Round Table Northern Cape

Upington 79 Jagverslag

Upington 79 se jaarlikse jag was soos gewoonlik een vir die boeke. Met die Bike Rally kroeg net die volgende naweek was hierdie `n goeie geleentheid vir ontspan, rus, en vars terug by die huis kom. Daar is ongelukkig net ontspan, en nie so verskriklik baie gerus nie.

Willie Gresse, Adriaan Pearson, en Louis van der Walt het Vrydag more dou voor dag vertrek terwyl ander jagters nog eers `n bietjie werk wou insit. Adriaan het myself en Louis op die scenic route gevat en ons is net na ag Vrydag more 200km in die verkeerde rigting van waar ons eintlik moet jag, ook so 200km vanaf Upington. Na Olifantshoek is daar links gedraai in Vanzylsrus se rigting, via Tswalu. Tswalu se baie groot hekke en nog groter waarskuwings borde het ons meegedeel dat hier nie gebraai mag word nie. Die braai skuif to noodgedwonge na so 11 meter buite die hek. Koue verversings is geniet, `n mooi klompie skilpaadjies en `n lekker stuk wors – net so om `n lining te he vir die res van die naweek se aktiwiteite.

Van daar is ons voort op die grondpad en toe met die teer / grond grondpad verder in Vanzyls se rigting. By Vanzylsrus hotel is ons hartelik ontvang, en is spesiaal verwelkom met `n horing vol versnapperinge. As jy meer van die horing wil weet – gaan maak maar self vir die eerste keer `n draai by Vanzylsrus se hotel.

Intussen het ons verneem Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber is oppad vanaf Upington en behoort teen vier uur by Gemsbokkie te wees, reg vir ons, en reg vir jag. Ons het so gou gemaak as wat ons kon en was so rondom 6 daar om die span te groet. Gelukkig het hulle ook so bietjie vasgehaak by Goerapan oppad en het niemand te veel gewag nie, en was niemand te skuldig nie aangesien almal laat was.

Daar is Vrydag aand weggele aan chops en wors en lekker gekuier. Louis het soos tradisie die jaggeselskap wakker gesnork en gesorg dat almal nog `n paar night caps moes vat.

Saterdag se jag was uit die boeke, en selfs meer wild as laasjaar is geskiet.

`n Groot span 41ers het by ons aangesluit deur die middag, nadat hulle ook erens verdwaal het aangesien die 200km hulle ook amper 6 ure geneem het om te ry. Marius Orffer, Gog van der Colff, Hennie Becker, Ockie Thomas, Christo Liebenberg en Hannes Klue het ons op die duin agter ons kamp ontmoet vir `n lekker sundowner voor die aand se verrigtinge. Intussen het Hennie Becker & Conrad Gresse `n groot hoender probeer jag – onsuksesvol.

Saterdag aand is daar hof gehou, straf uitgedeel, en lekker gekuier tot in die vroeë oggendure. Soos met elke jag was daar wenners en verloorders. Marius Orffer het bevoorbeeld baie ver verloor teen Gog van der Colff.

Sondag is ons almal na `n laaste paar chops huistoe – reg vir ons groot projek, maar nie noodwendig uitgerus nie.

Upington 79 se jag was soos altyd `n sukses, en `n hoogtepunt op ons kalender sal dit verseker bly.

Willie Gresse

Upington 79 IRO / PRO

Louis en Attie sorg vir middagete op ons 400km dag tog.

 

Gog, Ockie, Marius, Christo en Hennie – vinnig oppad jag toe.

 

Willie, Louis en Adriaan in Vanzylsrus Hotel

 

Ockie Thomas en Christo Liebenberg vat `n breuk.

 

Conrad Gresse, Chris Voges en Nils Gerber dwaal van die pad af vir verversings.

 

Hennie Becker en Hannes Klue

 

 

 

 

Die berigte horing

Grootwildjagters Louis & Conrad

 

So wag almal dat die son sak

 

Die wag werd.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve