Round Table Northern Cape

Upington 79 maak Kersfees Lekker vir MISPA Kinderhuis

Upington Tafelronde 79 maak Kersfees lekker!

 

Upington 79 het in Desember bietjie by die MISPA kinderhuis in Keimoes gaan kuier om die Kerstyd bietjie lekkerder te maak.

Nuwe lugverkoelingstelsels is verskaf vir die hele huis. Geskenkpakkies vir al die kinders en n lekker middagete was voorgesit, die kinders was omtrent opgewonde, en dit was n baie hartroerende dag.

“Ons is dankbaar om ‘n klein verskil in die kinders se lewens te kon maak, en ons sê weer baie dankie vir Upington se gemeenskap wat ons so getrou ondersteun met al ons projekte, dis hulle wat die verskil eintlik maak, ons is maar net die manne op die grond” Conrad Gresse,Voorsitter Upington 79.

Tafelronde sal weer die jaar by baie projekte betrokke wees, hou gerus ons Facebook Blad dop- Upington Roundtable 79 –  en help ons, om Upington se gemeenskap te help.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Conrad by 081 339 7644.

 

Nuwe Pipeliner vir 79

Baie geluk aan Upington 79 Sekretaris en hoof houtverskaffer, David van der Linde en sy vrou, Lynne Mari, met die geboorte van Davey van der Linde. Ons sien uit dat Davey vir die Upington manne `n steak of 4 kom braai!

UPINGTON 79 NAG GOLF `N REUSE SUKSES

Upington Tafelronde 79 het op Vrydag 5 Oktober weer Nag Golf aangebied by die Upington Golf Baan. Hierdie is die tweede jaar in `n ry wat die projek aangepak word en ons weerheens `n lekker vol veld, met baie spelers van vorige jare wat vinnig weer in was en uitgesien het na `n lekker aand van golf, kuier, en vriende raakloop. Daar kon nie vir `n beter aand gevra word nie, en in perfekte weers omstandighede het die spelers om kwart voor 8 afgeslaan. Met `n veels beter “glow in the dark” bal, sowel as baie meer ligte op die bowwe en penne was daar uitsonderlike golf gespeel deur baie van die 4balle. Rondom 11 uur was almal uiteindelik in die Klubhuis na daar gewonder is of party dalk verdwaal het op ons golfbaan. Daar was verskriklik baie pryse en lucky draws en omtrent almal het weggestap met iets. Upington Tafelronde bedank graag vir Ocean Basket Kalahari Mall, Hi-Q Upington, Desert Wolf Spur, Upington Industrieel, Upington Volkswagen, Upington Slaghuis, MTN Kalahari Mall, Tops Spar Kalahari Mall en alle ander borge wat gehelp het om `n uitstekende Nag Golf ondervinding vir almal moontlik te maak. Spesiale dank aan Upington Golfklub vir hul bereidwilligheid om ons te akkomodeer sowel as hul harde werk agter die kroeg. Dan ook baie dankie vir die Tafelaars vanaf Augrabies en Prieska wat baie moeite gedoen het om die nag by te woon. Ons kan met trots se dat hierdie jaar se Nag Golf `n groot sukses was en dat alle spelers se bydraes hoog op prys gestel word en `n groot verskil sal maak in ons plaaslike gemeenskap. Sien julle volgende jaar vir Nag Golf 2019!

Jaco van Zyl, al die pad van Prieska, baie ingenome met sy 1ste dryf.

Tjop de Vries het al die pad van Prieska gekom om uit te vind dat hy eintlik maar weer sy golf ernstig moet opneem en moontlik steeds proffesioneel kan gaan.

Hechter sien dat Golf in die aand moeiliker is as golf in die dag.

Jaco van Zyl misgis die bofmerkers met nagklub liggies.

Upington 41er, Ockie Thomas en mede deelnemer Tiaan Borman wag in spanning dat bondels hout 22,23 en 24 vlamvat.

Nag Golf in Volle Swang.

Niemand kon vra vir `n mooier aand nie.

Prysuitdeling aan die gang

Upington 79 Jagverslag

Upington 79 se jaarlikse jag was soos gewoonlik een vir die boeke. Met die Bike Rally kroeg net die volgende naweek was hierdie `n goeie geleentheid vir ontspan, rus, en vars terug by die huis kom. Daar is ongelukkig net ontspan, en nie so verskriklik baie gerus nie.

