Round Table Northern Cape

5 VRAE MET ZACH GROVE – UPINGTON 79 VISE VOORSITTER

  1. Yes Zach, vertel ons biekie meer van jouself en jou gesin.

 

Zach Grove, oorspronglik van Britstown, bly in Upington, vrou Adinie oorspronglik van Fouriesburg, 2 pragtige kinders, Christiaan 4 en Hazel 2.

 

  1. Hoe het jy in Tafel beland?

 

Louis van der Walt my gevra, en my antwoord was Ja.

 

  1. Wat maak tafel spesiaal vir jou teenoor al die ander organisasies daar buite?

 

 Georganiseerd, kamaraatskap, vriendskap, en n bleddie goeie doel .

 

  1. Beste Tafel herinnering?

 

AGM Hartswater 2021 – Etienne Stark se passie oor Vryburg se projek van 2020.

 

  1. Wat wil jy graag nog beleef in jou tafel loopbaan (ARTSA’s fishing booggies etc)

 

Nog bitterlik baie!!!

 

Dankie dat jy die bal aan die rol gesit het, man van min woorde en baie aksies! Voorspoed vir jou Vice jaar!

WIN-A-CAR WINNER

Eerstens, Upington 79 wil graag alle Tafelaars van reg oor ons land en natuurlik ook Johnny die weeskind en al die ander vriendelike Tafelaars van Nambabwe bedank vir julle wonderlike ondersteuning met hierdie groot projek. Dankie ook aan Arno en Alex wat ons baie ekstra reklame gegee het op RT Radio! Ook `n groot dankie aan ons ouditeure, en in spesifiek Mnr Jurie Schneider, wat gesorg het dat die trekking onafhanklik en deursigtig was.

Daar was 750 kaartjies beskikbaar en ons is baie trots daarop dat alle Tafelaars hulk ant gebring het en al 750 kaartjies verkoop was.

Tafelronde 79 het die trekking lewendig op Facebook gedoen, en die trekking was behartig deur onafhanklike ouditeure.

Van al 750 kaartjies was kaartjie Nommer 2 die wenner. Azel van der Colff, al die pad van Kaapstad is telefonies ingelig van die groot geluk wat sy getref het! Doen gerus die moeite en gaan kyk na die video op Upington 79 se Facebook blad.

Ons maak weer so!

Aangeheg `n paar fotos van die trekking.

UPINGTON 79 JAARLIKSE POTJIEKOS

UPINGTON 79 JAARLIKSE POTJIEKOS VIR BEJAARDES

 

Upington 79 maak elke jaar in November `n lekker paar potte vir die bejaarde gemeentelede van die Wes Kerk. Hierdie is ook `n lekker sosiale gebeurtenis op ons kalender waar almal en hul gesinne lekker saam kuier, en daar `n groot groep 41ers uit hibenering kom.

Oudergewoonte was die dag een reuse sukses. Twaalf heerlike potte is voorgesit. Almal het baie lekker saam ontspan en die manne van Upington 79 sien uit na volgende jaar se pot dag.

Aangeheg `n paar foto’s van potte, tafelaars wat soos potte lyk, en fotos van `n paar potte sports wat ons gehad het.

WinterKnights Skenking

Upington Tafelronde 79 se Voorsitter, Conrad Gresse II oorhandig hier van die klere en nie bederfbare items wat ingesamel is tydens die #WinterKnights projek aan FAMSA wat seker sal maak dit maak ‘n verskil in ons plaaslike gemeenskap. Baie dankie aan die Upington Publiek vir jul ruimhartige skenkings.

Upington 79 Dames maak `n verskil

Upington 79 Jagverslag

Upington 79 se jaarlikse jag was soos gewoonlik een vir die boeke. Met die Bike Rally kroeg net die volgende naweek was hierdie `n goeie geleentheid vir ontspan, rus, en vars terug by die huis kom. Daar is ongelukkig net ontspan, en nie so verskriklik baie gerus nie.

Willie Gresse, Adriaan Pearson, en Louis van der Walt het Vrydag more dou voor dag vertrek terwyl ander jagters nog eers `n bietjie werk wou insit. Adriaan het myself en Louis op die scenic route gevat en ons is net na ag Vrydag more 200km in die verkeerde rigting van waar ons eintlik moet jag, ook so 200km vanaf Upington. Na Olifantshoek is daar links gedraai in Vanzylsrus se rigting, via Tswalu. Tswalu se baie groot hekke en nog groter waarskuwings borde het ons meegedeel dat hier nie gebraai mag word nie. Die braai skuif to noodgedwonge na so 11 meter buite die hek. Koue verversings is geniet, `n mooi klompie skilpaadjies en `n lekker stuk wors – net so om `n lining te he vir die res van die naweek se aktiwiteite.

Van daar is ons voort op die grondpad en toe met die teer / grond grondpad verder in Vanzyls se rigting. By Vanzylsrus hotel is ons hartelik ontvang, en is spesiaal verwelkom met `n horing vol versnapperinge. As jy meer van die horing wil weet – gaan maak maar self vir die eerste keer `n draai by Vanzylsrus se hotel.

Intussen het ons verneem Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber is oppad vanaf Upington en behoort teen vier uur by Gemsbokkie te wees, reg vir ons, en reg vir jag. Ons het so gou gemaak as wat ons kon en was so rondom 6 daar om die span te groet. Gelukkig het hulle ook so bietjie vasgehaak by Goerapan oppad en het niemand te veel gewag nie, en was niemand te skuldig nie aangesien almal laat was.

Daar is Vrydag aand weggele aan chops en wors en lekker gekuier. Louis het soos tradisie die jaggeselskap wakker gesnork en gesorg dat almal nog `n paar night caps moes vat.

Saterdag se jag was uit die boeke, en selfs meer wild as laasjaar is geskiet.

`n Groot span 41ers het by ons aangesluit deur die middag, nadat hulle ook erens verdwaal het aangesien die 200km hulle ook amper 6 ure geneem het om te ry. Marius Orffer, Gog van der Colff, Hennie Becker, Ockie Thomas, Christo Liebenberg en Hannes Klue het ons op die duin agter ons kamp ontmoet vir `n lekker sundowner voor die aand se verrigtinge. Intussen het Hennie Becker & Conrad Gresse `n groot hoender probeer jag – onsuksesvol.

Saterdag aand is daar hof gehou, straf uitgedeel, en lekker gekuier tot in die vroeë oggendure. Soos met elke jag was daar wenners en verloorders. Marius Orffer het bevoorbeeld baie ver verloor teen Gog van der Colff.

Sondag is ons almal na `n laaste paar chops huistoe – reg vir ons groot projek, maar nie noodwendig uitgerus nie.

Upington 79 se jag was soos altyd `n sukses, en `n hoogtepunt op ons kalender sal dit verseker bly.

Willie Gresse

Upington 79 IRO / PRO

Louis en Attie sorg vir middagete op ons 400km dag tog.

 

Gog, Ockie, Marius, Christo en Hennie – vinnig oppad jag toe.

 

Willie, Louis en Adriaan in Vanzylsrus Hotel

 

Ockie Thomas en Christo Liebenberg vat `n breuk.

 

Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber dwaal van die pad af vir verversings.

 

Hennie Becker en Hannes Klue

 

 

 

 

Die berigte horing

Grootwildjagters Louis & Conrad

 

So wag almal dat die son sak

 

Die wag werd.

Upington 79 Fellowship Spoon beweeg na AJ Bloem

Upington 79 se fellowship spoon is n tradisie so oud soos ons Tafel, dus, langer as 50 jaar. Die reel se dat die lepel elke maand van een tafelaar na n ander moet skuif voor die volgende vergadering gedurende `n sosiale geleentheid. In meeste gevalle word daar by die reels gehou aangesien die straf vir die verbreuk van hierdie reel so streng is dat dit selfs nie eers in die Inkundla gepubliseer kan word nie.

Nadat Willie Gresse wel so straf ontvang het moes hy vinnig planne maak om voor die Julie vergadering die lepel te oorhandig. Ter veiligheid is twee tafelaars genooi vir n lekker braai en verversings. Louis van der Walt was tafelaar nommer drie wat ongenooid opgedaag het. Die vrouens het lekker gekuier, en ons het lekker gebraai. AJ Bloem is die gelukkige toesighouer van ons Fellowship Spoon vir die volgende maand.

Dit was `n lekker aand vol fellowship, en AJ het doodseker gemaak die lepel kom veilig by sy huis aan. Dit is voorwaar n voorreg om te sien dat Upington Tafelaars so mooi kyk na hul regalia!

Die nuwe baas van die fellowship spoon AJ Bloem, Links is die ongenooide tafelaar Louis van der Walt, langs AJ `n gelukkige man wat nie meer die lepel het nie, Willie Gresse, en langs hom `n gelukkige man omdat hy hom nie ontvang het nie, Conrad Gresse

 

AJ Bloem maak seker die lepel kom veilig tuis.

 

Die volgende more, en Upington 79 se fellowship spoon is steeds veilig

Upington 79 besoek Prieska 161 vir Winter Area Konferensie

Upington 79 het op Vrydag 8 Junie die pad aangedurf na Prieska 161 vir die Noord Kaap Winter Area Konferensie in Prieska. Alhoewel ons nie voltallig was nie, was ons oorgenoeg om te sorg dat dit net `n lekker naweek kon wees. Nie ver buite Upington nie is ons getref wat gelyk het soos `n Arrive Alive Campaign, maar al die tyd slegs Augrabies 273 se RV was. Noodgedwonge het ons afgetrek, en maar gehelp om die vuur aan die gang te hou. Op die menu was haas gebraai deur Augrabies, gevolg deur meer redelike kos soorte soos sosaties en wors vanaf Upington 79 se kant. Daar is ook natuurlik `n paar lemonades geniet om te keer vir dehedrasie.

Vrydag aand het Prieska vir ons `n heerlike kuier gereel, en die Noord Kaap Tafelaars het almal baie netjies gelyk in hul nuwe Area Truie. Daar is onder andere baie lekker biltong sop gedrink, en daar was ook baie van die Noord Kaap Area se bekende Brandewyn Pot geniet.

Saterdag oggend na ontbyt is die vergadering geopen. Met oud Prieska 41er, Bles as die sersant was dit `n uitstekende vergadering. Baie besluite is geneem, en die vergadering het baie ordelik, en baie positief plaasgevind. Daar was ook `n banner exchange en Prieska het vanaf Conrad Gresse, Upington 79 se voorsitter, `n netjiese Upington Banner ontvang vir hul klubhuis.

Die dames het almal hul dames toer baie geniet, maar ongelukkig was ek nie daar nie so ek kan nie verder rapporteer nie. Die terugvoering was ongelooflik en dit het baie lekkerder as `n vergadering geklink.

Saterdag aand se tema partykie was lekker kommin, en dit was ons omtrent. Prieska 161 het klere gestrooi en `n lekker atmosfeer geskep. Na 20 minute in die Bokke – Engeland wedstryd het ons amper die TV ook op die vloer gegooi om `n nog meer kommin atmosfeer te skep.

Gelukkig het die Bokke die ding mooi gedraai, en het ons spoed net so mooi opgetel soos hulle agterlyn sin. Na die Bokke se wen ordentlik gevier is was daar troffee’s uitgedeel. Upington 79 het met die PRO Troffee weggestap en nou skryf ons nog atikels soos hierdie om hom die heel jaar te probeer hou.

