Round Table Northern Cape

WIN-A-CAR WINNER

Eerstens, Upington 79 wil graag alle Tafelaars van reg oor ons land en natuurlik ook Johnny die weeskind en al die ander vriendelike Tafelaars van Nambabwe bedank vir julle wonderlike ondersteuning met hierdie groot projek. Dankie ook aan Arno en Alex wat ons baie ekstra reklame gegee het op RT Radio! Ook `n groot dankie aan ons ouditeure, en in spesifiek Mnr Jurie Schneider, wat gesorg het dat die trekking onafhanklik en deursigtig was.

Daar was 750 kaartjies beskikbaar en ons is baie trots daarop dat alle Tafelaars hulk ant gebring het en al 750 kaartjies verkoop was.

Tafelronde 79 het die trekking lewendig op Facebook gedoen, en die trekking was behartig deur onafhanklike ouditeure.

Van al 750 kaartjies was kaartjie Nommer 2 die wenner. Azel van der Colff, al die pad van Kaapstad is telefonies ingelig van die groot geluk wat sy getref het! Doen gerus die moeite en gaan kyk na die video op Upington 79 se Facebook blad.

Ons maak weer so!

Aangeheg `n paar fotos van die trekking.

Upcoming Events

Upcoming Events

Upcoming Events

  • No events
Adopt
Adapt
Improve