Willie Gresse, Adriaan Pearson, en Louis van der Walt het Vrydag more dou voor dag vertrek terwyl ander jagters nog eers `n bietjie werk wou insit. Adriaan het myself en Louis op die scenic route gevat en ons is net na ag Vrydag more 200km in die verkeerde rigting van waar ons eintlik moet jag, ook so 200km vanaf Upington. Na Olifantshoek is daar links gedraai in Vanzylsrus se rigting, via Tswalu. Tswalu se baie groot hekke en nog groter waarskuwings borde het ons meegedeel dat hier nie gebraai mag word nie. Die braai skuif to noodgedwonge na so 11 meter buite die hek. Koue verversings is geniet, `n mooi klompie skilpaadjies en `n lekker stuk wors – net so om `n lining te he vir die res van die naweek se aktiwiteite.

Van daar is ons voort op die grondpad en toe met die teer / grond grondpad verder in Vanzyls se rigting. By Vanzylsrus hotel is ons hartelik ontvang, en is spesiaal verwelkom met `n horing vol versnapperinge. As jy meer van die horing wil weet – gaan maak maar self vir die eerste keer `n draai by Vanzylsrus se hotel.

Intussen het ons verneem Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber is oppad vanaf Upington en behoort teen vier uur by Gemsbokkie te wees, reg vir ons, en reg vir jag. Ons het so gou gemaak as wat ons kon en was so rondom 6 daar om die span te groet. Gelukkig het hulle ook so bietjie vasgehaak by Goerapan oppad en het niemand te veel gewag nie, en was niemand te skuldig nie aangesien almal laat was.

Daar is Vrydag aand weggele aan chops en wors en lekker gekuier. Louis het soos tradisie die jaggeselskap wakker gesnork en gesorg dat almal nog `n paar night caps moes vat.

Saterdag se jag was uit die boeke, en selfs meer wild as laasjaar is geskiet.

`n Groot span 41ers het by ons aangesluit deur die middag, nadat hulle ook erens verdwaal het aangesien die 200km hulle ook amper 6 ure geneem het om te ry. Marius Orffer, Gog van der Colff, Hennie Becker, Ockie Thomas, Christo Liebenberg en Hannes Klue het ons op die duin agter ons kamp ontmoet vir `n lekker sundowner voor die aand se verrigtinge. Intussen het Hennie Becker & Conrad Gresse `n groot hoender probeer jag – onsuksesvol.

Saterdag aand is daar hof gehou, straf uitgedeel, en lekker gekuier tot in die vroeë oggendure. Soos met elke jag was daar wenners en verloorders. Marius Orffer het bevoorbeeld baie ver verloor teen Gog van der Colff.

Sondag is ons almal na `n laaste paar chops huistoe – reg vir ons groot projek, maar nie noodwendig uitgerus nie.

Upington 79 se jag was soos altyd `n sukses, en `n hoogtepunt op ons kalender sal dit verseker bly.

Willie Gresse

Upington 79 IRO / PRO

Louis en Attie sorg vir middagete op ons 400km dag tog.

 

Gog, Ockie, Marius, Christo en Hennie – vinnig oppad jag toe.

 

Willie, Louis en Adriaan in Vanzylsrus Hotel

 

Ockie Thomas en Christo Liebenberg vat `n breuk.

 

Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber dwaal van die pad af vir verversings.

 

Hennie Becker en Hannes Klue

 

 

 

 

Die berigte horing

Grootwildjagters Louis & Conrad

 

So wag almal dat die son sak

 

Die wag werd.

Hie kommie Bokke

Upington 79 het hul deel gedoen om seker te maak die Bokke wen die toetsreeks teen die Engelse. ‘n Bus vol tafelaars en 41ers het Saterdag oggend vroeg die pad gevat na Bloemfontein om die tweede toets en Beast se 100ste by te woon op die Vrystaat stadion.

Op Kimberley is daar middagete geniet, en sommer `n vinnige pool aanmekaar geslaan. Soos julle op die foto kan sien is ons almal geharde Bok Ondersteuners. Behalwe Johan, van wie ons nie verder praat nie.

Baie geluk aan WH van Augrabies 273 wat telefonies ingeskryf het, en toe sommer ook die prys gewen het met `n goeie voorspelling.

Die rugby sowel as die geselskap was uit die boonste rakke. Almal het die uitstappie baie geniet, en party manne het Sondag weer die rugby gekyk, en to `n biekie meer opgelet. Ons maak weer so!

Louis van der Walt is Northern Cape Area Tabler of the year!

Upington Round Table 79 is very proud to announce that their outgoing Chairman, Mr Louis van der Walt, has been named Northern Cape Area Tabler of the year for 2017/2018. In the photo is Mr Paul Dippenaar, Northern Cape Area Chairman 2017 /2018, and Mr Louis van der Walt. Upington Round Table is very proud of their outgoing chair and wishes him well for his well-deserved year as Joe Tabler.

Louis van der Walt receiving his trophy from Area Chairman, Paul Dippenaar

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
  • Adopt
    Adapt
    Improve