar is ook natuurlik `n paar lemonades geniet om te keer vir dehedrasie.

Vrydag aand het Prieska vir ons `n heerlike kuier gereel, en die Noord Kaap Tafelaars het almal baie netjies gelyk in hul nuwe Area Truie. Daar is onder andere baie lekker biltong sop gedrink, en daar was ook baie van die Noord Kaap Area se bekende Brandewyn Pot geniet.

Saterdag oggend na ontbyt is die vergadering geopen. Met oud Prieska 41er, Bles as die sersant was dit `n uitstekende vergadering. Baie besluite is geneem, en die vergadering het baie ordelik, en baie positief plaasgevind. Daar was ook `n banner exchange en Prieska het vanaf Conrad Gresse, Upington 79 se voorsitter, `n netjiese Upington Banner ontvang vir hul klubhuis.

Die dames het almal hul dames toer baie geniet, maar ongelukkig was ek nie daar nie so ek kan nie verder rapporteer nie. Die terugvoering was ongelooflik en dit het baie lekkerder as `n vergadering geklink.

Saterdag aand se tema partykie was lekker kommin, en dit was ons omtrent. Prieska 161 het klere gestrooi en `n lekker atmosfeer geskep. Na 20 minute in die Bokke – Engeland wedstryd het ons amper die TV ook op die vloer gegooi om `n nog meer kommin atmosfeer te skep.

Gelukkig het die Bokke die ding mooi gedraai, en het ons spoed net so mooi opgetel soos hulle agterlyn sin. Na die Bokke se wen ordentlik gevier is was daar troffee’s uitgedeel. Upington 79 het met die PRO Troffee weggestap en nou skryf ons nog atikels soos hierdie om hom die heel jaar te probeer hou.

Sondag more het ons almal `n lekker ontbyt op die oewers van die Oranje geniet en daarna het ons soos al die ander Noord Kaap Tafels die pas huistoe gevat.

Vanaf Upington 79 se kant, baie dankie Prieska, julle weet nog al die jare hoe om `n Area aan te bied en hierdie keer was geen uitsondering nie.

Dankie vir die voortreflike kos, uitstekende diens by die koeldranktafel, en die lekker gees waarmee julle die Noord Kaap onthaal het.

Van my kant af, ook baie dankie aan Jaco & Nita van Zyl wat vir my en Erika gehome host het. Ons het baie lekker gebly en dankie dat julle seker gemaak het ons is oral op tyd!

Prieska, sien gou weer, ons het so stuk of twee regalia wat julle moet kom haal.

Hier oorhandig Upington 79 se voorsitter, Conrad Gresse, `n Upington 79 Banner aan Christo de Witt, Voorsitter, Prieska 161

 

 

 

 

Upington 79 & Augrabies 253 bou bietjie fellowship, inspekteer die RV, en braai haas. Nog so 250km om te gaan tot in Prieska.

 

 

Michael Jacobs met sy spesiale Polo hemp vir Saterdag aand se kommin party.

n Moee Paul Dippenaar van Augrabies reg vir die busrit huistoe Sondag more.

Upcoming Events

Upcoming Events

Adopt
Adapt
Improve