Sondag more het ons almal `n lekker ontbyt op die oewers van die Oranje geniet en daarna het ons soos al die ander Noord Kaap Tafels die pas huistoe gevat.

Vanaf Upington 79 se kant, baie dankie Prieska, julle weet nog al die jare hoe om `n Area aan te bied en hierdie keer was geen uitsondering nie.

Dankie vir die voortreflike kos, uitstekende diens by die koeldranktafel, en die lekker gees waarmee julle die Noord Kaap onthaal het.

Van my kant af, ook baie dankie aan Jaco & Nita van Zyl wat vir my en Erika gehome host het. Ons het baie lekker gebly en dankie dat julle seker gemaak het ons is oral op tyd!

Prieska, sien gou weer, ons het so stuk of twee regalia wat julle moet kom haal.

Hier oorhandig Upington 79 se voorsitter, Conrad Gresse, `n Upington 79 Banner aan Christo de Witt, Voorsitter, Prieska 161

 

 

 

 

Upington 79 & Augrabies 253 bou bietjie fellowship, inspekteer die RV, en braai haas. Nog so 250km om te gaan tot in Prieska.

 

 

Michael Jacobs met sy spesiale Polo hemp vir Saterdag aand se kommin party.

n Moee Paul Dippenaar van Augrabies reg vir die busrit huistoe Sondag more.

Upington 79 ondersteun mede Liefdadigheid Organisasies

Tydens die onlangse Upington Landbou Expo het lede van Upington 79 sowel as 41ers en 2 pipeliners weereens moeite gedoen om `n draai te maak by al die ander Welwinnendheids organisasies wat soos Tafelronde, `n verskil maak in die Upington omgewing.

Upington 79 Tafelronde het nog nooit aan die skou deelgeneem nie, en dit is dus jaarliks `n gulde geleentheid om die plaaslike Lions & Vryburger Klubs te besoek wat beide kos en drank bedien tydens die Upington Landbou Expo.

Lede het ontmoet by Upington 79 se klubhuis en na `n paar drankies om die koue makliker hanteerbaar te maak omgestap na die Lions. Ons is hartlik verwelkom en het `n uur of wat daar vertoef en heerlik gekuier.

Hierdie Donderdag aand steak ete tradisie by die Vryburgers kom al meer as 20 jaar aan en hulle was reg vir ons. Daar is gekuier, ge eet, en gesels oor ARTSA, waarvan van hulle lede nou eers herstel. Met die selfde gesigte agter die kroegtoonbank het van ons lede ook by tye gedink dit is weer ARTSA tyd.

Dit was `n wonderlike aand by Upington Landbou Expo, en dit is baie lekker om `n goeie verhouding te he met ons mede weldoeners in Upington.

Tot volgende jaar se steak dan.

Groete

UPINGTON 79 VISITS BERLIN 178

Upington 79 Tabler, Willie Gresse, visited Round Table Berlin 178 in May month. The visit was very fruitfull, pins and banners were exhanged, and great fellowship and friendship was had by all. Ideas and beers were shared, and with some clever math it was decided that 1 + 78 = 79 and that we need to set up some kind of twinning agreement in the not to distant future! Thanks for the fellowship Berlin 178, and see you soon!

Willie Gresse receiving a pin from Round Table Berlin 178 member Raffael Fassler.

 

CONRAD GRESSE VOORSITTER

Upington Tafelronde 79 het onlangs tydens `n spog geleentheid hul nuwe voorsitter en komitee ingehuldig. Daar is ook verkskeie toekennings uitgedeel gedurende die aand. Tafelaars van reg oor die Noord Kaap sowel as sover as die Natal Suid Kus het die aand bygewoon. Upington Tafelronde bedank ook graag die leiers van mede welwinnenheids organisasies van Upington wat die aand bygewoon het. Baie dankie aan Mnr Len Fourie van die Rotarieers, Mev Louise Oberholzer van die Lions, en Mnr Kallie Thomas van die Vryburgers, sowel as hul gade. Conrad Gresse sal aan stuur van sake wees as Voorsitter van Upington Tafelronde 79 vir 2018/2019, sy Vise Voorsitter is Mnr Chris Voges. Baie geluk aan beide van julle en voorpoed met die jaar wat voorle. Ons weet dat met julle aan die stuur Upington Tafelronde net nog meer vir die gemeenskap sal doen.

UPINGTON 79 HOSTS INCOMING EXEC & ASSCO BRAAI

Most Upington 79 Tablers started their ARTSA experience on Sunday 8 April. Most were home hosting ARTSA Convening Committee members or making sure that ARTSA 2018’s final arrangements are in place. After a long week, and a longer weekend, those who were still left standing treated the Incoming Exec and Council Members to a lekker Upington braai to make sure they end their week long ARTSA on a high note. Fun was had by all, thank you to the guys and girls from Upington 79 for a wonderful dinner and another fun night out. As many an Incoming Exec member, or ASSCO Member commented, this was by far the best, and in many cases only, proper meal many have had for days! Attached some photo’s.

Johan Steenkamp received some new kit for the little one.

 

Mr & Mrs Prez handing over yet another trophy. This time to Mr & Mrs Western Province.

 

The Upington 79 team that made sure everyone was well fed!

BOOM BRAAI SKUIF NA BINNE

 

BOOM BRAAI SKUIF NA BINNE

 

Van Links na Regs – Attie Naude, Chris Voges, Paul Dippenaar, Tjop de Vries.

2017 /2018 Tafelronde Noord Kaap Voorsitter Mnr Paul Dippenaar het laasjaar die tradisie begin dat die Noord Kaap bestuur jaarliks `n boombraai hou om dinge op die regte manier te begin en seker te maak die jaar se beplanning is op dreef. Hierdie jaar se boombraai is binne huis gehou in die Upington Tafelronde 79 Klubhuis as gevolg van ontgure weer.

Die vergadering was weerheens die moeite werd, en hierdie is `n tradisie wat ons voort op sal bou in die jare wat voorle.

Baie dankie aan die Upington 79 lede wat kom kuier het, kom kos maak het, en gesorg het dat ons nie dors lei nie. Ook baie dankie aan Mnr Paul Dippenaar wat as Sersant opgetree het en seker gemaak het dat niemand vir die volgende 3 maande sooibrand sal kry nie.

Spesiale dank aan al die komitee lede wat ver gery het om hierdie vergadering by te woon.

YiT

Willie Gresse

Tafelronde Noord Kaap Voorsitter 2018/2019

Gog kry sy kierie

Gog ontvang hier sy kierie van Louis van der Walt, Upington 79 Voorsitter 2017/2018

GOG VAN UPINGTON 79 ONTVANG SY KIERIE

Meneer Gog van der Colff van Upington 79 het onlangs sy kierie ontvang tydens Upington 79 sowel as Tafelronde Noord Kaap se inhuldigings dinee. Gog het vir 15 jaar baie aktief getafel, en het alle portefeulje’s beskikbaar in Upington 79 onder hande gehad, en selfs `n paar twee keer in `n ry. Baie dankie vir al jou moeite by Tafelronde 79. Alhoewel Gog sy kierie het, verwag die lede van 79 nie om hom enigsins minder te sien nie. Gog, jy mag nou die ander ou manne help kos maak vir ons Tafelaars terwyl ons hard werk. Dankie vir jou bydrae tot Upington Tafelrondte 79 en dankie dat ons steeds op jou kan staatmaak.

ARTSA 2018 FROM A 79 LOCAL’S PERSPECTIVE

ARTSA 2018 FEEDBACK – FROM A UPINGTON 79 LOCAL

 

Firstly, thanks to all who travelled from far and wide to attend ARTSA 2018 in Upington, Northern Cape. A huge shout out from my side to Hilton Quack Quack Megaw for convening and absolute fantastic ARTSA with the help of his committee. For many a fresh tabler in clubs all around our country there is a saying that you have not tabled if you have not attended an ARTSA. For myself, this rung absolutely true when I attended my first ARTSA 4 years ago, since then, I have not missed one – and hopefully, I’ll be privileged enough to never miss any.

What I did not know, is how much planning and time goes into the organizing of such an event. To all previous ARTSA conveners and committee members, well done, a tip of the hat to each and every one of you. It is indeed a selfless job, and you will never receive enough thank you’s in return.

As a Upington 79 tabler I would like to thank all who attended ARTSA. It is truly an honour to be associated with Round Table, but even more so after our town was bombarded with tablers from around the world. We have received nothing but thanks, praise and well wishes from local business owners, guest houses, and as a whole, the liquor industry.

The feedback from the Protea Hotel as follows: “We have never had so many people in our conference venue at once, but we have never had such a friendly, well-mannered bunch of guests either. Everyone’s support was fantastic and we would welcome your organization back with open arms.”

Another local charity, with whom Upington 79 Round Table has a great relationship, the Vryburgers, ran the Hard Core Hut bar. For those who do not know, although we have a profit split agreement in place, with money going back to ARTSA’S budget, the profit made by the Vryburgers will be well spent on charitable causes in the local Upington community. So thank you for spending all those tokens and yet again making a difference. We met up with the Vryburgers after ARTSA and had a few cold ones, the feedback from their side is unbelievable. Firstly, they are ecstatic with the amount of profit they made, even with very, very reasonable prices on all drinks. Some might say that it was to reasonable! They ran out of Jaggermeister on Thursday night, Friday morning around 03:00. They tried sourcing from other bars in town but it seems that Tablers did sample Jagermeister at every watering hole in town. In the end, Jagermeister was obtained in Kimberley, and then travelled to Upington where it arrived in time for Friday night’s activities. They were most impressed with the friendliness of all tablers, the great manners, and the way to people with rondel’s meet for the first time at the bar, and fight over whose tokens will be used to buy the next round. The one and only complaint from their side is that they are sorry to everyone they had to say no to who wanted to buy them another shooter, and which they had to decline after the previous twenty customers had exactly the same idea.

The owner of the Irish pub came to see me personally, he has given his sincere thanks, and has said that he had the best weekend turnover wise that he has had in at least the last 5 years. He too, was impressed by the way all tablers carried themselves, even at four in the morning. And said he did not have one incident where anyone was out of line of out of order. On a side note, on Saturday morning, a certain Ex Area Chairman of the Northern Cape, who is now a 41er, who loves his potency, who shall remain anonymous, although you should by now know this Ex Area Chairman of the Northern Cape, who is now a 41er, who loves his Potency, who hails from Vryburg 72, is Hennie Hen10cy Stols – ordered what the owner of the Irish Pub has described as the “best breakfast he has ever witnessed”. Mr Stols and a few fellow Rocky movie lovers had the following order, 9 tumbler glasses, each with a double shot Potency & one raw egg thrown in. As they say, breakfast is the most important meal of the day. Hennie, next time you visit Upington, please remember that you have a complimentary breakfast waiting at the Irish pub.

Gentleman, Upington Round Table 79 has always had a great reputation in our local community. With the way you all handled yourself in our town as visitors and guests to ARTSA 2018 while wearing your Rondels with pride everywhere you went, we now have more than a great reputation. We now have a legacy.

Thank you for visiting our town, thank you for attending ARTSA 2018, and thank you for wearing your Rondels with pride. Thanks mostly though, for being Tablers.

 

Yours in Table

Willie Gresse

Upington 79 IRO/PRO

Round Table Northern Cape Area Chairman 2018/2019

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve